
|| MEDIAVERKLARING || Reeds vir 100-jaar is die Here oom Willie se kompas
Op 1 Junie 2021 het Ons Tuis: Rivera ‘n mylpaal in die tehuis-groep se geskiedenis aangeteken toe oom Willie Smit op die ouderdom van 99-jaar
Op 1 Junie 2021 het Ons Tuis: Rivera ‘n mylpaal in die tehuis-groep se geskiedenis aangeteken toe oom Willie Smit op die ouderdom van 99-jaar
Te midde van ‘n dreigende derde vlaag Covid-19 infeksies, is Ons Tuis opgewonde om aan te kondig dat drie van hul tehuise in Pretoria (Ons
Alzheimer vroetelvoorskoot-inisiatief is ‘n Tooi Turkoois hoogtepunt vir Ons Tuis Die uitdeel van vroetelvoorskote aan Ons Tuis-inwoners wat aan Alzheimer se siekte ly hierdie komende
Pick n Pay se grootbaas, mnr. Raymond Ackerman, het Woensdag op sy 90ste verjaarsdag inwoners van Ons Tuis Piet Potgieter met ‘n verjaardagkoek bederf. Aangesien
Daar is ‘n gesegde wat lui: saam met grysheid, kom wysheid. ‘n Mens kan natuurlik selde verkeerd gaan wanneer jy by ‘n bejaarde vir bietjie liefdesraad
‘n Opgewonde stemming heers by Ons Tuis Riviera aftree-oord waar tannie Tossie Gouws vandeesweek haar 100ste verjaardag op Valentynsdag sal vier. En sy wil gewis
Die uiters gewilde jaarlikse Kersliggiefees ten bate van die Ons Tuis *Piet Potgieter tehuis vir bejaardes, is om die draai en inwoners van Mokopane (Potgietersrus)
Vanjaar se Wêreld Geestesgesondheidsdag (10 Oktober 2020) vind plaas te midde van die COVID-19 staat van inperking. Dit was vir ons bejaardes ‘n uitdagende tydperk
Die Brille en Pille Pretdag en Basaar is om die draai. Kom geniet ‘n pannekoek of ‘n jafel en ondersteun die inwoners van die *Piet
Die inwoners van die Ons Tuis tehuise het spontaan die deure oopgegooi, hulle handskoene aangetrek en in die grond begin rondvroetel met die eerste tekens
Telefoon: 012 325 1857/8
Faks: 012 323 2127
E-pos: hf@otmt.org
Adres: Malherbestraat 55, Capital Park, Pretoria, 0084
Reg.no: 1929/001702/08
NPO.no: 001-619
PBO.no: 93005396
© Kopiereg 2021 Ons Tuis (OTMT NPC). Alle regte voorbehou.
Opnamefooi = R1,500.00 (eenmalig en nie terugbetaalbaar nie)
Medikasie Verpakking = R150-00 (eenmalig en nie terugbetaalbaar nie)
Anelieze was deur die jare werksaam as omgewingsgesondheidsbeampte by verskeie munisipaliteite.
Haar gunsteling tydverdryf is naaldwerk, kreatiewe handewerk en die versorging van haar baie groot roostuin.
Lewe elke dag met ʼn lied in jou hart.
Ilanie is ouer as wat sy lyk.
Sy het ʼn graad in film en televisieproduksie, maar het reeds in haar studentejare al begin werk as administratiewe beampte by haar oom se maatskappy. As gevolg van die ondervinding wat sy daar opgedoen het, het sy besluit om in die administratiewe rigting te bly en dit is hoe sy by Machteld Postmus begin het.
Ilanie het film gaan studeer weens haar liefde vir stories en sy sê dit is een van die gunsteling aspekte van haar werk – om al die inwoners se interessante verhale, ervarings en staaltjies te hoor. Sy word daagliks inspireer deur die inwoners wat voluit leef met ʼn positiewe gesindheid, liefdevolle persoonlikhede en barmhartige harte.
In haar vrye tyd spandeer Ilanie graag tyd saam met haar twee hondekinders, haar Skotse Terriërs. Sy hou ook van lees, saam met haar ma of vriendinne in koffiewinkels kuier en is baie lief vir die see.
