Telefoon: 012 325 1857/8
Faks: 012 323 2127
E-pos: info@otmt.org
Adres: Malherbestraat 55, Capital Park, Pretoria, 0084
Reg.no: 1929/001702/08
NPO.no: 001-619
PBO.no: 93005396
© Kopiereg 2024 Ons Tuis (OTMT NPC). Alle regte voorbehou.
Developed by Edge Communications / Ontwikkel deur Edge Communications
(Annie Schilz/Uit en Tuis en Evelyn Vermooten)
EVELY VERMOOTEN
W/s nommer | m² | Buitestoep area | Huur | |
Y1 – huur w/s | 36 | R5 429 | Sluit krag in | |
Y2 – huur w/s | 38 | Klein stoepie | R5 723 | Sluit krag in |
Y3 – huur w/s | 45 | R6 720 | Sluit krag in | |
Y4 – huur w/s | 21 | Deel stoepie met Y3 | R3 497 | Sluit krag in |
Y5 – huur w/s | 25 | R3 885 | Sluit krag in | |
Y6 – huur w/s | 25 | R3 885 | Sluit krag in | |
Y7 – koop w/s | 41 | Oop stoep sonder dak | R2 426 | Betaal heffing |
Y8 – koop w/s | 38 | Oop stoep sonder dak | R2 468 | Betaal heffing |
UIT EN TUIS
W/s nommer | m² | Buitestoep area | Huur | |
Z1 – huur w/s | 35 | Stoep met dak | R5 303 | Sluit krag in |
Z2 – huur kamer | 22 | Klein deel stoepie | R3 570 | Sluit krag in |
Z3 – huur kamer | 22 | Klein deel stoepie | R3 665 | Sluit krag in |
Z4 – huur kamer | 22 | Klein deel stoepie | R3 612 | Sluit krag in |
Z5 – huur kamer | 22 | Klein deel stoepie | R3 623 | Sluit krag in |
Z6 – huur w/s | 40 | R6 405 | Sluit krag in | |
Z7 – huur w/s | 45 | Oop stoep sonder dak | R6 825 | Sluit krag in |
Z10 – huur w/s | 49 | Oop stoep sonder dak | R7 035 | Sluit krag in |
Z11 – koop w/s | 69 | Voor en agter stoep onder dak | R2 520 | Betaal heffing |
Z12 – koop w/s | 61 | Agter stoep onder dak | R2 646 | Betaal heffing |
Z13 – koop w/s | 49 | Agter stoep onder dak | R2 258 | Betaal heffing |
ANNIE SCHILZ
Woonstel tipe | m² | Krag | Huur/heffing |
Enkel woonstel | 27 | Kragmeting R1-53/eenheid | R4 274 (36 eenhede) |
Eenslaapkamer | 41 | Kragmeting R1-53/eenheid | R2 153 (heffing)
|
Sonja doen haar opleiding by die JG Strijdom Hospitaal vanaf 1983 tot 1986. Sy voltooi ook ‘n risikobestuursdiploma in 2002.
Haar passie is om diensbaar te wees en uiteraard bejaardesorg. Deur ‘n verskil in ‘n ander persoon se lewe te kan maak en vir hul liefde te gee is volgens haar ‘n voorsmakie van die hemel. Bejaardes het soveel kosbare lewenslesse waaruit ‘n mens daagliks kan leer. Hul laat jou besef dat oudword ‘n seën is, hou jou nedering en in voeling met die lewe.
Sonja se stokperdjies is lees, borduur en binneshuise versiering. Sy het twee dogters en al ‘n ouma!
When you love what you have, you have everything you want. Too blessed to be stressed.
Hennie begin sy verpleegopleiding in 1986 by korrektiewe dienste en kwalifiseer as verpleegkundige deur SG Lourens Kollege in 1995. Hy voltooi verder ‘n diploma in kritieke sorg en werk daarna as eenheidsbestuurder by verskeie kritieke sorgeenhede in die Wes-Kaap en Gauteng.
