Ons Tuis > nuus  > || MEDIAVERKLARING || Ons Tuis Emily Hobhouse deel hul advies vir ‘n gelukkige verhoudings

|| MEDIAVERKLARING || Ons Tuis Emily Hobhouse deel hul advies vir ‘n gelukkige verhoudings

Daar is ‘n gesegde wat lui: saam met grysheid, kom wysheid. ‘n Mens kan natuurlik selde verkeerd gaan wanneer jy by ‘n bejaarde vir bietjie liefdesraad gaan kers opsteek! Met die oog op Valentynsdag eerskomende Sondag deel ‘n paar inwoners van Ons Tuis Emily Hobhouse graag hul advies.

Emily Hobhouse, ‘n versorgingsoord vir bejaardes in Pretoria, huisves tans 167 inwoners. Die Ons Tuis-groep bestaan uit nege unieke aftree-oorde. Elk bied hoë gehalte verblyf aan persone wat nog selfversorgend is, óf spesiale versorging benodig. Vir meer inligting besoek gerus www.onstuis.org.

Piet en Florida van der Walt sê beskou dit as genade, goeie gesondheid en geloof dat hul al 63 jaar gelukkig getroud kan wees.

 

Volgens twee susters, Neelsie Bruwer en Bettie Naude, was dit ‘n voorreg om saam te kon groot word, maar ‘n gróter eer om saam te kan oud word. Die susterspaar gaan tuis by Ons Tuis Emily Hobhouse in Pretoria.

 

“Vrede is die verwerking van geluk,” sê Naomi Schoeman. Sy en Cas Botma is al vir die afgelope 12 jaar lank vriende.

 

“Geluk, vrede en vriende vir 7 jaar,” sê Ken Solomon en Anna Ellis