It’s not happiness that makes us grateful but GRATEFULNESS that makes us HAPPY!
Eenmalige en nie-terugbetaalbare administrasiefooi: | R1 500 |
Eenmalige en nie-terugbetaalbare administrasiefooi per egpaar: | R2 000 |
Maandelikse losies per persoon: | |
Inkomste minder as R2 000 p.m. | R9 340 (dubbelkamer) |
R9 450 (enkelkamer) | |
Inkomste meer as R2001 p.m. | R11 280 (dubbelkamer) |
R11 400 (enkelkamer) | |
Enkelbesetting van dubbelkamer (ongeag inkomste) | R14 220 |
LET WEL: JAARLIKSE LOSIESVERHOGING IN JULIE | |
Maandelikse losies sluit die volgende in: | |
– 24 uur mediese versorging | |
– Medikasiekontrole | |
– 3 Maaltye met teetye tussenin | |
– Wasgoed word weekliks gewas | |
– Kamers word weekliks skoongemaak | |
– Beddens word opgemaak | |
– Arbeidsterapie | |
– Dienste rakende maatskaplike werk | |
LET WEL: GEEN DOEKE EN MEDIKASIE WORD INGESLUIT NIE | |
Daar is ʼn haarsalon op die perseel wat privaat bedryf word. |
R10 250 plus R1 500 opnamefooi per persoon (eenmalig en nie terugbetaalbaar nie)
Verblyfkostes per maand | ||
Kamer – Klein (Emily) | R 4 190,00 | |
(2 etes per dag, 1 x weekliks skoonmaak, 1 x weekliks wasgoed) | ||
Kamer – Klein met toilet (Emily) | R 4 340,00 | |
(2 etes per dag, 1 x weekliks skoonmaak, 1 x weekliks wasgoed) | ||
Kamer – Groot (Emily) | R 4 790,00 | |
(2 etes per dag, 1 x weekliks skoonmaak, 1 x weekliks wasgoed) | ||
Egpaar – Groot kamer (Emily) | Man | R 4 790,00 |
Vrou | R 2 610,00 | |
Totaal | R 7 400,00 | |
(2 etes per dag, 1 x weekliks skoonmaak, 1 x weekliks wasgoed) | ||
Kamer – Klein (Groot Emily) | R 4 190,00 | |
Kamer – Groot (Groot Emily) | R 5 010,00 | |
Egpaar – Groot (Groot Emily – sonder badkamer) | ||
(Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week) | Man | R 5 010,00 |
Vrou | R 2 610,00 | |
Totaal | R 7 620,00 | |
Kamer – Groot (Groot Emily – met badkamer) | R 5 530,00 | |
Egpaar – Groot (Groot Emily – met badkamer) | ||
(Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week) | Man | R 5 530,00 |
Vrou | R 2 610,00 | |
Totaal | R 8 140,00 | |
Groot Emily (Luukse Kamers – met badkamer) | R 5 550,00 | |
(Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week) | ||
Groot Emily (Luukse Kamers – Egpaar met badkamer) | ||
(Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week) | Man | R 5 550,00 |
Vrou | R 2 610,00 | |
Totaal | R 8 160,00 | |
Enkel woonstel (Bo) | R 3 730,00 | |
(Etes uitgesluit, krag ingesluit, moet self voorsiening maak vir skoonmaak en wasgoed) | ||
Woonstel – Egpaar (Bo) | R 4 280,00 | |
(Etes uitgesluit, krag ingesluit, moet self voorsiening maak vir skoonmaak en wasgoed) | ||
Enkel woonstel (Onder) | R 3 590,00 | |
(Etes uitgesluit, krag ingesluit, moet self voorsiening maak vir skoonmaak en wasgoed) | ||
Opnamefooi (nie terugbetaalbaar) | R 1 500,00 | |
Opnamefooi Egpaar (nie terugbetaalbaar) (R1000 per persoon) | R 2 000,00 | |
