• 012 325 1857 | 8

Afrikaans | English

Vier aktiwiteite wat kan help om geheueverlies te beperk

Daar is ‘n gesegde wat lui: ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Wanneer ouderdom egter kom aanklop, kan dit selfs meer ingewikkeld raak om jou geestesgesondheid alleen te bestuur. In lig van geestesgesondheidsdag op 10 Oktober, deel Ons Tuis graag ‘n paar wenke hoe om geheueverlies te bestuur.

Ieder en elk van ons sal tot ‘n mate tydens ons lewens deur geheueverlies geraak word. Hoewel sommige teorieë beweer geheueverlies die brein se manier is om van onnodige herinneringe ontslae te raak en paaie vir nuwe of meer belangrike inligting oop te maak, moet u maar kophou. Geheueverlies wat oor tyd vererger of jou daaglikse lewe ontwrig, kan deur ‘n onderliggende mediese toestand veroorsaak word en moet aandag geniet.

Demensie en Alzheimer se siekte is twee algemene voorbeelde wat jou geheue aantas. ‘n Vroeë diagnose, die regte sorg en stimulasie aktiwiteite kan jou brein se agteruitgang hopelik bestuur en vertraag.

Vier ander selfhelp areas waarop u kan fokus om u geheue op te pas is:

  1. Gesonde eetgewoontes en -roetine
    Studies toon dat ’n dieët wat ryk is aan vrugte, groente, vis en onversadigde vette soos vis, olyfolie en neute die risiko vir geheueverlies met tot 20% kan verlaag. ‘n Eetplan wat hoog is in versadigde- en transvette het natuurlik die teenoorgestelde uitwerking.
    Wanneer ‘n persoon oud raak, vernaam as hul ook alleen woon, is kosmaak en die beplanning van ‘n gebalanseerde eetplan gereeld die dagtake waaraan die minste aandag gegee word. Volg dus op of daar opsies vir gebalanseerde etes in u omgewing is wat u moontlik kan bestel. Of in plaas daarvan om alleen te eet, kook en eet op ‘n gereelde basis saam met ‘n vriend of vriendin.
  2. Oefening
    Deur aktief te wees slaan jy twee vlieë met een klap wat liggaamlike en geestelike gesondheid aanbetref. Beweeglikheid en ouderdom is egter nie noodwendig iets wat in dieselfde sin kom nie. Daarom moedig ons u aan om soveel moontlik te beweeg na gelang u liggaam dit toelaat.
    Navorsing toon dat gereelde oefening groeifaktore in die brein vrystel wat breinselle en bloedvate voed en gesond hou. Oefening, ja tot so min as 15 minute per dag, verminder ook stres en angs, wat nadelig vir die geheue is.
  3. Slaap
    Min dinge versteur ‘n mens se fokus, konsentrasie, geestelike gemoed en bui méér as ‘n slegte nagrus nie. Wanneer ‘n persoon slaap verwerk en kodeer jou brein die dag se ervarings. Rig dus vir u ‘n stil en donker omgewing in en hê ‘n rustige slaaproetine om die dag mee af te sluit.
  4. Neem deel
    Sosialisering en aktiwiteite soos lees, speletjies, blokraaie en die bou van legkaarte is eenvoudige metodes om die brein te oefen en u gemoed te lig. Daag uself uit om u buurman of –vrou te nooi vir ‘n potjie skaak en neem deel aan aktiwiteite wat dalk deur ‘n liefdadigheidsorganisasie, aftree-oorde en ouetehuise aanbied word. Onthou: ‘n mens is nooit te oud om iets nuuts te leer nie!

* Ons Tuis glo aan aktiewe veroudering en bied daarom bekostigbare, gehalte verblyf en vir persone bo die ouderdom van 50 aan. Vir meer inligting oor ons agt aftree-oorde en gespesialiseerde sorgeenhede besoek gerus https://onstuis.org.

Foto | Vlad Sargu | Unsplash

EMILY HOBHOUSE: TARIEWE
  • Kamer –  vanaf R 4 100.00 – R5 470.00 per maand
    • (Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)
  • Egpaar – vanaf R 7 270.00 – R8 010.00 per maand
    • (Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)
  •  Luukse Kamers – R 5 490.00 per maand
    • (Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)
  • Luukse Kamers – Egpaar – R7 650.00 per maand
    • (Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)
  • Huurwoonstelle vanaf R 3 510.00 – R4 230.00 per maand
    • (Etes uitgesluit, krag ingesluit, moet self voorsiening maak vir skoonmaak en wasgoed)

Opnamefooi (nie terugbetaalbaar): R 1500 per persoon
Opnamefooi (nie terugbetaalbaar): R 2000 egpaar

