Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

November is bewusmakingsmaand vir ouer persone se probleme. Oud of jonk ja, as mens ‘n rede soek om te kla sal jy iets vind! Maar om te leef met die vooruitsig dat die glas half vol is, kan ‘n doelgerigte keuse wees. En dít is die durf waarmee Ons Tuisers elke dag mee afskop!

Om die fokus wel op die erns en behoeftes van bejaardesorg te plaas en Wêreld Kinderdag (20 November) te vier, word ‘n opwindende projek in samewerking met Lig in Duisternis Uitgewers eersdaags geloods.

Ons Lig Luisterstories sal ons terugploeg en geskenk aan die Afrikaanssprekende jeug hierdie feesseisoen wees! Dit bestaan uit ‘n interkatiewe boekrak met vier stories wat deur ons inwoners voorgelees en op ‘n kreatiewe manier aangebied word.

Ons betuig graag ons dank aan Lig in Duisternis Uitgewers wat hierdie boeke vir die projek beskikbaar stel. Hou gerus ons sosiale media dop sodat jul nie die bekendstelling hiervan misloop nie!

Internasionale bergdag word ook in Desember gevier. Ons moedig inwoners aan om ander met hul storie oor ‘n “berg” — fisies of emosioneel — wat hul al oorkom het deur ons te deel. Jou verhaal is dalk net die motivering of die teken van hoop wat iemand anders nodig het.

Een ding is nie twee nie, ons gaan 2021 beslis op ‘n hoogtepunt afsluit!

Vriendelike groete
Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

 
 
ONS TUIS NUUS
 
ONS TUIS IN DIE MEDIA

In lig van geestesgesondheidsdag op 10 Oktober, het Ons Tuis ‘n paar wenke deur ‘n mediaverklaring gedeel hoe om geheueverlies te bestuur.

‘n Gebalanseerde dieët het ‘n geweldige invloed op ‘n persoon se fisiese en geestelike welstand. So wanneer ‘n mens hierdie tema aanspreek kry die gesegde dat ‘n appel ‘n dag die dokter laat wag amper opnuut weer betekenis, sê Ons Tuis se woordvoerder, Heleen van As. Kliek gerus hier vir die Afrikaanse mediaverklaring of lees Nutritious meals most important as one gets older soos wat hy verskyn het in die nuus in Engels.

 
ONS TUISERS WORD KUNSWERKE

Die kunstenaar, Yolanda van Heerden-Kuun, het inwoners van Ons Tuis Piet Potgieter op 14 Oktober kom besoek. Van hulle het ook die voorreg gehad dat sy hul skets. Onder wie tannie Blommetjie Mulder, wat in September 100-jaar oud geword het, en tannie Dollie Nieuwoudt.

 

 
HAWAII FUNKSIE BY MPK

Ons Tuis Machteld Postmus Kompleks hul Smaragdespanfunksie met ‘n Hawaii-tema op 21 Oktober aangebied. By die geleentheid is gedigte voorgedra, burgers gebraai en draairoomyse geniet! Inwoners en personeel het ‘n heerlike dag buite in die sonskyn geniet.

 

 
DIS HEERLIKE LENTE

Ons Tuis Emily Hobhouse hou ‘n lentebraai op 6 Oktober. As ‘n mens wil, sal jy altyd ‘n rede vind om die lewe te vier!

 

 
SPELETJIES HOU DIE BREIN JONK EN GEES GESOND

Ons Tuis bied ‘n verskeidenheid vrywillige programme en aktiwiteite daagliks aan om aktiewe veroudering te bevorder en inwoners as ‘n familie saam te bind. Die span van Ons Tuis Emily Hobhouse het op 30 Oktober ‘n Scrabble kompetisie gehou.

 

 
BOBAAS BRAAIMEESTERS

Ruben van Wyk en Piet de Kock is Ons Tuis Machteld Postmus Kompleks se staatmakers rondom ‘n braaivleisvuur!

 
RIVIERA HOU SKOUSPEL

Ons Tuis Riviera bied het ‘n ongelooflike vermaak op die planke gebring vir ‘n skouspel wat op 28 Oktober gehou is. Daar is behoorlik hande geklap en gelag. As jy opsoek is na ‘n aftreeplek wat aktiewe veroudering promofeer, is Ons Tuis gedoriewaar die regte keuse vir jou!

