Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

'n Uittreksel uit Dans in die reën
deur Linda du Plessis

...
Kom ons dans in die reën
Polka dans in die melodie van die reën

kom ons dans in die reën
om ons liefde vir Hom uitbundig te kan vier
en ek almal teen my hart druk en draai en swaai
ons vreugde en lag met mekaar te kan deel

Kom ons dans in die reën
Foxtrot dans in die musiek van die reën

Jakkals trou met Wolf se vrou
as die son van genade deurbreek en ons vol drome
kaalvoet waterspore trap wat sprinkels op laat spat
en ons vergeet van gisters en van die seisoen toekoms van more

Kom ons dans in die reën
...

Vriendelike groete

Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

 
 
ONS TUIS AKTIWITEITSFOKUS
 
PIET POTGIETER (Mokopane/Potgietersrus)

Mariana van Tonder en die Piet Potgieter-span het vir 300 motorfietsryers gereed gemaak vir hulle jaarlikse Brille en Pille Rally en Pretdraf. Daar is hard gewerk en oraloor bemark.

Hou gerus die volgende nuusbrief dop vir terugvoering hieroor.

Kontak vir Mariana van Tonder by marianavt@otmt.org as jy in een van die volgende beskikbare eenhede belangstel:

Verswakte bejaardes:

  • 13 plekke

Huureenhede (woonstelle met kombuis, badkamer, woonkamer):

  • 12 x eenslaapkamer-eenhede

Te koop:

  • 2 x tweeslaapkamer-eenhede
  • 2 x eenvertrek-eenhede
  • 1 x drieslaapkamer-eenheid

 

 
ANDRIES-MARIÉ OOSTHUIZEN (Parys)

Om tuin te maak, pas perfek in by Ons Tuis se leuse van “aktiewe veroudering”. AMOT-inwoners het inderdaad groen vingers en het ook aan ʼn kompetisie deelgeneem om Nasionale Tuindag op 9 Oktober te vier.

Potjiekos, vrugteslaai en roomys het die dag ingekleur.

Kontak gerus vir Teresa by amotbestuur@otmt.org of amotadmin@otmt.org as jy in verblyf belangstel. Ons het tans die volgende beskikbare verblyf wat etes, skoonmaak en wasgoed insluit:

  • 1 Bed in Versorging se 4-bedsaal (gedeelde geriewe)
  • Enkelkamers in behuising (gedeelde geriewe)

 

 
EMILY HOBHOUSE (Pretoria)

Inwoners het die Roosfees by Ludwig's Roses bygewoon. Ludwig Taschner het ʼn paar wenke oor die versorging van roosbome gedeel.

Die Emily Hobhouse-dames is propvol kreatiwiteit en het die sementmeubels in die tuin met mosaïek opgekikker.

Emily Hobhouse het tans die volgende beskikbare huureenhede:

  • 1 x klein kamer met ʼn badkamer
  • 1 x klein kamer
  • 2 x groot kamers

Kontak gerus vir Anelieze by ehbestuur@otmt.org indien jy belangstel.


 
MACHTELD POSTMUS (Pretoria)

Kontak gerus vir Ilanie by mpbestuur@otmt.org of by 012 346 2418 as jy in verblyf belangstel. Die volgende eenheid is beskikbaar:

  • 1 x eenvertrek eenheid @ R4 170 p.m. (water ingesluit)


 
LOUIS TRICHARDT EN VAN RENSBURG (Danville)

Behalwe vir Ons Tuis se twee Danville-tehuise, naamlik Louis Trichardt (selfversorgende bejaardes) en Van Rensburg (verswakte bejaardes en demensiepasiënte), word daar ook ʼn Dienssentrum bedryf.

Hierdie Dienssentrum lewer ʼn gratis diens aan behoeftige bejaardes in die Danville- en Elandspoort-omgewings. Bejaardes wat nie oor fondse beskik om voltyds in ʼn aftreeoord te kan bly nie, kry hier ʼn gesonde bord kos en kan dan ook aan ontspanningsaktiwiteite deelneem.

ʼn Paar van hierdie bejaardes is op ʼn uitstappie na Pretoria Dieretuin geneem en met middagete bederf. Ons Tuis Van Rensburg het dit voorwaar vir hulle ʼn dag gemaak om te onthou.

Ons wil graag hierdie behoeftige bejaardes oor die Feesseisoen bederf met items soos toiletware, nie-bederfbare kos en hoop ook om ʼn kunstenaar gereël te kry. As jy dalk kan help, kontak asseblief vir Jenny Wesson, tehuisbestuurder, by 012 386 5730 of vrbestuur@otmt.org.

Ons Tuis Louis Trichardt het heelwat enkel- en dubbelkamers beskikbaar. Kontak gerus vir Vicky by ltbestuur@otmt.org indien jy sou belangstel.

Verblyf sluit twee etes, weeklikse wasgoed en skoonmaak in. Ons help ook met vervoer na en van hospitale en klinieke.

Ons Tuis Van Rensburg het eenhede beskikbaar. Kontak gerus vir Jenny by vrbestuur@otmt.org indien jy sou belangstel.

Verblyf sluit etes, wasgoed, verpleging, terapie en skoonmaak in.

 
RIVIERA EN SENIORSTUIS DIENSSENTRUM (Pretoria)

Hierdie tehuise het heelwat inwoners wat slegs ʼn SASSA-toelaag ontvang. Met geen ondersteuning vanaf familielede is daar tans ʼn groot behoefte aan ʼn verskeidenheid van toiletware. Kontak asseblief vir Hennie van der Walt by 012 329 3623 of otbestuur@otmt.org as jy dalk jou weg oopsien om te help. Jou bydrae sal ʼn verskil in ʼn bejaarde se lewe maak.

Daar is tans eenhede by Ons Tuis Riviera en Seniorstuis beskikbaar:

  • Volversorging en roetineversorging
  • Enkel- en dubbelkamers op grondvloer en eerste vloer
  • Beddens in Alzheimersiekte-afdeling per maand

Kontak vir Hennie by otbestuur@otmt.org of Stbestuur@otmt.org met enige navrae.

 
ARTIKELS EN MEDIA
 
ARTIKELS

Fondsinsamelings bly ʼn noodsaaklikheid om fondse aan te vul. Ons Tuis het verskeie kreatiewe idees en maak van fondsinsamelings pret. Lees gerus die artikel oor fondsinsamelings. Dit artikel het ook op Maroela Media verskyn.

 

 
RADIO

Luister gerus hier na die Pretoria FM-onderhoud waar behoeftes van Louis Trichardt, Van Rensburg en die Dienssentrum bespreek is.

 

 
TELEVISIE

Loer gerus na die insetsel op kykNET se Die GROOT Ontbyt oor Ons Tuis Piet Potgieter se jaarlikse Brille en Pille Rally en Pretdraf!

 

 
VAKANTE POS

Ons Tuis het tans ʼn pos vir ʼn boekhouer beskikbaar.

Stuur gerus jou CV na adm@otmt.org (Aandag: G. Janse van Rensburg) as jy dalk aansoek wil doen.

 

 
PAYFAST

Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is Ons Tuis toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings. Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op die prys stel. U kan donasies maak deur Payfast.