Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

Ons Tuis het gedurende Augustus-maand beleef dat die lente op pad is! Die personeel en inwoners het sommer weer so ʼn ekstra huppel in die stap en was die maand vol gebeurlikhede by die onderskeie fasiliteite.

Met ʼn dankbare hart kom sê ons vir elke vrywilliger wat sy beursie of hart oopmaak en ook tyd aan ons fasiliteite afstaan – baie dankie.  Ons inwoners waardeer elkeen se opoffering.

Soos per aanhaling deur James Merrow: “Eensaam is nie ʼn gevoel wanneer jy alleen is nie; eensaam is ʼn gevoel wanneer niemand omgee nie.”

Dit is hier waar ek graag elke personeellid, bestuurder en vrywilliger wil bedank omdat julle vir ons inwoners genoeg gee en doen sodat hulle nie die gevoel van eensaamheid beleef nie. Met elke aktiwiteit wat aangebied word, is daar lag en gesels, en bring dit lewe in ons fasiliteite.

Mag ons almal die lente met afwagting begroet!

Vriendelike groete

Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

 
 
ONS TUIS NUUS
 
RIVIERA EN SENIORSTUIS DIENSSENTRUM (Pretoria)

Al 185 inwoners is met kolwyntjies bederf om die lente te verwelkom!

 

Daar is tans eenhede by Ons Tuis Riviera en Seniorstuis beskikbaar:

 
PIET POTGIETER (Mokopane/Potgietersrus)

Piet Potgieter hou op 24 September ʼn Ouer-Kind-dag waar Amore Bekker van RSG inwoners en familielede met haar Griekse tragedie met ʼn boere-kinkel sal vermaak.

Hierdie tehuis is ook op soek na fietse of fietsonderdele sodat hulle vanjaar vir Kersvader kan help om sy geskenke af te lewer! Laat weet asb. as jy kan help.

Daar is altyd tyd vir pret! Demensielyers ontvang sensoriese stimulasie vanaf arbeidsterapeute, en braaivleisvure het die nuwe seisoen aangekondig.

Kontak vir Mariana van Tonder by marianavt@otmt.org as jy in een van die volgende beskikbare eenhede belangstel:

Verswakte bejaardes:

  • 13 plekke

Huureenhede (woonstelle met kombuis, badkamer, woonkamer):

  • 12 x eenslaapkamer-eenhede

Te koop:

  • 2 x tweeslaapkamer-eenhede
  • 2 x eenvertrek-eenhede

 

 
ANDRIES-MARIÉ OOSTHUIZEN (Parys)

Ons inwoners se harte blom van dankbaarheid. Dankie aan Sadè van Staden vir die pragtige sonneblomruikers en aan Pula Build it vir die watertenk by die versorgingsafdeling.

Gedurende Augustus is vroue met kleurvolle uitrustings gevier en die jukskeispelers het die laaste winterkoue trotseer. As jy dalk op 24 September in Parys is, ondersteun hulle stalletjie, want dis waar jy die lekkerste spoorwegkoffie gaan kry!

Kontak gerus vir Teresa by amotbestuur@otmt.org of amotadmin@otmt.org as jy in verblyf belangstel. Die volgende eenhede is beskikbaar:

Ons het tans die volgende beskikbare verblyf in die tehuis self:

  • 2 Beddens in Versorging se 4-bedsaal (gedeelde geriewe)
  • 1 Bed in Versorging – enkelkamer (gedeelde geriewe)
  • Kamers in behuising (gedeelde geriewe)
  • Kamers in behuising (1 kamer met badkamer en sitkamergedeelte)

 
EMILY HOBHOUSE (Pretoria)

Oom Dawid (95) en tannie Milly (87) Muller was op 4 Augustus 69 jaar getroud!

 

Emily Hobhouse het tans die volgende beskikbare eenhede:

  • 1 x eenslaapkamer woonreg-eenheid by Kismet
  • 4 x klein kamers
  • 3 x groot kamers

Kontak gerus vir Anelieze by ehbestuur@otmt.org indien jy belangstel.

 

 
MACHTELD POSTMUS (Pretoria)

Daar is behoorlik gekoek en getee om om Junie, Julie en Augustus-verjaardae te vier! Loer gerus hier hoe lekker Machteld Postmus gekuier het!

Hier word ook rommelverkoping gehou op Vrydag 16 September. Kom maak gerus ʼn draai!

 
LOUIS TRICHARDT (Danville)

Ons Tuis Louis Trichardt het heelwat enkel- en dubbelkamers beskikbaar. Kontak gerus vir Vicky by ltbestuur@otmt.org indien jy sou belangstel.

Verblyf sluit twee etes, weeklikse wasgoed en skoonmaak in. Ons help ook met vervoer na en van hospitale en klinieke.

 

 
VAN RENSBURG

Mevrou Barth het haar 80ste verjaardag saam met familie, vriende en inwoners gevier!

Ons Tuis Van Rensburg het eenhede beskikbaar. Kontak gerus vir Jenny by vrbestuur@otmt.org indien jy sou belangstel.

Verblyf sluit etes, wasgoed, verpleging, terapie en skoonmaak in.

 
PAYFAST

Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is Ons Tuis toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings. Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op die prys stel. U kan donasies maak deur Payfast.