Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

Dit is moeilik om te glo nog ’n maand propvol gebeure is byna iets van die verlede nie. Tot dusver is 2022 ’n jaar waar ons Tehuise en hul inwoners deurentyd aktief en besig bly.

In Mei was ons Moedersdag-vieringe beslis die hoogtepunt. Ek is diep dankbaar vir elke groep en organisasie wat dit op hul harte gehad het om Ons Tuis-tehuise se moeders op die spesiale dag te bederf. Dit is so dat van ons tehuise se moeders nie meer geliefdes het om hulle ekstra spesiaal te laat voel nie en ofskoon niemand die leemte wat daar is deur dié familie en vriende kan vul nie, maak dit wel ’n reuse-verskil as .

iemand die tyd neem en wel ons moeders se harte laat warm klop

Nogmaals dankie aan almal wat op 8 Mei die dag opsy gesit het, vir ons moeders.

Die jaarlikse Tooi Turkoois-veldtog het ook hierdie maand afgeskop.  Die inisiatief van die Nederduitsch Hervormende Kerk het al diep spore getrap en ons sien met groot afwagting uit na hoe ons bejaardes vanjaar die Tooi Turkoois-veldtog gaan geniet.

Vriendelike groete
Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

 
 
ONS TUIS NUUS
 
EMILY HOU KOEKKOMPETISIE

Emily Hobhouse-tehuis het ’n koekbak-kompetisie gehou en Matrone Sonja Stander was die wenner! André Strydom en Neelsie Bruwer was onderskeidelik tweede en derde met hul skeppinge.

 

 
ROLSTOELE VIR PIET POTGIETER

Ons Tuis se Piet Potgieter-tehuis het die afgelope week twee rolstoele van die sweethearts-stigting ontvang.

Ongeveer die helfte van dié tehuis se verswakte inwoners gebruik rolstoele.

“Die skenking van twee rolstoele maak ’n groot impak en ons is oneindig dankbaar aan die sweethearts-stigting wat ons so ongelooflik ondersteun en ook verskeie ander instansies in Suid-Afrika. Ons land en sy bejaardes baat baie by ’n stigting soos die sweethearts en sy mense. Dit is harde werk, maar ek kan hulle verseker dat die harte hier in Piet Potgieter warm met dankbaarheid en waardering klop,” het Piet Potgieter-tehuis se bestuurder en maatskaplike werker mev. Mariana van Tonder gesê.

Die sweethearts-stigting samel plastiek bottelproppies en broodsak-knippies regoor die land in om te herwin. Vir een rolstoel is sowat 450kg bottel-proppies – 70-80 swartsakke – of 50kg broodsak-knippies nodig.

Lees meer hier

 

 

 
TOOI TURKOOIS

Die jaarlikse Tooi Turkoois vir Bejaardes-inisiatief is van 15 Mei tot 15 Junie. Alle Suid-Afrikaners word genooi om hulself, hul strate en dorpe in turkoois te tooi vir bejaardes.

Die hoofdoel van dié projek is om fondse in te samel vir bejaarde ondersteuning. Tooi Turkoois skep ook die geleentheid om kritieke aspekte rondom bejaardes uit te lig en aan te spreek.

Die sigbare deel van die veldtog duur vanaf 15 Mei – wat Internasionale Familiedag is – tot 15 Junie – wat die Wêreld Bewustheidsdag vir Bejaardemishandeling is.

Die fokus is vanjaar op die Word Warm-projek. Tooi Turkoois se doel in 2022 is om die winterkoue vir dié wat blootgestel is, te verlig deur ’n verskeidenheid items, wat mense help om warm te word, te skenk aan dié in nood. Dit sluit die volgende items in: truie, serpe, baadjies, handskoene, langbroeke, kouse en skoene, musse, komberse, warm sop of ’n bord kos.

Lees meer hier

 

 

 

 
EENHEDE BESKIKBAAR

ONS TUIS bied bekostigbare, gehalte verblyf aan vir persone bo die ouderdom van 55. Ons besef dié skuif is vir geen party maklik nie, daarom wil ons u hand vat om te verseker u goue jare lewer pragtige herinneringe en stories om oor te vertel op.

Ons erken die behoefte aan veilige, geborge akkommodasie vir ouer persone en daarom bied ons ‘n verskeidenheid verblyfopsies: van selfsorgeenhede tot tehuise met gespesialiseerde sorg en dienste vir onder andere Alzheimers en demensie-pasiënte. Elk van ons agt tehuise, in  drie van SA se provinsies, spog met uitnemende residensiële fasiliteite.

ONS TUIS se meelewende kultuur heet graag almal welkom. Vrywillige programme en aktiwiteite om aktiewe veroudering te bevorder, bind ons as ‘n familie saam en maak dit verseker maklik om vinnig in te skakel en aan te pas.

Kom geniet die sorgelose dae waarvoor u so lank gewag het by ONS TUIS!

 

 
ONS LIG LUISTERSTORIES TERUGVOER

Indien u kleinkinders nog nie daarby uitgekom het om Ons Lig Luisterstories af te laai nie, moet u hul asb daaraan herinner. ‘n Skakel om die gratis, interaktiewe boekrak af te laai is beskikbaar op Ons Tuis se webwerf. Ons wil weereens ons dankbaarheid uitspreek teenoor Lig in Duisternis Uitgewers wat hierdie boeke aan ons beskikbaar gestel het.

Ook ‘n spesiale woord van dank aan ons vier lesers, almal bo die ouderdom van 80-jaar: Anna Marx (88) van Ons Tuis: Machteld Postmus, Dawn van Straaten (83) van Ons Tuis: Machteld Postmus, Freda Surtees (88) van Ons Tuis: Machteld Postmus en Jettie Booyse (81) van Ons Tuis: Riviera.

Vir meer inligting oor die projek luister gerus na die onderhoud wat op Pretoria FM geskied het op 13 Desember 2021.

 

 
PAYFAST

Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is Ons Tuis toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings. Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op die prys stel. U kan donasies maak deur Payfast.