• 012 325 1857 | 8

Harte blom en oë blink weer ná swaar en hartseer

Antoinette Smith (72) se lewensverhaal is een van daardie wat jou aan ʼn Verimark-advertensie herinner … But wait, there’s more! Wanneer jy dan wél verder luister en jy sien die steeds breë glimlag op haar onlangse troufoto, weet jy dat hierdie vrou ʼn buitengewoon goeie dosis yster in haar pype het!

Nadat Antoinette Smith, verpleegsuster in die intensiewesorgeenheid, in haar tóé veertigs besluit het dat sy ʼn nuwe uitdaging wil aanpak, aanvaar sy kort daarna ʼn pos as direkteur van verpleging in Saoedi-Arabië. “Hier het ek in ʼn saal gewerk waar al die adellikes verpleeg is,” vertel sy. “Ek het ʼn kursus gedoen om Arabies te leer praat wat kommunikasie baie vergemaklik het. Mettertyd kon ek dit vlot praat en was dit ook die rede dat ek genader is om ʼn Arabiese prinses, wat met kanker gediagnoseer is, voltyds te versorg.” Antoinette deel hoe sy ritte in privaatvliegtuie na verskeie paleise saam met die familie meegemaak het. Sy was byna 12 jaar in die Midde-Ooste.

Terug in Suid-Afrika aanvaar sy ʼn pos by Mediclinic in Welkom en besluit toe om haar op neonatologie toe te spits. “Daardie babatjies ken naderhand jou stem so goed. As jy in die oggende by hulle kom, reageer hulle as hulle jou stem herken.” Antoinette se rug het haar egter begin opkeil en het sy besluit om ʼn aanstelling as direkteur van bejaardesorg by NG Maatskaplike Dienste te aanvaar. Gedurende hierdie tyd het haar huwelik van agt jaar egter skipbreuk gely en moes sy met leë hande uit die egskeidingshof stap. “Nie lank daarna nie stop daar ʼn vrou van die bank voor die huis en sê dat die huis op ʼn veiling verkoop gaan word. Ek moes uittrek, maar het nêrens gehad om heen te gaan nie. Die enigste oplossing was om in my kar voor die polisiestasie te bly. Twee maande lank. Maar toe begin ek ʼn verskriklike pyn op my maag kry.”

ʼn Kolonoskopie het gewys dat Antoinette ʼn gewas in haar dikderm gehad het wat dadelik verwyder moes word. Die operasie, waartydens die helfte van haar dikderm verwyder is, is in Pretoria behartig waarna sy ʼn rukkie by haar oudste sussie gebly het terwyl sy chemoterapie ontvang het.

“My niggie het aangebied dat ek by hulle moet gaan bly. In hierdie tyd het ek vir Ted ontmoet en ons het heerlik begin saamkuier. Hy was baie goed vir my, al was hy self nie gesond nie. Ons is toe getroud en was baie gelukkig.” Sy gesondheid het egter begin versleg en het Antoinette hom voltyds versorg terwyl hy, ʼn diabeet, ook met nierversaking, Alzheimer én Parkinson se siektes geworstel het. “Woensdagaand 4 Augustus 2021 het ons saam Bybelstudie gehou. Ons het daarna nog lekker gesels en toe rustig gaan slaap. Dit is die laaste van daardie nag wat ek kan onthou.”

Antoinette vertel hoe sy presies ʼn maand en ʼn dag daarna in die hospitaal wakker geword het. Verward. Bang. Ontsteld. “Ek het my man gesoek en na die personeel wat heen en weer in verpleeguniforms rondbeweeg het, geroep. Niemand het gereageer nie. Hulle kon my nie hoor nie. Ek was baie swak en aan ʼn ventilator gekoppel. Ek het nie geweet wat aangaan nie. ʼn Rukkie daarna het ek gesien hoe my sussie en ʼn dokter in my rigting aangestap kom. Ek kon op my sus se gesig sien dat daar groot fout was.”

