• 012 325 1857 | 8

Afrikaans | English

Ouderdom is maar net ‘n nommer, wys Ons Lig Luisterstorie-projek

“Die Ons Lig Luisterstorie-projek het net weer vir ons kom wys dat ‘n mens se ouderdom bloot net ‘n nommer is! Jy kan pret hê en teruggee aan die gemeenskap, maak nie saak hoe oud jy is nie.”

Só sê Heleen van As, woordvoerder van die Ons Tuis aftree-groep wat einde November ‘n innoverende luisterstorie-projek vir die Afrikaanse jeug geloods het. Die vier voorlesings — opgeneem deur verskeie inwoners van 80-jaar plus — word op ‘n gebruikersvriendelike, interaktiewe manier met grafika as ‘n kort video voorgestel en kan gratis afgelaai word.

“Toe ons die projek uitrol was die inwoners dadelik gretig om deel te neem. Die entoesiasme waarmee hul die opdrag uitgevoer het, is so kosbaar. Ons is dankbaar vir Lig in Duisternis Uitgewers, sonder wie die projek nie moontlik sou wees nie, en hoop om in die toekoms weer so iets saam te kan aanpak,” sê sy.

Die vier titels, Die Wit Rokkie, Bekkie begeer alweer, Honkidôrie Hus en Millie se ontdekking, eggo dié Christelike uitgewer se strewe om leesstof met ‘n dieper betekenis aan te bied.

Die interaktiewe “boekrak” kan gratis op beide Ons Tuis en Lig in Duisternis Uitgewers se webtuistes afgelaai word. Volgens Van As sal hierdie titels in harde kopie, beskikbaar op Lig in Duisternis se aanlyn boekwinkel, die perfekte kersgeskenk vir kinders wees.

“Die rol wat ‘n bejaarde in kinders se lewe speel is van onskatbare waarde. Afgesien daarvan dat hierdie projek ‘n liefde vir lees by kinders prikkel, wou ons die ouer, Afrikaanse stem bied aan kinders wat self nie meer ‘n grootouer het nie, of dalk in ‘n ver land sit waar Afrikaanse boeke nie maklik bekombaar is nie. Dit kan ook heerlike binneshuise vermaak oor die feesseisoen verskaf as die weer nie saam speel nie,” verduidelik Van As.

Ons Tuis stel graag die vier lesers aan u bekend:

Anna Marx (88) van Ons Tuis: Machteld Postmus lees Millie se ontdekking.

Tannie Anna het die grootste deel van haar lewe in Pretoria, maar ook vir 30 jaar in Naboomspruit, gewoon. In haar jong dae was sy ’n proefleser wat onder andere vir Van Schaik gewerk het. Sy is baie lief vir lees en musiek. Sy stel nog graag musiekprogramme op. Millie se ontdekking word opgedra aan Anna  se agterkleindogter Lisa Willemse (6).

“’n Mens moet dankbaar wees vir elke liewe oggend wat jy wakker word. Leef jou lewe soos wat jy hom kry, maar dit moet ‘n nuttige lewe wees!”

Dawn van Straaten (83) van Ons Tuis: Machteld Postmus lees Bekkie begeer alweer.

Dawn het in Kroonstad groot geword. Sy studeer onderwys en begin werk by ’n plaasskool digby Lichtenburg genaamd: Twee-buffels-met-een-skoot-mors-dood-geskietfontein! In 1961 trou sy met Jan van der Merwe en hul verhuis vir 17 jaar na Duitsland. Hul is geseënd met drie kinders. Dawn glo dat die geheim van ’n lang leeftyd romanse en verdraagsaamheid teenoor mekaar is. Haar gunsteling tydverdryf is om brug te speel. 

“Leef positief en hou vas aan jou godsdiens.”
 

Freda Surtees (88) van Ons Tuis: Machteld Postmus lees Honkiedôrie Hus.

