Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

Septembermaand word gekenmerk as ʼn feesmaand deur die inwoners én die personeel van Ons Tuis-fasiliteite. Die winter en die laaste koue word afgeskud, winterskoene word uitgeskop en die feesvieringe begin met die kenmerkende lentedag en braaivleisvure. Daar word op alle vlakke groot gegaan om die erfenis van die land en sy mense, asook die onderskeie fasiliteite te vier deur verskeie aktiwiteite wat die dra van tradisionele, kenmerkende Suid-Afrikaanse kleredrag en natuurlik tradisionele bak, brou, konsertina en klavier insluit.

Dit was vir alle inwoners en personeel weereens ʼn ongelooflike maand om te onthou en vas te pen in die kalender, asook om reeds te besin en vir September 2023 te beplan.

Daar was ʼn verskeidenheid van buitemuurse aktiwiteite wat plaasgevind het om die spreekwoordelike sonkrag in te neem as ʼn teenvoeter teen die beurtkrag wat die inwoners en personeel toegeval het.

Alhoewel daar beperkte reën was gedurende die maand het die blomme ons steeds kom groet met verskeie kleure wat die omgewing en fasiliteite ophelder.

Daar is ook begin met die beplanning en voorbereiding vir die kersseisoen-aktiwiteite wat voorlê, saam met vakansiewegbreke en buitemuurse besoeke.

ʼn Woord van dank en waardering aan elke inwoner en die personeel vir jul goeie gees en gesindheid, asook die verskil wat jul maak in ander persone se lewens. Jul hart van barmhartigheid en omgee spreek Ons Tuis-boekdele. “Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit.” Romeine 13:8.

Vriendelike groete

Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

 
 
ONS TUIS NUUS
 
RIVIERA EN SENIORSTUIS DIENSSENTRUM (Pretoria)

Wat is die lewe sonder lag? Riviera en Seniorstuis is professionele grimeerkunstenaars en baie oortuigende boemelaars! Lentedag is gevier met groot pret en boemie-plesier! Arcadia-sanggroep het die inwoners vermaak. Nog ʼn spesiale geleentheid was toe ʼn groep dogters (6-jariges) in pleegsorg saam met ʼn paar bejaardes krale gemaak het.

Daar is tans eenhede by Ons Tuis Riviera en Seniorstuis beskikbaar:

  • Volversorging en roetineversorging (kontak otbestuur@otmt.org)
  • 2 x Woonregeenhede by Annie Schilz @ R225 250 elk. Nie-terugbetaalbare deposito van R10 000. Krag uitgesluit. Heffing = R1 920 per maand (kontak Stbestuur@otmt.org)

 

 
PIET POTGIETER (Mokopane/Potgietersrus)

Amore Bekker was die gaskunstenaar tydens Piet Potgieter se besondere Ouer-Kind-dag.

ʼn Groep vrywilligers van Enlighten Christian Gathering Jesus Nation Church het gehelp om die tehuis behoorlik skoon te maak en verder het daar ook brandbestrydingsopleiding in die maand plaasgevind. Oom Martin Willburger het sy 94ste verjaardag gevier en die Kempton Park Oos-gemeente se uitreik na Piet Potgieter was weereens ʼn reusesukses!

Piet Potgieter is op soek na fietse of fietsonderdele sodat hulle vanjaar vir Kersvader kan help om sy geskenke af te lewer! Laat weet asseblief as jy kan help.

Kontak vir Mariana van Tonder by marianavt@otmt.org as jy in een van die volgende beskikbare eenhede belangstel:

Verswakte bejaardes:

  • 13 plekke

Huureenhede (woonstelle met kombuis, badkamer, woonkamer):

  • 12 x eenslaapkamer-eenhede

Te koop:

  • 2 x tweeslaapkamer-eenhede
  • 2 x eenvertrek-eenhede

 

 
ANDRIES-MARIÉ OOSTHUIZEN (Parys)

Thea van Rooyen (voorsitter van die Breëkomitee) het kom wys dat herwinning mooi kan wees en dat ons kan blom waar ons geplant is. Parys-NHSV het vir heerlike ontbyt gesorg.  
Inwoners van AMOT glo in aktiewe veroudering en oefen die lente binne.