Antoinette se suster het haar vertel van die brand wat in hulle woonstel uitgebreek het en hoe die brandweer daarin kon slaag om haar betyds uit te sleep. Sy het egter ook die nuus gekry dat haar man in die brand omgekom het.

Haar longe het groot skade opgedoen en behalwe vir die verlies van haar eggenoot, was daar ook geweldige materiële verliese. Meubels, matte, yskaste, klere, noem maar op. Antoinette se suster het vir haar ʼn sweetpak en plastiekskoene gekoop net om minstens iets te hê om aan te trek wanneer sy ontslaan word.

“Nadat ek skaars vyf dae tydelik by mense gebly het, het ek geweet ek moet ʼn ander plan maak. Ek het in my tyd wat ek verpleeg het heelwat met verskillende ouetehuise te doen gehad. Ons Tuis was eerste op my lysie. Ek het hulle geskakel, my storie vertel en gevra of hulle my nie op een of ander manier met verblyf kon help nie,” vertel sy. “Toe die maatskaplike werker my laat weet dat die paneel my graag wou ontmoet en ʼn onderhoud as deel van die keuringsproses met my wou voer, het ek my boeglam geskrik. Ek het nie ordentlike klere gehad om aan te trek nie, en asof dit nie erg genoeg was nie, het my tande ook in die proses verlore geraak! My bril was ook weg. My sussie het my winkels toe geneem sodat ek net minstens ʼn bloes en broek kon koop. Na ʼn paar dae het ek met net ʼn paar items in ʼn plastieksak by Ons Tuis Emily Hobhouse ingetrek.”

Dit was ʼn besondere moeilike tyd vir Antoinette. Sy vertel hoe Jenny Botha, haar buurvrou by die tehuis, dae lank by haar gesit het terwyl sy net gehuil het. “Na ʼn ruk het ek besef dat ek sielkundige hulp nodig het Ek het iemand begin sien wat regtig ʼn groot verskil in my lewe gemaak het.”

Intussen het daar goeie én baie water in die see geloop en het Antoinette weer ná onder andere terapie, ʼn nuwe bril en nuwe tande haar ou self ontdek. Sy het ook weer ʼn stokperdjie waarvoor sy baie lief is – naaldwerk – opgeneem. Haar skêre het egter begin stomp raak en ʼn inwoner vertel haar toe van Smittie (87), wat ook in Ons Tuis Emily Hobhouse woon, wat almal se skêre skerpmaak.

“Ek het vir Smittie gaan soek en kom toe op so ʼn waardige man met die mooiste, mooiste blou oë af. Sjoe, hy het na my met daardie mooi, groot oë gekyk totdat ek amper ongemaklik was met myself omdat ek nie kon ophou terugkyk nie!”

Die skerpgemaakte skêre draai toe sommer die kuierkrane ook oop. “Ons het te lekker begin kuier en het een keer só lekker gesels dat Smittie uit sy woonstelblok gesluit is! Hy moes een van die inwoners wakker maak om vir hom die deur oop te sluit!” lag Antoinette.

“Toe daar ʼn kamer langs Smittie oopgaan, het ek besluit om daarheen te trek en ons word toe bure. Toe kon ons éérs lekker kuier!” babbel sy voort. “Hoe sal ek dit nou verduidelik? Ons maak goeie musiek saam …”

Smittie se vrou is vyf jaar gelede aan Alzheimersiekte oorlede waarna hy na Emily Hobhouse verhuis het. Vra Antoinette hom uitdagend of hy lief is vir haar, sê hy net: “Baie, baie!”

Hierdie twee bejaardes verstaan iets van tyd: dit is kosbaar en elke oomblik moet gekoester word. Smittie het juis om hiérdie rede nie gras onder sy voete laat groei nie toe hy met die woorde “Ek wil jou myne maak” om Antoinette se hand gevra het.