Freda is ’n vrou van vele talente. Dié ma van vyf het onder andere vir tien jaar haar eie kleuterskool gehad, ’n brei- en lapwinkel, sowel as ’n boutique met ’n ontwerper en twee voltydse kleremakers. Sy geniet dit vreeslik om te brei, veral komberse. Honkiedôrie Hus word opgedra aan haar ses kleinkinders en een agterkleinkind wat in Engeland woon.

“Hou jou hand in die Here s’n en gee om vir mekaar. Wees lief vir jou naaste.”

Jettie Booyse (81) van Ons Tuis: Riviera lees Die Wit Rokkie.

As 12-jarige dogtertjie het sy vir drie weke per boot gereis na Suid-Afrika om haar nuwe lewe in Carletonville te begin. Sy studeer verpleegkunde in Pretoria en werk tot op die ouderdom van 72 by ouetehuise. Jettie was ’n aktiewe swemmer en water-aërobiese oefeninge aangebied het. Sy dra Die Wit Rokkie op aan haar twee pleegkinders, Nico en Karina, en haar vier kleinkinders.

“Bly aktief en doen wat die lewe vir jou lekker maak!”


Laai jou luisterstorie boekrak af deur Ons Tuis se webwerf te besoek of deur die QR-kode met jou slimfoon se kamera te skandeer.
EMILY HOBHOUSE: TARIEWE
  • Kamer –  vanaf R 4 100.00 – R5 470.00 per maand
    • (Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)
  • Egpaar – vanaf R 7 270.00 – R8 010.00 per maand
    • (Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)
  •  Luukse Kamers – R 5 490.00 per maand
    • (Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)
  • Luukse Kamers – Egpaar – R7 650.00 per maand
    • (Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)
  • Huurwoonstelle vanaf R 3 510.00 – R4 230.00 per maand
    • (Etes uitgesluit, krag ingesluit, moet self voorsiening maak vir skoonmaak en wasgoed)

Opnamefooi (nie terugbetaalbaar): R 1500 per persoon
Opnamefooi (nie terugbetaalbaar): R 2000 egpaar

Kamer paniekknoppie (terugbetaalbaar) – R 200 per persoon
Houtsleutelhouertjie met inligting – R5 per persoon
Kos Bakkies – R60 per persoon
Sleutel Deposito – R100 per persoon
Afdak – R 100 per maand

SENIORSTUIS DIENSSENTRUM:
TARIEWE

(Annie Schilz/Uit en Tuis en Evelyn Vermooten)

EVELY VERMOOTEN

W/s nommer

Buitestoep area

Huur

 

Y1      – huur w/s

36

 

R5 170

Sluit krag in

Y2      – huur w/s

38

Klein stoepie

R5 450

Sluit krag in

Y3      – huur w/s

45

 

R6 400

Sluit krag in

Y4      – huur w/s

21

Deel stoepie met Y3

R3 160

Sluit krag in

Y5      – huur w/s

25

 

R3 700

Sluit krag in

Y6      – huur w/s

25

 

R3 700

Sluit krag in

Y7      – koop w/s

41

Oop stoep sonder dak

R2 200

Betaal heffing

Y8      – koop w/s

38

Oop stoep sonder dak

R2 350

Betaal heffing


UIT EN TUIS

W/s nommer

Buitestoep area

Huur

 

Z1      – huur w/s

35

Stoep met dak

R5 050

Sluit krag in

Z2      – huur kamer

22

Klein deel stoepie

R3 400

Sluit krag in

Z3      – huur kamer

22

Klein deel stoepie

R3 400

Sluit krag in

Z4      – huur kamer

22

Klein deel stoepie

R3 400

Sluit krag in

Z5      – huur kamer

22

Klein deel stoepie

R3 400

Sluit krag in

Z6      – huur w/s

40

 

R6 100

Sluit krag in

Z7      – huur w/s

45

Oop stoep sonder dak

R6 500

Sluit krag in

Z10    – huur w/s

49

Oop stoep sonder dak

R6 700

Sluit krag in

Z11    – koop w/s

69

Voor en agter stoep onder dak

 

