Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

Hoewel die jaar met grendeltyd afgeskop het, is ons vol hoop en vertrou dat ons hierdie jaar met groot entoesiasme sal aanpak. Ons is bewus van die geweldige impak wat die inperkings op besoeke, as gevolg van die Covid-19 pandemie, op ons inwoners het. Die bestuur en personeel van die Ons Tuis-groep wil weereens ons dankbaarheid betuig vir u begrip en samewerking om almal se gesondheid eerste te stel.

Van ons kant af wens ons u ‘n jaar vol hoogtepunte toe. Om mee af te skop sien ons met groot opwinding uit na die 100ste verjaardag van tannie Tossie Gouws (Ons Tuis Riviera) op Valentynsdag. By voorbaat wil ons haar gelukwens met hierdie besonderse viering.

Die doel van hierdie skrywe is om nuus uit elke oord te deel en ons as ‘n familie saam te bind. Met groot vreugde wil ons aankondig dat elke oord in die toekoms ook sy eie gedrukte nuusbrief, met meer gefokusde inligting betrekking op die inwoners, sal ontvang.

Mag ons altyd opkyk na Bo. Mag ons nooit moedeloos raak nie. Mag ons elke dag herinner word aan God se genade en dat Hy ons beskermer is.

Vriendelike groete
Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

   
 
ONS TUIS NUUS
 
PRETTIGE FONDSINSAMELING BY EMILY HOBHOUSE

Jaarliks pak die bejaardes van Ons Tuis Emily Hobhouse kaste reg en hou hul ‘n, soos hulle dit noem, rommelverkoping. Omdat Covid-19 hul gestuit het om kopers van buite te betrek en fondse só te-in, is items onder die inwoners verpand. Die skenkings en tweedehandse klere is daarna aan behoeftiges geskenk. 

 Almal het die dag terdeë geniet en ‘n bedrag van R1,560 is ingesamel. Daar word beplan om inwoners op Valentynsdag met hierdie fonds te bederf.

 
TANNIE NAOMI VAN EH RAAK 80!

Tannie Naomi Schoeman, wat amper nege jaar by Emily Hobhouse woon, het 23 Januarie 80 geword! Haar kinders in Australia het haar met die mooiste bosse blomme bederf. Namens die Ons Tuis-familie wil ons haar hartlik geluk wens met hierdie pragtige ouderdom — mag die nuwe lewensjaar net die beste inhou!

 
FRIK VAN AMOT FLOREER TYDENS INPERKING

Frik du Plessis van Andries Marie Oosthuizen tehuis op Parys het nie toegelaat dat die inperking sy lewenslustige geesdrif onderdruk nie! Sy tuin floreer netso tydens die inperking...'n lus vir die oog en 'n uitsig duisend vanuit sy swembad.

 
GESONDHEID KOM EERSTE

Met die oog daarop om ons inwoners veilig te hou, is Piet Potgieter en die Seniorstuis Dienssentrum onlangs gesaniteer.

 
WARE VRIENDSKAP

Wanneer jy na die kosbare oomblikke tussen Andries Marie Oosthuizen tehuis se oudste inwoner, me. Schűtte (links), en me. Durand kyk, kry die woorde van Spreuke betekenis: 'n Vriend wat naby is, is beter as 'n broer wat vêr is.

 
EMILY HOBHOUSE MAAK TUIN

Die inwoners van Ons Tuis Emily Hobhouse het groen vingers. Hul kan voorwaar trots wees op hul pragtige tuine!

 
 
GROOTOUERVELDTOG
Daar is steeds tyd om ‘n grootouer aan te neem!
 

Hoewel die fantastiese veldtog uiters geslaagd was, is daar steeds bejaardes wat nog nie aangeneem is nie.

Ons moedig dus steeds die publiek aan om by bejaardesorg betrokke te raak deur ‘n bederfpakkie, briefie, Whatsapp en/of oproep te maak.

Besoek gerus ons webtuiste hoe om deel van die Ons Tuis-familie te raak.