In 2017 moes hy homself weens ‘n ligte beroerte uit kritieke sorg onttrek. Dit neem hom drie jaar om homself te rehabiliteer en sonder ‘n loopraam of kierie te loop. In 2020 doen die geleentheid hom op om sy tweede passie te volg: bejaardesorg. Hy is sedert Oktober 2020 ‘n permanente werknemer van Ons Tuis.
In sy spaartyd hengel Hennie graag en hy is baie lief vir diere — sy honde is sy alles. Hennie is getroud, maar het nie kinders nie.
As jy na die reënboog soek moet jy bereid wees om met die reën saam te leef.
Ilse matrikuleer in 1989 as die oudste van sewe kinders onder uiterse moeilike omstandighede. Sy begin dadelik werk om haar ouers finansieël te help. In 1993 trou sy met ‘n wonderlike man en hul word geseën met twee kinders. Ilse is opgewonde om in 2021 ouma te word!
Haar liefdestaal is om te gee en te help waar sy kan. Ilse het van altyd af ‘n sagte plek vir bejaardes gehad en is dankbaar dat die Here bejaardesorg in 2015 oor haar pad gestuur het.
In haar aftyd spandeer sy graag tyd aan haar familie, netbal en verf. Sy is ook mal oor die buitelewe!
En God het mag om ALLE genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle ALTYD in ALLE opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
2 Kor 9:8
Mariana se opleiding as maatskaplike werker geskied aan die Universiteit van Pretoria (Tuks). Sy voltooi ook later haar haar meestersgraad in bestuur en bemarking van welsynsorganisasies hier.
Sy vertel dat daar destyds ‘n groot behoefte in Mokopane vir die versorging van bejaardes wat in die gemeenskap woon was. As maatskaplike werkerster van die plaaslike ouetehuis was sy dus deel van die span wat navorsing hieroor gedoen het. In 1986 word ‘n dienssentrum om die behoefte aan te spreek opgerig. Mariana bestuur dit vir 26 jaar. Dit is ook onder haar vaandel waartydens die Kierieklapper Kunstefees as fondsinsamelingsprojek tot stand kom.
Gedurende hierdie tyd tree sy ook op as dosent vir maatskaplike werk honneursstudente by Unisa se satelliet-kampus in Polokwane. Sy fasiliteer, assesseer en modereer vir verskeie kolleges. In 2004 word sy deur Ons Tuis: Piet Potgieter genader en sy aanvaar die bestuurderspos.
Mariana is ‘n weduwee, maar geseënd met drie kinders en vier kleinkinders. Staptogte, lees en borduurwerk is haar stokperdjies. Sy is ook veral lief vir reis en verken graag Suid-Afrika en ander lande.
Wees stil en weet ek is God!