R2 400

Betaal heffing

Z12    – koop w/s

61

Agter stoep onder dak

R2 400

Betaal heffing

Z13    – koop w/s

49

Agter stoep onder dak

R2 400

Betaal heffing

ANNIE SCHILZ

Woonstel tipe

Krag

Huur/heffing

Enkel woonstel

27

Kragmeting
R1-53/eenheid

R3 840(36 eenhede)

Eenslaapkamer

41

Kragmeting
R1-53/eenheid

R1 920 (heffing)

  • oopeenhede)
  • Huurwoonstelle betaal 75% + Adminfooi + R100 sleuteldeposito (nie terugbetaalbaar)
  • Koopwoonstelle betaal R10 000 deposito
MACHTELD POSTMUS-
KOMPLEKS: TARIEWE

(Huis MacIntosh/Frans Boshoff/Johannes Postmus/Machteld Postmus)

Huurwoonstel

  • Eenmanwoonstel:  vanaf R4050.00 – Krag ongeveer R400.00 plus krag (elektrisiteit)
  • Een slaapkamer: vanaf R5800.00 Krag ongeveer R400.00 plus krag (elektrisiteit)

Woonregwoonstelle

  • Maandelikse heffing volgens woonstel se grootte plus krag (elektrisiteit)
    • Machteld Postmus woonreg – 3 slaapkamer: R4220.00(heffing) en krag ongeveer R600.00
    • Machteld Postmus woonreg – 2 slaapkamer: R3420.00 (heffing) en krag ongeveer R600.00
  • Frans Boshoff woonstelblok (1slk):  ongeveer R3110.00 per maand (krag uitgesluit)
  • Frans Boshoff woonstelblok (2slk):  ongeveer R3650.00 per maand (krag uitgesluit)

Behuising

  • Een slaapkamer in Riekie Boshoff R3260.00 tot R3300.00 (krag ingesluit) per kamer
  • Een slaapkamer  Huis McIntosh: vanaf R4930.00 tot R6780.00 krag ingesluit.
LOUIS TRICHARDT: TARIEWE

Louis Trichardt bied bekostigbare behuising met twee etes aan:

Behuising:

R4660.00 per maand (enkellopend)

  • R1500.00 Opnamefooi (Eenmalig nie terugbetaalbaar met huisverlating of afsterwe nie)

R6990-00 per maand (egpaar)

  • R2000-00 Opnamefooi (Eenmalig nie terugbetaalbaar met huisverlating of afsterwe nie).
TARIEWE

Kontak asb. mev. Natasha van Tonder kontak by (012) 3293623 vir meer inligting

MARIANA VAN TONDER

Mariana se opleiding as maatskaplike werker geskied aan die Universiteit van Pretoria (Tuks). Sy voltooi ook later haar haar meestersgraad in bestuur en bemarking van welsynsorganisasies hier.

Sy vertel dat daar destyds ‘n groot behoefte in Mokopane vir die versorging van bejaardes wat in die gemeenskap woon was. As maatskaplike werkerster van die plaaslike ouetehuis was sy dus deel van die span wat navorsing hieroor gedoen het. In 1986 word ‘n dienssentrum om die behoefte aan te spreek opgerig. Mariana bestuur dit vir 26 jaar. Dit is ook onder haar vaandel waartydens die Kierieklapper Kunstefees as fondsinsamelingsprojek tot stand kom.

Gedurende hierdie tyd tree sy ook op as dosent vir maatskaplike werk honneursstudente by Unisa se satelliet-kampus in Polokwane. Sy fasiliteer, assesseer en modereer vir verskeie kolleges. In 2004 word sy deur Ons Tuis: Piet Potgieter genader en sy aanvaar die bestuurderspos.

