Ons Tuis > nuus  > || MEDIAVERKLARING || Pick n Pay grootbaas bederf Ons Tuis tehuis op sy 90ste verjaardag met koek

|| MEDIAVERKLARING || Pick n Pay grootbaas bederf Ons Tuis tehuis op sy 90ste verjaardag met koek

Pick n Pay se grootbaas, mnr. Raymond Ackerman, het Woensdag op sy 90ste verjaarsdag inwoners van Ons Tuis Piet Potgieter met ‘n verjaardagkoek bederf. Aangesien hy nie vanjaar sy verjaardag met personeel kon deel nie — ‘n tradisie wat al meer as 50 jaar aankom — is koeke by winkels afgelewer.

Volgens mev. Mariana van Tonder, bestuurder en maatskaplike werker van Ons Tuis Piet Potgieter, was hul verslae toe dié geskenk hul toeval.

“Ons was baie verbaas toe ons plaaslike Pick n Pay die tehuis benoem het om dit te ontvang. Ons Tuis-bestuur waardeer hierdie gebaar van welwillendheid en wens mnr. Ackerman ‘n besonderse nuwe lewensjaar toe,” sê sy.

Ons Tuis Piet Potgieter is in Mokopane geleë en bied 56 selfsorgeenhede wat 117 senior burgers kan huisves, asook ‘n verswakte versorgingsafdeling vir 78 persone. Die professionele personeel wat 24-uur bystand bied verseker gehalte sorg en dat daar in almal se behoeftes voorsien word.