AMOT het ʼn stalletjie by Parys se Blikkiesfees gehad waar koffie met kondensmelk en ander items verkoop is. Ten spyte van ʼn baie warm dag, het al die betrokkenes dit baie geniet.

Kontak gerus vir Teresa by amotbestuur@otmt.org of amotadmin@otmt.org as jy in verblyf belangstel. Die volgende eenhede is beskikbaar:

Ons het tans die volgende beskikbare verblyf in die tehuis self:

  • 2 Beddens in Versorging se 4-bedsaal (gedeelde geriewe)
  • 1 Bed in Versorging – enkelkamer (gedeelde geriewe)
  • Kamers in behuising (gedeelde geriewe)
  • Kamers in behuising (1 kamer met badkamer en sitkamergedeelte)

 
EMILY HOBHOUSE (Pretoria)

Gezina Galleries Winkelsentrum het die inwoners van Emily Hobhouse met koek en tee bederf. Daar is ook 'n behoorlike spanpoging deur inwoners en personeel aangewend om die lente in Emily Hobhouse se tuine te verwelkom. Selfs oom Dawid Muller (95), Emily Hobhouse se oudste inwoner, versorg steeds sy 15 roosbome. Inwoners het aan die “stap” by die Botaniese Tuine deelgeneem wat deur Help Seniors aangebied is. Eetgoed, sang en ʼn praatjie oor beroertes het die dag ingekleur.

Emily Hobhouse het tans die volgende beskikbare eenhede:

  • 1 x eenslaapkamer woonreg-eenheid by Kismet
  • 4 x klein kamers
  • 3 x groot kamers

Kontak gerus vir Anelieze by ehbestuur@otmt.org indien jy belangstel.


 
MACHTELD POSTMUS (Pretoria)

Hier is behoorlik rommelverkoping gehou! Die inwoners het aan ʼn speletjiesmiddag deelgeneem en twee van die inwoners, oom Ruben en oom Saal, het op Erfenisdag ʼn heerlike potjie aanmekaar geslaan! Lekker eet en lekker kuier bly lekker!

Kontak gerus vir Ilanie by mpbestuur@otmt.org of by 012 346 2418 as jy in verblyf belangstel. Die volgende eenheid is beskikbaar:

  • 1 x eenvertrek eenheid @ R4 170 p.m. (water ingesluit)

 
LOUIS TRICHARDT EN VAN RENSBURG (Danville)

Van Rensburg en Louis Trichardt het die lente met ʼn groot joligheid ingegaan. ʼn Lentebraai en heerlike musiek deur Jaycee is deur die huisbestuur en Albie Apostollidis se familie gereël. Almal het dit baie geniet!

Ons Tuis Louis Trichardt het heelwat enkel- en dubbelkamers beskikbaar. Kontak gerus vir Vicky by ltbestuur@otmt.org indien jy sou belangstel.

Verblyf sluit twee etes, weeklikse wasgoed en skoonmaak in. Ons help ook met vervoer na en van hospitale en klinieke.

Ons Tuis Van Rensburg het eenhede beskikbaar. Kontak gerus vir Jenny by vrbestuur@otmt.org indien jy sou belangstel.

Verblyf sluit etes, wasgoed, verpleging, terapie en skoonmaak in.


 
ARTIKELS

Sekere Ons Tuis-tehuise is ingerig om inwoners met spesiale behoeftes te akkommodeer. Lees gerus die artikel hieroor wat op Maroela Media verskyn het.

 

ERFENISDAG

As deel van Erfenismaand is daar ʼn pragtige video gemaak waarin Ons Tuis-inwoners vertel wat hulle graag aan hulle nageslag as erfenis sal wil nalaat. Kyk hier na die video.

 

 
PAYFAST

Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is Ons Tuis toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings. Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op die prys stel. U kan donasies maak deur Payfast.