Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

Ons Tuis se meelewende kultuur wat almal welkom heet, is die afgelope maand met vurigheid uitgeleef.

Van pret op Gekkedag (1 April), tot verskeie groot verjaardag-vieringe en bowenal spesiale Paasfees-geleenthede.

Ons is dankbaar vir almal wat die maand ’n bydrae gelewer het tot die spesiale oomblikke vir ons bejaardes. Dit is inderdaad ’n vreugde om al ons inwoners se glimlagte met verskeie geleenthede te sien.

Die Paastyd is vir ons ’n uitsonderlike tyd as gelowiges. Dit is ryk maand van bemoediging. Saam met die trane van hartseer is daar die trane van vreugde. Die wete dat Sy dood én opstanding ons lewe verseker, is in Paasfees vervat. In die komende maand vier ons Hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees, tot dan laat ons elke dag die woorde van Johannes 20:27 “...en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig” onthou en uitleef.

Vriendelike groete
Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

 
 
ONS TUIS NUUS
 
EMILY HOBHOUSE GEE ERKENNING

By Huis Emily Hobhouse is daar ’n inisiatief begin om elke maand drie lede van ons personeel uit te sonder vir hul uitsonderlike diens aan die Huis en sy inwoners. Die maand gee ons erkenning aan Japhta Masanabo, Elias Malema en Elias Makubela vir hul goeie werk, die loop van die ekstra myl en die ekstras wat hulle bereid is om aan te pak.

 

 
PRET BY PIETE POTGIETER

Op 1 April – algemeen bekend as Gekkedag – het die inwoners van Huis Piet Potgieter die geleentheid aangegryp om so bietjie ekstra pret te hê.

 

 
EMILY SE TUIN-BEDRYWIGHEDE

Twee inwoners van Huis Emily Hobhouse , Hester en Brenda het dit op hulself geneem om die tuin-area van die B-woonstelle mooi te maak. Hulle het skoon gemaak, die tuin uitgelê, mooi gemaak en die banke geverf.

Ons is behoorlik beïndruk met die kreatiwiteit wat hulle aan die dag gelê het. Dit is belangrik vir ons by Emily Hobhouse om inwoners aktief te betrokke te kry by aktiwiteite waar hulle kan besig bly, hul handewerk kan aanskou en natuurlik trots daarop kan wees. Dit is van uiterse belang dat inwoners weet hul lewer ’n bydrae tot Huis Emily Hobhouse.

 

 
BESIGE MAAND VIR AMOT TE HUIS

Op 20 April het AMOT sy 36ste verjaardag gevier. Ons het die gemeenskap uitgenooi vir koek en tee. Dit was wonderlike geleentheid en besoekers het ons voorsien van algemene behoeftes soos seep, waslappe, koekies ens.

Ons Paastyd-vieringe het die jaar koekies, tjoklits en kaartjies wat gemaak is deur Debbie Pieterse ingesluit. Ons bedank graag lede van die Hervormende Kerk en publiek wat skenkings en donasies gemaak het vir die spesiale tyd.

Ons het die maand afgesluit met ’n Pannekoek-dag. Die inwoners het op bestelling pannekoeke gebak vir die gemeenskap. Dit was ekstra lekker met die besoek van die plaaslike Kleuterzone-kleuterskool.

 

 
ONS LIG LUISTERSTORIES TERUGVOER

Indien u kleinkinders nog nie daarby uitgekom het om Ons Lig Luisterstories af te laai nie, moet u hul asb daaraan herinner. ‘n Skakel om die gratis, interaktiewe boekrak af te laai is beskikbaar op Ons Tuis se webwerf. Ons wil weereens ons dankbaarheid uitspreek teenoor Lig in Duisternis Uitgewers wat hierdie boeke aan ons beskikbaar gestel het.

Ook ‘n spesiale woord van dank aan ons vier lesers, almal bo die ouderdom van 80-jaar: Anna Marx (88) van Ons Tuis: Machteld Postmus, Dawn van Straaten (83) van Ons Tuis: Machteld Postmus, Freda Surtees (88) van Ons Tuis: Machteld Postmus en Jettie Booyse (81) van Ons Tuis: Riviera.

Vir meer inligting oor die projek luister gerus na die onderhoud wat op Pretoria FM geskied het op 13 Desember 2021.

 

 
PAYFAST

Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is Ons Tuis toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings. Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op die prys stel. U kan donasies maak deur Payfast.