Die knoop is presies ʼn jaar na die verwoestende brand wat soveel hartseer veroorsaak het op
5 Augustus vanjaar deurgehaak; ʼn knoop wat swaar en seer na blommende harte en blink oë verander het. “Ons is geesgenote en ek het so baie respek vir hom,” gesels Antoinette trots oor haar bruidegom. “Smittie se seun en sy vrou aanvaar my onvoorwaardelik en ek is sommer nou ʼn ouma ook!”

Oor die lewe by Ons Tuis antwoord Antoinette: “Ek het nou vrede in my lewe. Dis rustig, of ons sit en gesels of sommer net die stilte geniet. Genesing is ongelooflik.”

VACANCY: ADMINISTRATION OFFICER

Ons Tuis NPC Currently holds a vacancy: VACANCY: ADMINISTRATION OFFICER The Board of Ons Tuis hereby invites relevant qualified and experienced persons to apply for

LEES MEER

VACANCY: FINANCIAL OFFICER

Ons Tuis NPC Currently holds a vacancy: VACANCY: FINANCIAL OFFICER The Board of Ons Tuis hereby invites relevant qualified and experienced persons to apply for

LEES MEER
ANELIEZE TREURNICH

Anelieze was deur die jare werksaam as omgewingsgesondheidsbeampte by verskeie munisipaliteite.

Haar gunsteling tydverdryf is naaldwerk, kreatiewe handewerk en die versorging van haar baie groot roostuin.

Lewe elke dag met ʼn lied in jou hart.

ILANIE VAN STADEN

Ilanie is ouer as wat sy lyk.

Sy het ʼn graad in film en televisieproduksie, maar het reeds in haar studentejare al begin werk as administratiewe beampte by haar oom se maatskappy. As gevolg van die ondervinding wat sy daar opgedoen het, het sy besluit om in die administratiewe rigting te bly en dit is hoe sy by Machteld Postmus begin het.

Ilanie het film gaan studeer weens haar liefde vir stories en sy sê dit is een van die gunsteling aspekte van haar werk – om al die inwoners se interessante verhale, ervarings en staaltjies te hoor. Sy word daagliks inspireer deur die inwoners wat voluit leef met ʼn positiewe gesindheid, liefdevolle persoonlikhede en barmhartige harte.

In haar vrye tyd spandeer Ilanie graag tyd saam met haar twee hondekinders, haar Skotse Terriërs. Sy hou ook van lees, saam met haar ma of vriendinne in koffiewinkels kuier en is baie lief vir die see.

It’s not happiness that makes us grateful but GRATEFULNESS that makes us HAPPY!

PIET POTGIETER:
TARIEWE
Tariewe word op ‘n glyskaal bereken:
 
Vanaf R8 180 tot R11 780 vir 24-uur versorging.
RIVIERA: TARIEWE
Eenmalige en nie-terugbetaalbare administrasiefooi:R1 500
Eenmalige en nie-terugbetaalbare administrasiefooi per egpaar:R2 000
  
Maandelikse losies per persoon: 
Inkomste minder as R2 000 p.m.R9 340 (dubbelkamer)
 R9 450 (enkelkamer)
  
Inkomste meer as R2001 p.m.R11 280 (dubbelkamer)
 R11 400 (enkelkamer)
  
Enkelbesetting van dubbelkamer (ongeag inkomste)R14 220
  
LET WEL: JAARLIKSE LOSIESVERHOGING IN JULIE 
  
Maandelikse losies sluit die volgende in: 
–        24 uur mediese versorging 
–        Medikasiekontrole 
–        3 Maaltye met teetye tussenin 
–        Wasgoed word weekliks gewas 
–        Kamers word weekliks skoongemaak 
–        Beddens word opgemaak 
–        Arbeidsterapie 
–        Dienste rakende maatskaplike werk 
LET WEL: GEEN DOEKE EN MEDIKASIE WORD INGESLUIT NIE 
  
Daar is ʼn haarsalon op die perseel wat privaat bedryf word. 
ANDRIES MARIE
OOSTHUIZEN (PARYS):
TARIEWE