Kamer paniekknoppie (terugbetaalbaar) – R 200 per persoon
Houtsleutelhouertjie met inligting – R5 per persoon
Kos Bakkies – R60 per persoon
Sleutel Deposito – R100 per persoon
Afdak – R 100 per maand

SENIORSTUIS DIENSSENTRUM:
TARIEWE

(Annie Schilz/Uit en Tuis en Evelyn Vermooten)

EVELY VERMOOTEN

W/s nommer

Buitestoep area

Huur

 

Y1      – huur w/s

36

 

R5 170

Sluit krag in

Y2      – huur w/s

38

Klein stoepie

R5 450

Sluit krag in

Y3      – huur w/s

45

 

R6 400

Sluit krag in

Y4      – huur w/s

21

Deel stoepie met Y3

R3 160

Sluit krag in

Y5      – huur w/s

25

 

R3 700

Sluit krag in

Y6      – huur w/s

25

 

R3 700

Sluit krag in

Y7      – koop w/s

41

Oop stoep sonder dak

R2 200

Betaal heffing

Y8      – koop w/s

38

Oop stoep sonder dak

R2 350

Betaal heffing


UIT EN TUIS

W/s nommer

Buitestoep area

Huur

 

Z1      – huur w/s

35

Stoep met dak

R5 050

Sluit krag in

Z2      – huur kamer

22

Klein deel stoepie

R3 400

Sluit krag in

Z3      – huur kamer

22

Klein deel stoepie

R3 400

Sluit krag in

Z4      – huur kamer

22

Klein deel stoepie

R3 400

Sluit krag in

Z5      – huur kamer

22

Klein deel stoepie

R3 400

Sluit krag in

Z6      – huur w/s

40

 

R6 100

Sluit krag in

Z7      – huur w/s

45

Oop stoep sonder dak

R6 500

Sluit krag in

Z10    – huur w/s

49

Oop stoep sonder dak

R6 700

Sluit krag in

Z11    – koop w/s

69

Voor en agter stoep onder dak

 

R2 400

Betaal heffing

Z12    – koop w/s

61

Agter stoep onder dak

R2 400

Betaal heffing

Z13    – koop w/s

49

Agter stoep onder dak

R2 400

Betaal heffing

ANNIE SCHILZ

Woonstel tipe

Krag

Huur/heffing

Enkel woonstel

27

Kragmeting
R1-53/eenheid

R3 840(36 eenhede)

Eenslaapkamer

41

Kragmeting
R1-53/eenheid

R1 920 (heffing)

  • oopeenhede)
  • Huurwoonstelle betaal 75% + Adminfooi + R100 sleuteldeposito (nie terugbetaalbaar)
  • Koopwoonstelle betaal R10 000 deposito
MACHTELD POSTMUS-
KOMPLEKS: TARIEWE

(Huis MacIntosh/Frans Boshoff/Johannes Postmus/Machteld Postmus)

Huurwoonstel

  • Eenmanwoonstel:  vanaf R4050.00 – Krag ongeveer R400.00 plus krag (elektrisiteit)
  • Een slaapkamer: vanaf R5800.00 Krag ongeveer R400.00 plus krag (elektrisiteit)

Woonregwoonstelle

  • Maandelikse heffing volgens woonstel se grootte plus krag (elektrisiteit)
    • Machteld Postmus woonreg – 3 slaapkamer: R4220.00(heffing) en krag ongeveer R600.00
    • Machteld Postmus woonreg – 2 slaapkamer: R3420.00 (heffing) en krag ongeveer R600.00
  • Frans Boshoff woonstelblok (1slk):  ongeveer R3110.00 per maand (krag uitgesluit)
  • Frans Boshoff woonstelblok (2slk):  ongeveer R3650.00 per maand (krag uitgesluit)

Behuising

  • Een slaapkamer in Riekie Boshoff R3260.00 tot R3300.00 (krag ingesluit) per kamer
  • Een slaapkamer  Huis McIntosh: vanaf R4930.00 tot R6780.00 krag ingesluit.
LOUIS TRICHARDT: TARIEWE

Louis Trichardt bied bekostigbare behuising met twee etes aan:

Behuising:

R4660.00 per maand (enkellopend)

  • R1500.00 Opnamefooi (Eenmalig nie terugbetaalbaar met huisverlating of afsterwe nie)

R6990-00 per maand (egpaar)

  • R2000-00 Opnamefooi (Eenmalig nie terugbetaalbaar met huisverlating of afsterwe nie).
TARIEWE

Kontak asb. mev. Natasha van Tonder kontak by (012) 3293623 vir meer inligting

MARIANA VAN TONDER

Mariana se opleiding as maatskaplike werker geskied aan die Universiteit van Pretoria (Tuks). Sy voltooi ook later haar haar meestersgraad in bestuur en bemarking van welsynsorganisasies hier.