Mariana is ‘n weduwee, maar geseënd met drie kinders en vier kleinkinders. Staptogte, lees en borduurwerk is haar stokperdjies. Sy is ook veral lief vir reis en verken graag Suid-Afrika en ander lande.

Wees stil en weet ek is God!

ILSE MALAN

Ilse matrikuleer in 1989 as die oudste van sewe kinders onder uiterse moeilike omstandighede. Sy begin dadelik werk om haar ouers finansieël te help. In 1993 trou sy met ‘n wonderlike man en hul word geseën met twee kinders. Ilse is opgewonde om in 2021 ouma te word!

Haar liefdestaal is om te gee en te help waar sy kan. Ilse het van altyd af ‘n sagte plek vir bejaardes gehad en is dankbaar dat die Here bejaardesorg in 2015 oor haar pad gestuur het.

In haar aftyd spandeer sy graag tyd aan haar familie, netbal en verf. Sy is ook mal oor die buitelewe!

 

En God het mag om ALLE genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle ALTYD in ALLE opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

HENNIE VAN DER WALT

Hennie begin sy verpleegopleiding in 1986  by korrektiewe dienste en kwalifiseer as verpleegkundige deur SG Lourens Kollege in 1995. Hy voltooi verder ‘n diploma in kritieke sorg en werk daarna as eenheidsbestuurder by verskeie kritieke sorgeenhede in die Wes-Kaap en Gauteng.

In 2017 moes hy homself weens ‘n ligte beroerte uit kritieke sorg onttrek. Dit neem hom drie jaar om homself te rehabiliteer en sonder ‘n loopraam of kierie te loop. In 2020 doen die geleentheid hom op om sy tweede passie te volg: bejaardesorg. Hy is sedert Oktober 2020 ‘n permanente werknemer van Ons Tuis.

In sy spaartyd hengel Hennie graag en hy is baie lief vir diere — sy honde is sy alles. Hennie is getroud, maar het nie kinders nie.

As jy na die reënboog soek moet jy bereid wees om met die reën saam te leef.

SONJA STANDER

Sonja doen haar opleiding by die JG Strijdom Hospitaal vanaf 1983 tot 1986. Sy voltooi ook ‘n risikobestuursdiploma in 2002.

Haar passie is om diensbaar te wees en uiteraard bejaardesorg. Deur ‘n verskil in ‘n ander persoon se lewe te kan maak en vir hul liefde te gee is volgens haar ‘n voorsmakie van die hemel. Bejaardes het soveel kosbare lewenslesse waaruit ‘n mens daagliks kan leer. Hul laat jou besef dat oudword ‘n seën is, hou jou nedering en in voeling met die lewe.

Sonja se stokperdjies is lees, borduur en binneshuise versiering. Sy het twee dogters en al ‘n ouma!

When you love what you have, you have everything you want. Too blessed to be stressed.

SR JENNY WESSON

Sr. Jenny voltooi haar verpleegkunde graad aan die Universiteit van Kwazulu-Natal, asook ‘n meestersgraad in besigheid deur Wits Besigheidskool.

Haar verpleegkunde loopbaan skop op ‘n diamantmyn aan die Weskus af, maar kry gou momentum toe sy na Johannesburg verhuis. Haar indrukwekkende CV spog met jare se ondervinding in chroniese siektes, insluitende demensie.

Jenny se passie is om met demensie en Alzheimer se siekte pasiënte te werk. Sy verstaan die impak en omvang wat hierdie siektes op ‘n persoon, ‘n gesin en gemeenskap het en is daarom geroep vir die werk. Dit is haar gawe om hierdie persone met deernis en waardigheid te versorg en te verseker dat hul die lewe nog soveel as moontlik kan geniet.

Haar gunsteling tydsverdryf is om saam met haar man, John, te gaan voëlskyk, en om saam met haar gesin te wees. Sy het twee stiefdogters en twee wonderlike kleinkinders.


Mag God u altyd bewaar en lei!