Kamer paniekknoppie (terugbetaalbaar) | R 200,00 | |
Houtsleutelhouertjie met inligting | R 5,00 | |
Kosbakkies (2 x Stelle) | R 60,00 | |
Sleutels | R 100,00 | |
Afdak | R 100,00 | |
PRYSE GELDIG TOT 30 Junie 2023 |
(Annie Schilz/Uit en Tuis / Evelyn Vermooten)
EVELY VERMOOTEN
W/s nommer | m² | Buitestoep area | Huur | |
Y1 – huur w/s | 36 | R5 170 | Sluit krag in | |
Y2 – huur w/s | 38 | Klein stoepie | R5 450 | Sluit krag in |
Y3 – huur w/s | 45 | R6 400 | Sluit krag in | |
Y4 – huur w/s | 21 | Deel stoepie met Y3 | R3 160 | Sluit krag in |
Y5 – huur w/s | 25 | R3 700 | Sluit krag in | |
Y6 – huur w/s | 25 | R3 700 | Sluit krag in | |
Y7 – koop w/s | 41 | Oop stoep sonder dak | R2 200 | Betaal heffing |
Y8 – koop w/s | 38 | Oop stoep sonder dak | R2 350 | Betaal heffing |
UIT EN TUIS
W/s nommer | m² | Buitestoep area |
Huur |
|
Z1 – huur w/s | 35 | Stoep met dak | R5 050 | Sluit krag in |
Z2 – huur kamer | 22 | Klein deel stoepie | R3 400 | Sluit krag in |
Z3 – huur kamer | 22 | Klein deel stoepie | R3 400 | Sluit krag in |
Z4 – huur kamer | 22 | Klein deel stoepie | R3 400 | Sluit krag in |
Z5 – huur kamer | 22 | Klein deel stoepie | R3 400 | Sluit krag in |
Z6 – huur w/s | 40 | R6 100 | Sluit krag in | |
Z7 – huur w/s | 45 | Oop stoep sonder dak | R6 500 | Sluit krag in |
Z10 – huur w/s | 49 | Oop stoep sonder dak | R6 700 | Sluit krag in |
Z11 – koop w/s | 69 | Voor en agter stoep onder dak | R2 400 | Betaal heffing |
Z12 – koop w/s | 61 | Agter stoep onder dak | R2 400 | Betaal heffing |
Z13 – koop w/s | 49 | Agter stoep onder dak | R2 400 | Betaal heffing |
ANNIE SCHILZ
Woonstel tipe | m² |
Krag |
Huur/heffing |
Enkel woonstel | 27 | Kragmeting R1,53/eenheid | R3 840 (36 eenhede) |
Eenslaapkamer | 41 | Kragmeting R1,53/eenheid | R1 920 (heffing) (18 oopeenhede) |
(Huis MacIntosh/Frans Boshoff/Johannes Postmus/Machteld Postmus)
Huurwoonstelle
Woonregwoonstelle
Behuising
Louis Trichardt bied bekostigbare behuising met twee etes aan:
Behuising | |
Enkel persoon per maand | R4 660 |
Opnamefooi – eenmalig, nie terugbetaalbaar | R1 500 |
Egpaar per maand | R6 990 |
Opnamefooi (eenmalig, nie terugbetaalbaar) | R2 000 |
Kontak asb. mev. Natasha van Tonder kontak by (012) 3293623 vir meer inligting
Mariana se opleiding as maatskaplike werker geskied aan die Universiteit van Pretoria (Tuks). Sy voltooi ook later haar haar meestersgraad in bestuur en bemarking van welsynsorganisasies hier.
Sy vertel dat daar destyds ‘n groot behoefte in Mokopane vir die versorging van bejaardes wat in die gemeenskap woon was. As maatskaplike werkerster van die plaaslike ouetehuis was sy dus deel van die span wat navorsing hieroor gedoen het. In 1986 word ‘n dienssentrum om die behoefte aan te spreek opgerig. Mariana bestuur dit vir 26 jaar. Dit is ook onder haar vaandel waartydens die Kierieklapper Kunstefees as fondsinsamelingsprojek tot stand kom.
