|
Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier
|
|
|
|
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR |
|
TTerwyl 15km se kersliggies tans die strate van Mokopane tydens Ons Tuis: Piet Potgieter se jaarlikse Liggiefees verlig, tel baie van ons die dae af om Kerstyd saam met ons geliefde families te spandeer of dalk skoene op ‘n ander plek as ‘huis’ uit te skop na ‘n uitdagende jaar.
Ons Tuis kyk egter met positiewe oë terug op ‘n meelewende jaar met ‘n paar besonderse verjaarsdae van inwoners wat die mooie ouderdom van 100 of meer bereik het, fondsinsamelingsprojekte, spesiale funksies en etes wat deur oorde aangebied is, borgskappe en besonderse skenkings wat deur die gemeenskap en weldoeners aangebied is, die |
‘Neem ‘n grootouer aan’-projek wat weer posgevat het tot die oulike Ons Lig Luisterstorie veldtog waarmee ons kan terugploeg in die jeug!
Waar 2021 ons amper vaarwel roep, staan ons as personeel ook terug met verwondering en dankbaarheid:
Selfs ‘n mossie het ‘n nes en ‘n swaeltjie ‘n plek vir haar kleintjies daar by u altare, Here, Almagtige, my Koning en my God! ~ Psalms 84:4
Wees veilig en geniet hierdie feesseisoen!
Vriendelike groete
Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis |
|
|
|
ONS TUIS NUUS |
|
PIET POT HOU JAAREINDFUNKSIE |
Die afdelingshoofde van Ons Tuis: Piet Potgieter het ‘n merkwaardige jaareindfunksie op 28 Oktober geniet waar hul geskilder het.
|
|
|
|
ALZHEIMER’S PATIENTS COMPOSES SONGS |
|
During their last music therapy session — with 15 residents from Ons Tuis: Van Rensburg’s Alzheimer's section — on 19 November the two students did a song composing exercise. Each group had to contribute a line to words in order to make up the lyrics of a new song! Here is the creative outcome: |
|
|
|
|
KERSKOEKIE KREATIWITEITSKLAS |
Inwoners van Machteld Postmus het hul laaste kreatiwiteitsklas vir 2021 op 24 November met die versiering van kerskoekies afgesluit. Stel jouself voor hoe heerlik hierdie mooi koekies saam met ‘n koppie tee gesmaak het!
|
|
|
|
KERSETE ALTYD ‘N KALENDERHOOGTEPUNT |
Seniorstuis Dienssentrum het hul kersete op 24 November gehou.
|
|
Ons Tuis: Andries Marie Oosthuizen se “hoe rooier, hoe mooier” kersete het op 1 Desember plaasgevind. Afgesien van ‘n smaaklike ete is daar kersliedere (onder begeleiding van Susan Myburgh) gesing, ds. Juan de Beer het 'n boodskap van vreugde en hoop gebring en mnr. Le Grange het inwoners en personeel toegespreek. Inwoners is ook met geskenkies van NHSV Meyerton bederf. |
|
|
|
|
|
DIAMANTBRUILOF VIR DIE BRAYSHAWS VAN MACHTELD POSTMUS |
Wanneer die voorreg jou toeval om in goeie gesondheid jou sestigste huweliksherdenking te vier is dit besonders. Maar soveel méér as jou jarlelange vriend en strooijonker, ds. Daan van Wyk, dit kan meemaak en julle elke dag kan saamkuier omdat jul in dieselfde aftree-oord woon!
Hierdie feestelike stemming het by Ons Tuis: Machteld Postmus in Pretoria afgespeel toe ds. Nico (83), ‘n emeritus predikant van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA), en Henriëtta (81) Brayshaw hul diamantbruilof op 25 November gedenk het.
Lees gerus die volledige mediaverklaring hier of kliek vir die berig soos hy in Beeld verskyn het.
|
|
|
|
KERSLIEDERE BY KERSLIG |
Machteld Postmus het op 30 November ‘n “Carol's by Candlelight” gehou. Die kerssangliedere is deur Silwersounds begelei en inwoners het worsbroodjies en vrugtesap geniet. Hierdie feestelike atmosfeer het die Kersfeesgees beslis by die inwoners wakker gemaak. Hul betuig graag hul dank aan die kantoorpersoneel vir die reëlings en die pragtige dekor.
|
|
|
|
KERSBEDERF DEUR OUMA & OUPA PROJEK |
Kersfees het vroeg vir Ons Tuis: Riviera gekom toe daar op 2 Desember ‘n klomp geskenke van die ‘Ouma & Oupa’-projek by hul afgelaai is.
Volgens Natasha van Tonder, maatskaplike werker van Ons Tuis, kies die projek jaarliks ‘n paar tehuise in die Pretoria-omgewing wie hul met ‘n pakkie kan bederf. Die geluk het inwoners van Ons Tuis: Riviera te beurt geval en elkeen kon ‘n wenslysie skryf. Dít is dan na die organiseerders van die projek gestuur wat donateurs kry om in die behoeftes te voorsien.
Die inwoners was oorweldig en opgewonde soos kinders toe hul die geskenke ontvang het. Baie kon nie eers meer onthou waarvoor hul gevra het nie so die bederfboks was ‘n totale verassing! Geskenkpakkies — van klein na groot, lig na swaar — is uitgedeel, elkeen spesiaal op sy eie manier. Namens die bejaardes sê ons baie, baie dankie vir hierdie wonderlike inisiatief!
|
|
|
|
|
BRUG APTEEK BORG RIVIERA KERSFUNKSIE |
Brug apteek het op 3 Desember 2021 ‘n kersfunksie vir Ons Tuis: Riviera in die vorm van ‘n karnaval gehou. Twee sangers, Rayan Leroy Webster en Johan Piek, het die inwoners met hulle musiektalente betower, daar was speletjies, ‘n pragtige fotohoekie waar inwoners die herinnering aan die dag kon vasvang asook ‘n verskeidenheid van lekkernye en kos, waaronder pap en kaaings van Oppi-plaas. Ons sê ook baie dankie aan Aircycle wat ook ‘n borg was.
|
|
|
|
EMILY HOBHOUSE HANDWERKKOMPETISIE |
Ons Tuis: Emily Hobhouse bied jaarliks ‘n handwerkkompetisie vir inwoners aan. Die drie kategorieë waarin daar deelgeneem word is: brei, hekel en materiaal. Baie geluk aan die volgende wenners wat op 3 Desember aangekondig is:
Brei Wenner: Dennie Rust
Hekel Wenner: Rita Rossouw
Materiaal Wenner: Veronica van Zyl
|
|
|
|
SPOGTYD BY DIE MINIMARK |
Machteld Postmus Kompleks se laaste minimark is op Saterdag, 4 Desember 2021, gehou. Hierdie geleentheid gee inwoners die kans om hul stokperdjies uit te stal sodat ander kan sien waarmee hulle hulself tydens die Covid-19 grendeltyd besig gehou het. Daar is geen twyfel dat Ons Tuis inwoners baie kreatief is nie! Die prettige dag is met heerlike pap, wors en sous verkoping afgesluit.
|
|
|
|
PAYFAST |
Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is Ons Tuis toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings. Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op die prys stel. U kan donasies maak deur Payfast
|
|
|
|
|
|
|