R10 250 plus R1 500 opnamefooi per persoon (eenmalig en nie terugbetaalbaar nie)

EMILY HOBHOUSE: TARIEWE
Verblyfkostes per maand  
Kamer – Klein (Emily)  R 4 190,00
(2 etes per dag, 1 x weekliks skoonmaak, 1 x weekliks wasgoed)  
Kamer – Klein met toilet (Emily)  R 4 340,00
(2 etes per dag, 1 x weekliks skoonmaak, 1 x weekliks wasgoed)   
Kamer – Groot (Emily)  R 4 790,00
(2 etes per dag, 1 x weekliks skoonmaak, 1 x weekliks wasgoed)   
Egpaar – Groot kamer (Emily)Man R 4 790,00
 Vrou R 2 610,00
 Totaal R 7 400,00
(2 etes per dag, 1 x weekliks skoonmaak, 1 x weekliks wasgoed)   
   
Kamer – Klein (Groot Emily)  R 4 190,00
Kamer – Groot (Groot Emily)  R 5 010,00
Egpaar – Groot (Groot Emily – sonder badkamer)  
(Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)Man R 5 010,00
 Vrou R 2 610,00
 Totaal R 7 620,00
   
Kamer – Groot (Groot Emily – met badkamer)  R 5 530,00
Egpaar – Groot (Groot Emily – met badkamer)  
(Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)Man R 5 530,00
 Vrou R 2 610,00
 Totaal R 8 140,00
   
Groot Emily (Luukse Kamers – met badkamer)  R 5 550,00
(Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)  
Groot Emily (Luukse Kamers – Egpaar met badkamer)  
(Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)Man R 5 550,00
 Vrou R 2 610,00
 Totaal R 8 160,00
   
   
Enkel woonstel (Bo)  R 3 730,00
(Etes uitgesluit, krag ingesluit, moet self voorsiening maak vir skoonmaak en wasgoed)  
Woonstel – Egpaar (Bo)  R 4 280,00
(Etes uitgesluit, krag ingesluit, moet self voorsiening maak vir skoonmaak en wasgoed)  
Enkel woonstel (Onder)  R 3 590,00
(Etes uitgesluit, krag ingesluit, moet self voorsiening maak vir skoonmaak en wasgoed)  
   
Opnamefooi (nie terugbetaalbaar)  R 1 500,00
Opnamefooi Egpaar (nie terugbetaalbaar) (R1000 per persoon)  R 2 000,00
Kamer paniekknoppie (terugbetaalbaar)  R    200,00
Houtsleutelhouertjie met inligting  R         5,00
Kosbakkies (2 x Stelle)  R      60,00
Sleutels  R    100,00
Afdak  R    100,00
   
PRYSE GELDIG TOT 30 Junie 2023
SENIORSTUIS DIENSSENTRUM:
TARIEWE

(Annie Schilz/Uit en Tuis / Evelyn Vermooten)

EVELY VERMOOTEN

W/s nommer Buitestoep area Huur  
Y1 – huur w/s 36 R5 170 Sluit krag in
Y2 – huur w/s 38 Klein stoepie R5 450 Sluit krag in
Y3 – huur w/s 45 R6 400 Sluit krag in
Y4 – huur w/s 21 Deel stoepie met Y3 R3 160 Sluit krag in
Y5 – huur w/s 25 R3 700 Sluit krag in
Y6 – huur w/s 25 R3 700 Sluit krag in
Y7 – koop w/s 41 Oop stoep sonder dak R2 200 Betaal heffing
Y8 – koop w/s 38 Oop stoep sonder dak R2 350 Betaal heffing

 

UIT EN TUIS

W/s nommer Buitestoep area

Huur

 