Gedurende hierdie tyd tree sy ook op as dosent vir maatskaplike werk honneursstudente by Unisa se satelliet-kampus in Polokwane. Sy fasiliteer, assesseer en modereer vir verskeie kolleges. In 2004 word sy deur Ons Tuis: Piet Potgieter genader en sy aanvaar die bestuurderspos.
Mariana is ‘n weduwee, maar geseënd met drie kinders en vier kleinkinders. Staptogte, lees en borduurwerk is haar stokperdjies. Sy is ook veral lief vir reis en verken graag Suid-Afrika en ander lande.
Wees stil en weet ek is God!
Ilse matrikuleer in 1989 as die oudste van sewe kinders onder uiterse moeilike omstandighede. Sy begin dadelik werk om haar ouers finansieël te help. In 1993 trou sy met ‘n wonderlike man en hul word geseën met twee kinders. Ilse is opgewonde om in 2021 ouma te word!
Haar liefdestaal is om te gee en te help waar sy kan. Ilse het van altyd af ‘n sagte plek vir bejaardes gehad en is dankbaar dat die Here bejaardesorg in 2015 oor haar pad gestuur het.
In haar aftyd spandeer sy graag tyd aan haar familie, netbal en verf. Sy is ook mal oor die buitelewe!
En God het mag om ALLE genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle ALTYD in ALLE opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
2 Kor 9:8
Hennie begin sy verpleegopleiding in 1986 by korrektiewe dienste en kwalifiseer as verpleegkundige deur SG Lourens Kollege in 1995. Hy voltooi verder ‘n diploma in kritieke sorg en werk daarna as eenheidsbestuurder by verskeie kritieke sorgeenhede in die Wes-Kaap en Gauteng.
In 2017 moes hy homself weens ‘n ligte beroerte uit kritieke sorg onttrek. Dit neem hom drie jaar om homself te rehabiliteer en sonder ‘n loopraam of kierie te loop. In 2020 doen die geleentheid hom op om sy tweede passie te volg: bejaardesorg. Hy is sedert Oktober 2020 ‘n permanente werknemer van Ons Tuis.
In sy spaartyd hengel Hennie graag en hy is baie lief vir diere — sy honde is sy alles. Hennie is getroud, maar het nie kinders nie.
As jy na die reënboog soek moet jy bereid wees om met die reën saam te leef.
Sonja doen haar opleiding by die JG Strijdom Hospitaal vanaf 1983 tot 1986. Sy voltooi ook ‘n risikobestuursdiploma in 2002.
Haar passie is om diensbaar te wees en uiteraard bejaardesorg. Deur ‘n verskil in ‘n ander persoon se lewe te kan maak en vir hul liefde te gee is volgens haar ‘n voorsmakie van die hemel. Bejaardes het soveel kosbare lewenslesse waaruit ‘n mens daagliks kan leer. Hul laat jou besef dat oudword ‘n seën is, hou jou nedering en in voeling met die lewe.
Sonja se stokperdjies is lees, borduur en binneshuise versiering. Sy het twee dogters en al ‘n ouma!
When you love what you have, you have everything you want. Too blessed to be stressed.
Sr. Jenny voltooi haar verpleegkunde graad aan die Universiteit van Kwazulu-Natal, asook ‘n meestersgraad in besigheid deur Wits Besigheidskool.
Haar verpleegkunde loopbaan skop op ‘n diamantmyn aan die Weskus af, maar kry gou momentum toe sy na Johannesburg verhuis. Haar indrukwekkende CV spog met jare se ondervinding in chroniese siektes, insluitende demensie.
Jenny se passie is om met demensie en Alzheimer se siekte pasiënte te werk. Sy verstaan die impak en omvang wat hierdie siektes op ‘n persoon, ‘n gesin en gemeenskap het en is daarom geroep vir die werk. Dit is haar gawe om hierdie persone met deernis en waardigheid te versorg en te verseker dat hul die lewe nog soveel as moontlik kan geniet.
Haar gunsteling tydsverdryf is om saam met haar man, John, te gaan voëlskyk, en om saam met haar gesin te wees. Sy het twee stiefdogters en twee wonderlike kleinkinders.
Mag God u altyd bewaar en lei!