Sy vertel dat daar destyds ‘n groot behoefte in Mokopane vir die versorging van bejaardes wat in die gemeenskap woon was. As maatskaplike werkerster van die plaaslike ouetehuis was sy dus deel van die span wat navorsing hieroor gedoen het. In 1986 word ‘n dienssentrum om die behoefte aan te spreek opgerig. Mariana bestuur dit vir 26 jaar. Dit is ook onder haar vaandel waartydens die Kierieklapper Kunstefees as fondsinsamelingsprojek tot stand kom.

Gedurende hierdie tyd tree sy ook op as dosent vir maatskaplike werk honneursstudente by Unisa se satelliet-kampus in Polokwane. Sy fasiliteer, assesseer en modereer vir verskeie kolleges. In 2004 word sy deur Ons Tuis: Piet Potgieter genader en sy aanvaar die bestuurderspos.

Mariana is ‘n weduwee, maar geseënd met drie kinders en vier kleinkinders. Staptogte, lees en borduurwerk is haar stokperdjies. Sy is ook veral lief vir reis en verken graag Suid-Afrika en ander lande.

Wees stil en weet ek is God!

ILSE MALAN

Ilse matrikuleer in 1989 as die oudste van sewe kinders onder uiterse moeilike omstandighede. Sy begin dadelik werk om haar ouers finansieël te help. In 1993 trou sy met ‘n wonderlike man en hul word geseën met twee kinders. Ilse is opgewonde om in 2021 ouma te word!

Haar liefdestaal is om te gee en te help waar sy kan. Ilse het van altyd af ‘n sagte plek vir bejaardes gehad en is dankbaar dat die Here bejaardesorg in 2015 oor haar pad gestuur het.

In haar aftyd spandeer sy graag tyd aan haar familie, netbal en verf. Sy is ook mal oor die buitelewe!

 

En God het mag om ALLE genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle ALTYD in ALLE opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

HENNIE VAN DER WALT

Hennie begin sy verpleegopleiding in 1986  by korrektiewe dienste en kwalifiseer as verpleegkundige deur SG Lourens Kollege in 1995. Hy voltooi verder ‘n diploma in kritieke sorg en werk daarna as eenheidsbestuurder by verskeie kritieke sorgeenhede in die Wes-Kaap en Gauteng.

In 2017 moes hy homself weens ‘n ligte beroerte uit kritieke sorg onttrek. Dit neem hom drie jaar om homself te rehabiliteer en sonder ‘n loopraam of kierie te loop. In 2020 doen die geleentheid hom op om sy tweede passie te volg: bejaardesorg. Hy is sedert Oktober 2020 ‘n permanente werknemer van Ons Tuis.

In sy spaartyd hengel Hennie graag en hy is baie lief vir diere — sy honde is sy alles. Hennie is getroud, maar het nie kinders nie.

As jy na die reënboog soek moet jy bereid wees om met die reën saam te leef.

SONJA STANDER

Sonja doen haar opleiding by die JG Strijdom Hospitaal vanaf 1983 tot 1986. Sy voltooi ook ‘n risikobestuursdiploma in 2002.

Haar passie is om diensbaar te wees en uiteraard bejaardesorg. Deur ‘n verskil in ‘n ander persoon se lewe te kan maak en vir hul liefde te gee is volgens haar ‘n voorsmakie van die hemel. Bejaardes het soveel kosbare lewenslesse waaruit ‘n mens daagliks kan leer. Hul laat jou besef dat oudword ‘n seën is, hou jou nedering en in voeling met die lewe.

Sonja se stokperdjies is lees, borduur en binneshuise versiering. Sy het twee dogters en al ‘n ouma!

When you love what you have, you have everything you want. Too blessed to be stressed.

SR JENNY WESSON

Sr. Jenny voltooi haar verpleegkunde graad aan die Universiteit van Kwazulu-Natal, asook ‘n meestersgraad in besigheid deur Wits Besigheidskool.

Haar verpleegkunde loopbaan skop op ‘n diamantmyn aan die Weskus af, maar kry gou momentum toe sy na Johannesburg verhuis. Haar indrukwekkende CV spog met jare se ondervinding in chroniese siektes, insluitende demensie.

Jenny se passie is om met demensie en Alzheimer se siekte pasiënte te werk. Sy verstaan die impak en omvang wat hierdie siektes op ‘n persoon, ‘n gesin en gemeenskap het en is daarom geroep vir die werk. Dit is haar gawe om hierdie persone met deernis en waardigheid te versorg en te verseker dat hul die lewe nog soveel as moontlik kan geniet.

Haar gunsteling tydsverdryf is om saam met haar man, John, te gaan voëlskyk, en om saam met haar gesin te wees. Sy het twee stiefdogters en twee wonderlike kleinkinders.


Mag God u altyd bewaar en lei!