Artikel oorspronklik geplaas op Maroela Media – klik hier om die volledige artikel te lees.
Wanneer die jaar einde se kant toe staan en die kleurvolle Kersversierings en sjokolade-Kersvaders hul opwagting in die supermarkte begin maak, word die uitgawes wat met Desember gepaard gaan al hoe duideliker.
ʼn Flukse ouetehuis in Mokopane (Potgietersrus) laat egter nie toe dat dié Kerstyd se begroting-bekommernisse hulle onderkry nie.
Ons Tuis-Piet Potgieter streef daarna om hul jaarlikse geldinsameling vet pret vir die inwoners van die tehuis én die plaaslike gemeenskap te maak. Vanjaar gaan die ysterperde opnuut deur die strate van dié dorp dreun, ʼn geleentheid waarna die gemeenskap voorwaar uitsien.
Foto ter illustrasie. (Foto: Andrei Ianovskii/Unsplash)