Ons Tuis is opgewonde om die Silwer Express-kursus wat vanaf 13 Maart tot 15 Mei by Ons Tuis Riviera aangebied word, bekend te stel. By Ons Tuis word die Blue Zone-konsep, wat die lang lewe en goeie gesondheid van mense in spesifieke gemeenskappe wêreldwyd bevorder, volledig ondersteun en geïmplementeer. Ons glo dat deur die implementering van die beginsels van die Blue Zones, ons bejaardes kan floreer en ‘n lewe van betekenis en vreugde kan lei.
Die Silwer Express-kursus is ontwerp met die doel om ons seniors by te staan om hierdie konsep in hul eie lewens te implementeer. Die kursus, wat bestaan uit 8 sessies, beloof ‘n reis vol kennis en insig in hoe om ‘n gesonde en vervulde lewe te lei. Dit fokus op die beginsels deur die Blou Zone-gemeenskappe, en word aangebied deur Anneliese Bothma, maatskaplike werker van Ons Tuis Riviera en Marike Smit, die arbeidsterapeut by Ons Tuis. Met hul ervaring en toewyding beloof hulle om deelnemers op ‘n onvergeetlike reis te neem.
Hier is ‘n blik op wat deelnemers kan verwag tydens die Silwer Express-kursus:
- Hoe om in die spore te volg van die voorbeeldige Blue Zone-gemeenskappe.
- ‘n Gesonde liggaam en helder verstand.
- Behou die sprankel van lewenshoop.
- Leef ‘n sinvolle en doelgerigte lewe.
Die agt sessies sal op die volgende datums aangebied word:
13 Maart: Inleiding
20 Maart: Jou rede om op te staan in die oggend
3 April: Gemeenskap
10 April: Koskeuses
17 April: Beweeg
24 April: Gesonde omgewing
8 Mei: Hoop met ‘n plan!
15 Mei: Sertifikate en pryse
Ons Tuis is baie opgewonde vir die geleentheid vir ons bejaardes om ‘n lewe van
volheid en betekenis te leef.