Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

Tooi Turkoois is op ons voorstoep! Ja, vanaf 15 Mei tot 15 Junie gaan Ons Tuis moeite doen om hierdie inisiatief — wat bewustheid vir bejaarde persone en hul behoeftes skep — te ondersteun. Daar word ook heelwat kreatiewe fondsinsamelings onder die tema beplan.

Ons Tuis streef daagliks daarna om ouer persone met waardigheid, geduld, liefde en respek te behandel. Daarom sien ons uit om die oulike projekte wat elk van ons agt tehuise vir hierdie spesiale tydperk onderneem weer met jul te deel.

In April het ons weer op ‘n besonderse wyse bewus geword dat daar individue is wie se harte en beursies oop is vir bejaardesorg.

Tydens die jaarlikse VAPS HCV gholfdag het die weldoener, mnr. Jaco van Zyl (eienaar van Interbilt Truck Repairs), R100,000 aan Ons Tuis Piet Potgieter geskenk. Meer as R150,000 is gevolglik op 16 April by die Kameeldoring-gholfklub vir dié aftreeoord geïn. Ons wil mnr. Van Zyl, die VAPS HCV-span sowel as die ondersteuners van hierdie dag hartlik bedank.

Soos wat die Psalmdigter sê: Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer — (Psalm 37:4).

Geniet die laaste maand van herfs!

Vriendelike groete
Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

   
 
ONS TUIS NUUS
 
PAASTYD

Die hart van Paasstyd lê beslis daarin om iets van jouself te gee: hetsy jou tyd of ‘n gebaar van mededeelsaamheid. Ons Tuis inwoners het deur die bank ‘n feestelik Paastyd agter die blad.

Inwoners van AMOT is deur die gemeentes van Vaalpark, Sasolburg en Sasolburg-Suid met geskenkpakkies met toiletware bederf. Die prettige personeel van Machteld Postmus het hulle opgedollie vir die uitdeel van paaspakkies. Emily Hobhouse het hul eetsaal se tafels ekstra spesiaal gedek vir paasnaweek.

 
 
STDS BAK EN BROU DAT DIE BIESIES BEWE

Seniorstuis Dienssentrum se kombuis is skynbaar altyd gevul met ‘n aptytwekker geur! Op 7 April het hulle al douvoordag die heerlike stomende brood gebak om saam met plaasbotter te verkoop. Einde April het hul ook die geurige vleispasteie op bestelling aangebied.

 

 
KYK: HUPPEL IN JOU STAP

Die opwinding by Ons Tuis Machteld Postmus was groot toe mev. Henrietta Brayshaw op 31 Maart vir die Moedersdag episode van die kykNET-reeks vir sestigplussers “Met ‘n huppel in die stap” opgeneem is. Die program is ‘n projek van Plus50 Media.

As maatskaplike werkster het mev. Brayshaw diep spore in Suid-Afrika getrap. Sy was ook vir jare die voorsitter van die Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging (NHSV).

Volgens haar is dit belangrik om altyd die volgende gebod uit te leef: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, siel, verstand en met al jou krag, en jou naaste soos jouself”. Haar indrukwekkende onbaatsugtige CV verklap dít duidelik.

 

 
PIET POTGIETER OPLEIDING

Die geriatriese werkers van Ons Tuis Piet Potgieter het op 14 April opleiding deur Kind 2 Hearing ontvang hoe om gehoortoestelle skoon te maak, die batterye te vervang en eenvoudige foute na te speur.

 
GIFT OF THE GIVERS KLOP WEER AAN BY PIET POT

Inwoners van Ons Tuis Piet Potgieter het hul tweede besending van Gift of the Givers op 19 April ontvang.

Die plaaslike Anglo Platinum (Mokopane) het hul daarvoor genomineer. Die nie-bederfbare spensprodukte is met ope arms ontvang.

 
VAPS GHOLFDAG TEN BATE VAN PIET POTGIETER

Die bestuur en inwoners van Ons Tuis Piet Potgieter is uit die veld geslaan en wil hul dank teenoor ons Hemelse Vader betuig vir diegene wat hul harte en beursies vir bejaardesorg oopgemaak het.

‘n Welkome bedrag van meer as R150,000 is tydens die VAPS HCV gholfdag op 16 April geïn. VAPS HCV — 'n innoverende nisversekeringsonderneming wat in die versekering vir swaar motor voertuie en vervoer maatskappye spesialiseer — bied jaarliks hierdie geleentheid ten bate van die tehuis aan.

Afgesien van die goedhartige skenking van R100,000 deur mnr. Jaco van Zyl van Interbilt Truck Repairs, het die fondsinsameling en veiling (waarby verskeie bekende rugby legendes soos Moaner van Heerden, Stefan Terblanche, Steven Sykes en Sarel Pretorius betrokke was) ‘n handige bedrag van meer as R50,000 opgelewer.

Volgens mev. Mariana van Tonder, bestuurder en maatskaplike werker van Ons Tuis Piet Potgieter, gaan die geld ingespan word om Ons Tuis Piet Potgieter in Mokopane se badkamers mee op te knap. Fondse sal ook geallokkeer word aan inwoners wie nie naasbestaandes het om wintersklere, medikasie en dies meer aan te koop nie.

 

 
ONS TUIS RIVIERA HET PLEK!

Met groot opwinding kondig ons aan dat Ons Tuis Riviera sy Alzheimers afdeling uitgebrei het. Die aftreeoord, wat altyd streef om sy inwoners eerste te stel, is tans net 65% vol. Daar is nog verblyf beskikbaar vir 60 persone. Kontak gerus (012) 329-3623 vir meer inligting.

 

 
KOOP-KOOP BY MACHTELD POSTMUS SE MINIMARK

Ons Tuis Machteld Postmus se minimark het op 7 April 2021 plaasgevind. Dit was ‘n lieflike koel en suksesvolle dag.

 

 
FRANS BOSHOFF SE SPOGTUIN

Ons deel graag ‘n paar foto’s van die inhuldiging vir Frans Boshoff kompleks by Ons Tuis Machteld Postmus se nuwe tuin. Dit is omskep met fondse wat ‘n paar inwoners deur ‘n lappop uitloting bekom het.

 

 
HIEP HIEP HOERA

Ons Tuis wil graag die volgende persone geluk wens met die besonderse mylpale:

  • Sylvia Joubert van Piet Potgieter het haar 99ste verjaarsdag op 28 Maart gevier.
  • Vera Willburger van Piet Potgieter het haar op 4 April 93-jaar oud geword. Sy was vroeër jare ‘n Engelse onderwyseres by Potgietersrus Laerskool. *Foto 1
  • Adri Viviers van STDS het se 86ste verjaardag was op 6 April.
  • ‘n Pragtige verjaardagtee is vir Anna Scheffer gehou wat op 7 April 80-jaar oud geword het.  *Foto 2
  • Marie White van Machteld Postmus is op 1 April met ‘n paasfeeskoekie op haar 73ste verjaarsdag bederf. *Foto 3

 

 
HUWELIKSHERDENKING

Ons Tuis wil graag vir Ruben en Dortohy van Wyk van Machteld Postmus geluk wens met hul 50ste huweliksherdenking op 3 April.

Mag die Here jul nog baie jare vir mekaar spaar!