Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
 
 
NEEM ‘N GROOTOUER AAN
 

Dié inisiatief moedig ondersteuners aan om by die emosionele welstand van ‘n spesifieke afgesonderde bejaarde betrokke te raak. Daar is meer as 300 bejaardes in wie se lewe jy ‘n verskil kan maak deur vir enige een van hulle ‘n bederfpakkie te stuur, ‘n briefie te skryf of telefonies of via WhatsApp met hulle kontak te maak.

Jy kan kies om vir enige grootouer van jou keuse 'n bederfpakkie te stuur of kontak met hulle te maak.

Hoe werk dit?

  1. Kies 'n tehuis.
  2. Kies 'n grootouer vanaf die spesifieke tehuis se lys.
  3. Kies 'n opsie om kontak te maak of 'n bederfpakkie te stuur en voltooi die vorm op die webtuiste om jou aansoek in te dien.

Besoek ons webtuiste vir meer besonderhede.

   
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

Wat ‘n ongelooflike belewenis was dit as Besturende Direkteur van die maatskappy, Ons Tuis, om te sien hoe mense se harte oopgegaan het vir ons bejaardes.

Deur die NEEM ‘N GROOTOUER AAN-veldtog het persone van heinde en verre met inwoners kontak gemaak deur middel van kommunikasie, briefwisseling of die gee van geskenke wat ‘n groot positiewe impak op ons inwoners gehad  het. Dié optrede was ‘n duidelike boodskap van “ons reik uit en ons gee om.” Dit maak beslis ‘n ongelooflike verskil in die lewens van ons inwoners.

Daar was verskeie  onbeskryflike oomblikke en opgewondheid op ons inwoners se gesigte wanneer hul ‘n boodskap, brief of geskenk ontvang het. Hulle kon nie wag om in hulle kamer of woonstel te kom om die verrassing oop te maak nie, hetsy brief of geskenk.

Ons het nie genoeg woorde om ons dank en waardering oor te dra aan die persone (engele) wat ‘n verskil maak en vreugde bring in die lewens van ons bejaardes.

Dit was net weereens ‘n bewys dat ons as Suid-Afrikaners kan saamstaan vir ‘n goeie doel.

Vriendelike groete

Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur van Ons Tuis

 
 
ONS TUIS
 
Seniorstuis Dienssentrum
Ons Tuis Riviera
Louis Trichardt