Print Friendly, PDF & Email
ONS TUIS
PIET POTGIETER

Piet Potgieter met sy heerlike Bosveld klimaat bied aan u die geleentheid om as
deel van ‘n intieme gesellige gemeenskap (van 210 seniors) af te tree.

Die oord bied selfsorgverblyfeenhede, sowel as gespesialiseerde sorg vir ouer persone aan:

  • Eenhede te huur wat 56 persone kan huisves;
  • Eenhede te koop wat 51 persone kan huisves; en
  • Gespesialiseerde 24-uur allesomvattende sorg vir 78 verswakte of gestremde
    inwoners of persone met demensie of Alzheimer se siekte.

 

Professionele personeel is 24-uur per dag vir die versorging van al bogenoemde inwoners beskikbaar. Ons beskik ook oor ʼn voltydse maatskaplike werker. Versorging om aan u unieke behoeftes te voldoen word deur gekwalifiseerde verpleegkundiges, assistent-verpleegsters en opgeleide geriatriese helpers behartig.

ONS TUIS Piet Potgieter se diens fokus op kwaliteit van lewe. Ons almal deel ʼn passie vir ouer persone en is dus meer as bereid om daardie “ekstra myl” vir elke inwoner te loop.

ONTMOET ONS TUIS

PIET POTGIETER SE BEKWAME BESTUURDER

Mev Mariana van Tonder

Maatskaplike Werker en Bestuurder.
Klik hier om meer te lees oor Mariana.

Kontakbesonderhede:
Tel: (015) 491 6314
E-pos: marianavt@otmt.org
Rabestraat 59, Potgietersus 0600
NPO 011-952

Basiese behoeftes

  • Drie gesonde maaltye per dag. Die kombuis beskik oor ʼn gekwalifiseerde sjef wat meer as 400 gebalanseerde maaltye en lekkernye daagliks voorberei;
  • Gratis wasgoeddiens;
  • Verswakte afdeling bied 24-uur versorging aan bejaardes en persone met demensie of Alzheimer se siekte;
  • Alle aspekte van versorging (medikasie, stort, hulp met aantrek) aan die persone wat dit benodig;
  • Die fasiliteit word 24-uur per dag beman om die veiligheid van u geliefdes te verseker.

Gesondheid

  • Die versorging word deur gekwalifiseerde
    verpleegkundiges, assisstent verpleegsters en
    opgeleide geriatriese helpers behartig.
  • Die gratis dienste van ʼn arbeidsterapeut is ses
    ure per week aan inwoners beskikbaar.

Ontspanning:

Weeklikse aktiwiteite soos hier gelys word aangebied en inwoners word aangemoedig om vrywillig daaraan deel te neem:

  • Maandae : Diereterapie / Koor / Lyndans
  • Dinsdae : Pilattis / Volwasse inkleur
  • Woensdae : Verskeie Bybelstudie groepe / Bingo / Biblioteek / Neem van Bloedruk
  • Donderdae : Erediens / Boekvoorlesing
  • Vrydae : Kunsklas / Brei en Naaldwerk groep

‘n Verskeie aktiwiteite vind ook op ʼn maandelikse basis plaas soos:

  • Vervoer na die dorp;
  • Voetversorging;
  • Fliekmiddae;
  • Besoeke deur kunstenaars vir vermaak; en
  • Spesiale etes soos braaivleis en potjiekos.
GALLERY

Kom loer virtueel in by enige van ONS TUIS se spog tehuise!

Laai gerus ONS TUIS Piet Potgieter se inligtingsblad met tariewe hier af.

U kan ook onmiddellik aanlyn aansoek doen indien u belangstel.