Wêreld-diabetesdag het op 14 November weer die belangrikheid van gesonde eetgewoontes uitgelig. Ons Tuis sien inwoners se voedingsbehoeftes in ʼn ernstige lig en maak aanpassings waar daar spesiale behoeftes is.
“Die Departement van Gesondheid het streng voorskrifte wanneer dit by voeding kom. Ons werk ons spyskaarte uit volgens ʼn rantsoenskaal wat deur die Departement opgestel word spesifiek vir persone bo 65 jaar,” sê Verina du Preez, voedseldiensbestuurder van Ons Tuis Riviera. “Hierdie rantsoenskaal dui aan hoeveel van elke voedselgroep soos byvoorbeeld proteïne, melk en suiker elke persoon per dag behoort in te neem.”
Sommige inwoners soos diabete, bejaardes met slukprobleme en laesoutdiëte se spyskaarte word volgens hulle behoeftes aangepas. Verina verduidelik: “Ons het ʼn paar inwoners wat sagte diëte het vir wie ons dan eetplanne uitwerk wat steeds volgens die rantsoenskaal is, maar dan net aangepas word. Ons diabete eet ook volgens voorskrifte waar ons dan natuurlik die suiker sny. Vir hulle gee ons ook byvoeding om bloedsuiker onder beheer te hou.”
Elke tehuis word jaarliks onverwags deur die Departement van Gesondheid geoudit. Tydens die besoek word spyskaarte en etes wat bedien word geoudit om te bepaal of die spyskaarte en etes volgens voorskrifte bedien word. “Die spyskaarte word ook ontleed om te verseker dat ons aan al die gesondheidsvereistes voldoen. Ek kan met trots sê dat ek in al drie en dertig jaar wat ek by Ons Tuis is nog nooit enige negatiewe terugvoering vanaf die Departement gekry het nie.”
Matrone Jenny Wesson, bestuurder by Ons Tuis Van Rensburg, vertel hoe hulle verpleeg- en kombuisafdeling hande gevat het met ʼn inwoner se endokrinoloog: “Ons kon die spyskaart só aanpas dat hierdie inwoner, wat met tye van insulien afhanklik was, se suikervlakke aansienlik gedaal en gestabiliseer het, en gevolglik sy gesondheid drasties verbeter het.”
Ons Tuis glo dat gesonde etes en water die basis van goeie gesondheid vorm wat die lewensaar van ons inwoners is.
Indien jy in verblyf vir jouself of vir jou ouers by een van ons tehuise belangstel, besoek gerus Ons Tuis se webwerf of Facebook-blad of kontak enige van die volgende bestuurders:
Matrone Hennie van der Walt, Ons Tuis: Riviera, Pretoria (012 329 3623)
Matrone Jenny Wesson, Ons Tuis: Van Rensburg, Pretoria (012 386 5730)
Matrone Theresa Broodryk, Ons Tuis: AMOT, Parys (056 811 2185)
Mev Mariaan van Tonder, Ons Tuis: Piet Potgieter, Mokopane (015 491 6314)
Mev Anelieze Treurnich, Ons Tuis: Emily Hobhouse, Pretoria (012 323 4891)
Mej Ilanie van Staden, Ons Tuis: Machteld Postmus, Pretoria (012 346 2418)
Matrone Hennie van der Walt, Ons Tuis: Seniorstuis dienssentrum, Pretoria (012 329 3623/329 3707)
Matrone Jenny Wesson, Ons Tuis: Louis Trichardt, Pretoria (012 386 5310/5730)
Mev Hannelie Fourie (012 325 1857/8)
Foto Jennifer Schmidt | Unsplash