 
 
LEERSAME KREATIWITEITSKLAS

‘n Kreatiwiteitsklas is op 20 Oktober by Ons Tuis Machteld Postmus aangebied. Tot van die personeel het die geleentheid gekry om oulike blompotte te maak. Elkeen kon hul eie inisiatief inspan om hul kreatiwiteit uit te leef.

 

 
VAARWEL MAAR NIE TOTSIENS

Ons Tuis Machteld Postmus Kompleks moet in 2021 vir drie inwoners totsiens sê: Johanna Pistorius, oom Saal Barnard ('n bok vir sports) en Kiewiet Opperman wat in Desember verhuis.

 

 
ONS TUIS STEM OOK

Om demokrasie in ‘n land te verseker is dit belangrik dat elke landsburger sy stemreg uitoefen. ‘n Spesiale verkiesingsdag is op 30 Oktober vir bejaardes by Ons Tuis Piet Potgieter gehou.

 
BRILLE EN PILLE RALLY

‘n Feestelike stemming het op Saterdag 6 November in Mokopane (Potgietersrus) met die jaarlikse Ons Tuis Brille en Pille Pretdag geheers! Van die aktiwiteite wat plaasgevind het was ‘n 5km pretdraf (‘colour run’), basaar en natuurlik die motorfietse wat ten bate van bejaardesorg gebrul het. Nagenoeg 300 motorfietse het deelgeneem! Ons sal in ons volgende nuusbrief meer terugvoer hieroor gee.

Baie dankie vir Mariana van Tonder van Ons Tuis Piet Potgieter en haar span vir die puik organisering van hierdie suksesvolle fondsinsamelingsprojek. Lees gerus meer hier.

 

 
REUSE AFVALPOT

Inwoners geniet van Ons Tuis Piet Potgieter het op 6 Oktober ‘n tradisionele afval geniet uit hierdie reuse pot! Freddie Smit is die geesdriftige kok.

 
HIEP HIEP HOERA

Veels geluk die volgende besonderse persone wat in Oktober verjaar het:

Die oudste inwoner van Machteld Postmus Kompleks, tannie Frieda Bezuidenhout, het op 1 Oktober haar 92ste verjaarsdag gevier. Sy en haar ontslape eggenoot, Luther, het in 1999 hier ingetrek. Sy is geseënd met drie kinders, ses kleinkinders en tien agter-kleinkinders.
Volgens die bestuurder, Ilse Malan, is sy is altyd 'n toonbeeld van elegansie en is haar positiewe uitkyk op die lewe waarlik 'n inspirasie. Sy ontwerp en maak steeds die pragtigste kaartjies wat sy met geparste blommetjies versier.

‘n Hoogtepunt wat vir haar uitstaan is haar 90ste verjaarsdag wat sy met ‘n familie-ete gevier het, en ook hoe sy naskool by die Melkraad begin werk en vinnig tot hoofdame gevorder het. Iets wat haar ook altyd sal bybly is dat haar moeder slegs vier maande voor haar 100ste verjaarsdag afgesterf het en dat haar ouers 67 jaar gelukkig getroud was.

Tannie Anna Deale van Ons Tuis Andries Marie Oosthuizen in Parys het haar 92ste verjaarsdag op 21 Oktober gevier. Sy is so ‘n goeie voorbeeld vir almal: altyd netjies geklee en met ‘n huppel in haar stap. Haar dogter het hierdie spesiale teepot koek laat bak vir haar moeder se verjaarsdag.

Die voorsitter van die inwonerskomitee van Ons Tuis Piet Potgieter se verjaarsdag is ook behoorlik op 26 Oktober gevier!

Daar is op 29 Oktober ‘n gesamentlike verjaardagtee by Ons Tuis Machteld Postmus Kompleks aangebied vir almal wat in September en in Oktober verjaar het.

 

 
ONS SOEK JUL STORIES

11 Desember is Internasionale Bergdag! Ons wil graag stories van Ons Tuis inwoners en personeel insamel wat ons in November tot Januarie wil uitrol as deel van 'n "berg"-projek.

Ons moedig Ons Tuis inwoners en personeel aan   om die "berge" in jul lewe — wat jul fisies of emosioneel al oorkom het — met ons te deel. Hetsy die afsterwe van 'n geliefde, 'n gevreesde siekte wat jul oorwin het of dalk was party van hulle dapper stappers wat 'n avontuur het wat hul nog graag met ander wou deel.

 
PAYFAST

Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is Ons Tuis toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings. Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op die prys stel. U kan donasies maak deur Payfast