Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang.
 
 
NEEM ‘N GROOTOUER AAN
 

Jy het nog tot Vrydag, 18 Desember 2020 kans om ‘n grootouer aan te neem vir Kersfees.

Jy kan kies om vir enige grootouer van jou keuse 'n Kersgeskenk of Kerskaartjie te stuur of kontak met hulle te maak.

Hoe werk dit?

  1. Kies 'n tehuis.
  2. Kies 'n grootouer vanaf die spesifieke tehuis se lys.
  3. Kies 'n opsie om kontak te maak of 'n bederfpakkie te stuur en voltooi die vorm op die webtuiste om jou aansoek in te dien.

Besoek ons webtuiste vir meer besonderhede.

   
 
KERSBOODSKAP
 

Die Bestuur en personeel van die Ons Tuis groep het ‘n ongelooflike jaar met unieke uitdagings en ervaringe beleef. Nie net was ons blootgestel aan ‘n nuwe virus-pandemie wat die hele wêreld op sy kop gedraai het nie, maar het ons weereens besef dat Suid Afrika ‘n land van omgee is, met barmhartige samaritane wat nie geskroom het om tydens die grendeltydperk navore te tree met oop harte en hande.

Hiermee wens ek elke inwoner, personeellid, bestuurder en Ons Tuis families ‘n Geseënde Kersfees toe. Mag u kersmandjie gevul wees met liefde, vrede, geluk en samesyn.

‘n Voorspoedige Nuwe Jaar word u toegewens, gevul met voorspoed, vreugde en goeie gesondheid.

Mag die Here u behoed, beskerm en bewaar op u 2021 lewensreis.

Vriendelike Ons Tuis groete

 
 
NABY AAN AFTREDE? KIES SÓ DIE REGTE BEHUISING.
 

Aftrede bring opnuut beplanning rondom behuising en dié keer kan dit ʼn moeiliker keuse wees as voorheen.

Om weer te moet besluit waar jy gaan bly kan dalk voel of jy weer vir die eerste keer nesskop maar die keer verg dit meer beplanning aangesien dit moontlik die laaste keer gaan wees wat jy trek en jou finansiële posisie speel natuurlik ook ʼn rol.

 
 
ONS TUIS
 
Ons Tuis Piet Potgieter
Seniorstuis Dienssentrum
Andries-Marie Oosthuizen
 
Emily Hobhouse
Ons Tuis Riviera