Kontak asb. mev. Natasha van Tonder kontak by (012) 3293623 vir meer inligting
Opnamefooi = R1,500.00 enkelpersoon(eenmalig en nie terugbetaalbaar nie)
Opnamefooi = R2,000.00 egpaar (eenmalig en nie terugbetaalbaar nie)
Louis Trichardt bied bekostigbare behuising met twee etes aan:
Behuising:
(Huis MacIntosh/Frans Boshoff/Johannes Postmus/Machteld Postmus)
Huurwoonstel
Woonregwoonstelle
Behuising
Opnamefooi (nie terugbetaalbaar) R1500 per persoon
Opnamefooi (nie terugbetaalbaar) R2000 egpaar
Houtsleutelhouertjie met inligting R8 per persoon
Kos Bakkies R60 per persoon
Sleutel Deposito R100 per persoon
Afdak R 110 per maand
Versorging (met ‘n inkomste van meer as R2,200.00 pm) = R11,371.50 per maand
Versorging (met ‘n inkomste van minder as R2,200.00 pm) = R9,712.50 per maand
Opnamefooi = R1,500.00 (eenmalig en nie terugbetaalbaar nie) terugbetaalbaar nie)
R10 250 plus R1 500 opnamefooi per persoon (eenmalig en nie terugbetaalbaar nie)
Eenmalige en nie-terugbetaalbare administrasiefooi: | R1 500 |
Eenmalige en nie-terugbetaalbare administrasiefooi per egpaar: | R2 000 |
Maandelikse losies per persoon: | |
Inkomste minder as R2 000 p.m. | R9 340 (dubbelkamer) |
R9 450 (enkelkamer) | |
Inkomste meer as R2001 p.m. | R11 280 (dubbelkamer) |
R11 400 (enkelkamer) | |
Enkelbesetting van dubbelkamer (ongeag inkomste) | R14 220 |
LET WEL: JAARLIKSE LOSIESVERHOGING IN JULIE | |
Maandelikse losies sluit die volgende in: | |
– 24 uur mediese versorging | |
– Medikasiekontrole | |
– 3 Maaltye met teetye tussenin | |
– Wasgoed word weekliks gewas | |
– Kamers word weekliks skoongemaak | |
– Beddens word opgemaak | |
– Arbeidsterapie | |
– Dienste rakende maatskaplike werk | |
LET WEL: GEEN DOEKE EN MEDIKASIE WORD INGESLUIT NIE | |
Daar is ʼn haarsalon op die perseel wat privaat bedryf word. |
Ilanie is ouer as wat sy lyk.
Sy het ʼn graad in film en televisieproduksie, maar het reeds in haar studentejare al begin werk as administratiewe beampte by haar oom se maatskappy. As gevolg van die ondervinding wat sy daar opgedoen het, het sy besluit om in die administratiewe rigting te bly en dit is hoe sy by Machteld Postmus begin het.
Ilanie het film gaan studeer weens haar liefde vir stories en sy sê dit is een van die gunsteling aspekte van haar werk – om al die inwoners se interessante verhale, ervarings en staaltjies te hoor. Sy word daagliks inspireer deur die inwoners wat voluit leef met ʼn positiewe gesindheid, liefdevolle persoonlikhede en barmhartige harte.
In haar vrye tyd spandeer Ilanie graag tyd saam met haar twee hondekinders, haar Skotse Terriërs. Sy hou ook van lees, saam met haar ma of vriendinne in koffiewinkels kuier en is baie lief vir die see.
It’s not happiness that makes us grateful but GRATEFULNESS that makes us HAPPY!
Anelieze was deur die jare werksaam as omgewingsgesondheidsbeampte by verskeie munisipaliteite.
Haar gunsteling tydverdryf is naaldwerk, kreatiewe handewerk en die versorging van haar baie groot roostuin.
Lewe elke dag met ʼn lied in jou hart.
Sr. Jenny voltooi haar verpleegkunde graad aan die Universiteit van Kwazulu-Natal, asook ‘n meestersgraad in besigheid deur Wits Besigheidskool.
Haar verpleegkunde loopbaan skop op ‘n diamantmyn aan die Weskus af, maar kry gou momentum toe sy na Johannesburg verhuis. Haar indrukwekkende CV spog met jare se ondervinding in chroniese siektes, insluitende demensie.
Jenny se passie is om met demensie en Alzheimer se siekte pasiënte te werk. Sy verstaan die impak en omvang wat hierdie siektes op ‘n persoon, ‘n gesin en gemeenskap het en is daarom geroep vir die werk. Dit is haar gawe om hierdie persone met deernis en waardigheid te versorg en te verseker dat hul die lewe nog soveel as moontlik kan geniet.
Haar gunsteling tydsverdryf is om saam met haar man, John, te gaan voëlskyk, en om saam met haar gesin te wees. Sy het twee stiefdogters en twee wonderlike kleinkinders.
Mag God u altyd bewaar en lei!