Z1 – huur w/s 35 Stoep met dak R5 050 Sluit krag in
Z2 – huur kamer 22 Klein deel stoepie R3 400 Sluit krag in
Z3 – huur kamer 22 Klein deel stoepie R3 400 Sluit krag in
Z4 – huur kamer 22 Klein deel stoepie R3 400 Sluit krag in
Z5 – huur kamer 22 Klein deel stoepie R3 400 Sluit krag in
Z6 – huur w/s 40 R6 100 Sluit krag in
Z7 – huur w/s 45 Oop stoep sonder dak R6 500 Sluit krag in
Z10 – huur w/s 49 Oop stoep sonder dak R6 700 Sluit krag in
Z11 – koop w/s 69 Voor en agter stoep onder dak R2 400 Betaal heffing
Z12 – koop w/s 61 Agter stoep onder dak R2 400 Betaal heffing
Z13 – koop w/s 49 Agter stoep onder dak R2 400 Betaal heffing

 

ANNIE SCHILZ

Woonstel tipe

Krag

Huur/heffing

Enkel woonstel 27 Kragmeting R1,53/eenheid R3 840 (36 eenhede)
Eenslaapkamer 41 Kragmeting R1,53/eenheid R1 920 (heffing)
(18 oopeenhede)
  • Huurwoonstelle betaal R100 sleuteldeposito (nie terugbetaalbaar)
  • Koopwoonstelle betaal R10 000 deposito (nie terugbetaalbaar)
MACHTELD POSTMUS-
KOMPLEKS: TARIEWE

(Huis MacIntosh/Frans Boshoff/Johannes Postmus/Machteld Postmus)

Huurwoonstelle

  • Eenmanwoonstel:  vanaf R4 050 – elektrisiteit +/- R400
  • Een slaapkamer: vanaf R5 800 – elektrisiteit +/- R400

Woonregwoonstelle

  • Maandelikse heffing volgens woonstel se grootte plus elektrisiteit
    • Machteld Postmus woonreg – 3 slaapkamer: R4 220 (heffing). Elektrisiteit +/- R600
    • Machteld Postmus woonreg – 2 slaapkamer: R3 420 (heffing). Elektrisiteit +/- R600
  • Frans Boshoff woonstelblok (1 slk): +/- R3 110 per maand (elektrisiteit uitgesluit)
  • Frans Boshoff woonstelblok (2 slk): +/- R3 650 per maand (elektrisiteit uitgesluit)

Behuising

  • Een slaapkamer – Riekie Boshoff: R3 260 tot R3 300 (elektrisiteit ingesluit)
  • Een slaapkamer – Huis McIntosh: R4 930 tot R6 780 (elektrisiteit ingesluit)
LOUIS TRICHARDT: TARIEWE

Louis Trichardt bied bekostigbare behuising met twee etes aan:

Behuising 
Enkel persoon per maandR4 660
Opnamefooi – eenmalig, nie terugbetaalbaarR1 500
  
Egpaar per maandR6 990
Opnamefooi (eenmalig, nie terugbetaalbaar)R2 000
TARIEWE

Kontak asb. mev. Natasha van Tonder kontak by (012) 3293623 vir meer inligting

MARIANA VAN TONDER

Mariana se opleiding as maatskaplike werker geskied aan die Universiteit van Pretoria (Tuks). Sy voltooi ook later haar haar meestersgraad in bestuur en bemarking van welsynsorganisasies hier.

Sy vertel dat daar destyds ‘n groot behoefte in Mokopane vir die versorging van bejaardes wat in die gemeenskap woon was. As maatskaplike werkerster van die plaaslike ouetehuis was sy dus deel van die span wat navorsing hieroor gedoen het. In 1986 word ‘n dienssentrum om die behoefte aan te spreek opgerig. Mariana bestuur dit vir 26 jaar. Dit is ook onder haar vaandel waartydens die Kierieklapper Kunstefees as fondsinsamelingsprojek tot stand kom.

Gedurende hierdie tyd tree sy ook op as dosent vir maatskaplike werk honneursstudente by Unisa se satelliet-kampus in Polokwane. Sy fasiliteer, assesseer en modereer vir verskeie kolleges. In 2004 word sy deur Ons Tuis: Piet Potgieter genader en sy aanvaar die bestuurderspos.

Mariana is ‘n weduwee, maar geseënd met drie kinders en vier kleinkinders. Staptogte, lees en borduurwerk is haar stokperdjies. Sy is ook veral lief vir reis en verken graag Suid-Afrika en ander lande.

Wees stil en weet ek is God!

ILSE MALAN

Ilse matrikuleer in 1989 as die oudste van sewe kinders onder uiterse moeilike omstandighede. Sy begin dadelik werk om haar ouers finansieël te help. In 1993 trou sy met ‘n wonderlike man en hul word geseën met twee kinders. Ilse is opgewonde om in 2021 ouma te word!

Haar liefdestaal is om te gee en te help waar sy kan. Ilse het van altyd af ‘n sagte plek vir bejaardes gehad en is dankbaar dat die Here bejaardesorg in 2015 oor haar pad gestuur het.

In haar aftyd spandeer sy graag tyd aan haar familie, netbal en verf. Sy is ook mal oor die buitelewe!

 

En God het mag om ALLE genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle ALTYD in ALLE opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

HENNIE VAN DER WALT

Hennie begin sy verpleegopleiding in 1986  by korrektiewe dienste en kwalifiseer as verpleegkundige deur SG Lourens Kollege in 1995. Hy voltooi verder ‘n diploma in kritieke sorg en werk daarna as eenheidsbestuurder by verskeie kritieke sorgeenhede in die Wes-Kaap en Gauteng.

In 2017 moes hy homself weens ‘n ligte beroerte uit kritieke sorg onttrek. Dit neem hom drie jaar om homself te rehabiliteer en sonder ‘n loopraam of kierie te loop. In 2020 doen die geleentheid hom op om sy tweede passie te volg: bejaardesorg. Hy is sedert Oktober 2020 ‘n permanente werknemer van Ons Tuis.

In sy spaartyd hengel Hennie graag en hy is baie lief vir diere — sy honde is sy alles. Hennie is getroud, maar het nie kinders nie.

As jy na die reënboog soek moet jy bereid wees om met die reën saam te leef.

SONJA STANDER

Sonja doen haar opleiding by die JG Strijdom Hospitaal vanaf 1983 tot 1986. Sy voltooi ook ‘n risikobestuursdiploma in 2002.

Haar passie is om diensbaar te wees en uiteraard bejaardesorg. Deur ‘n verskil in ‘n ander persoon se lewe te kan maak en vir hul liefde te gee is volgens haar ‘n voorsmakie van die hemel. Bejaardes het soveel kosbare lewenslesse waaruit ‘n mens daagliks kan leer. Hul laat jou besef dat oudword ‘n seën is, hou jou nedering en in voeling met die lewe.

Sonja se stokperdjies is lees, borduur en binneshuise versiering. Sy het twee dogters en al ‘n ouma!

When you love what you have, you have everything you want. Too blessed to be stressed.

SR JENNY WESSON

Sr. Jenny voltooi haar verpleegkunde graad aan die Universiteit van Kwazulu-Natal, asook ‘n meestersgraad in besigheid deur Wits Besigheidskool.

Haar verpleegkunde loopbaan skop op ‘n diamantmyn aan die Weskus af, maar kry gou momentum toe sy na Johannesburg verhuis. Haar indrukwekkende CV spog met jare se ondervinding in chroniese siektes, insluitende demensie.

Jenny se passie is om met demensie en Alzheimer se siekte pasiënte te werk. Sy verstaan die impak en omvang wat hierdie siektes op ‘n persoon, ‘n gesin en gemeenskap het en is daarom geroep vir die werk. Dit is haar gawe om hierdie persone met deernis en waardigheid te versorg en te verseker dat hul die lewe nog soveel as moontlik kan geniet.

Haar gunsteling tydsverdryf is om saam met haar man, John, te gaan voëlskyk, en om saam met haar gesin te wees. Sy het twee stiefdogters en twee wonderlike kleinkinders.


Mag God u altyd bewaar en lei!