Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier | 01 - 2023
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

Die jaar 2023.

Waar ons die spreekwoordelike deur van die nuwe jaar met vreugde, verwagtinge, voornemens en doelwitte oopgemaak het, is dit belangrik om vir ʼn oomblik stil te staan.

Ons Tuis-huis, het verskillende kamers wat ons in 2023 moet trotseer. Ons is tans in die voorhuis van die Ons Tuis-huis wat uit twaalf kamers bestaan, letterlik ʼn kamer vir elke maand van die jaar.

Die Januarie-kamer bestaan primêr uit beplannings, voorleggings en denke hoe ons, as die Ons Tuis-familie, inwoners en werknemers, die jaar gaan aanpak.

Ons gaan in 2023 blootgestel word aan negatiewe faktore soos pyn en hartseer, asook aan positiewe faktore soos vreugde en geluk.
Die boodskap vir Januarie 2023 is positiewe denke, ongeag die omstandighede. Die eerste kamer van Ons Tuis-huis word dus toegewy aan positiewe denke.

Daar gaan baie uitdagings en terugslae op ons 2023-pad wees wat ons moet oorkom deur middel van positiewe denke.

Ongeag die omstandighede wat ons in die gesig staar gedurende 2023, is dit belangrik om negatiewe omstandighede by wyse van positiewe denke in positiewe omstandighede te omskep. Ons moet mekaar ondersteun en onderskraag deur positiewe denke te openbaar.

As deel van die Ons Tuis-familie moet ons nooit vrees of bang wees of alleen voel nie omrede daar reeds oor ons pad beskik is.

Deut. 31:8: “En dit is die Here wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees: Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.”

ʼn Voorspoedige, geseënde en positiewe denke 2023.

Vriendelike groete,
Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

 
 
SKENKING
 
Waterbottelskenking deur Virseker

Ons Tuis is baie bederf met ʼn ruim waterbottelskenking deur Virseker. Inwoners wat voltyds by verskeie Ons Tuis-tehuise woonagtig is, het van hierdie bottels ontvang. In die warm somermaande is dit veral belangrik om te verhoed dat inwoners dehidreer en kom ʼn item soos ʼn waterbottel nie net handig te pas nie, maar is dit ook ʼn noodsaaklikheid.

Ons Tuis het hierdie skenking met groot dankbaarheid teenoor Virseker ontvang. Dit maak beslis ʼn verskil in baie van ons inwoners se lewens!

Kyk hier na ʼn baie oulike video van ons dankbare inwoners.

Dankie Virseker!

 

 
ONS TUIS AKTIWITEITSFOKUS
 
PIET POTGIETER (Mokopane/Potgietersrus)

Inwoners het heerlik gekuier tydens hulle Kersete waar hulle ook met geskenke bederf is.

Kontak vir Mariana van Tonder by marianavt@otmt.org as jy in een van die volgende beskikbare eenhede belangstel:

Verswakte bejaardes:

  • 13 plekke

Huureenhede (woonstelle met kombuis, badkamer, woonkamer):

  • 12 x eenslaapkamer-eenhede

Te koop:

  • 2 x tweeslaapkamer-eenhede
  • 2 x eenvertrek-eenhede

 

 
ANDRIES-MARIÉ OOSTHUIZEN (Parys)

Die visvangklub en NHSV het inwoners behoorlike oor Kerstyd met geskenke bederf. Tydens die Kersete was inwoners in rooi getooi en die tafels baie kreatief versier wat bygedra het tot die feestelike atmosfeer.

Kontak gerus vir Teresa by amotbestuur@otmt.org of amotadmin@otmt.org as jy in verblyf belangstel. Ons het tans die volgende beskikbare verblyf wat etes, skoonmaak en wasgoed insluit:

  • Versorging – 1 bed in enkelkamer
  • Behuising – Enkelkamers (gedeelde geriewe)

 

 
EMILY HOBHOUSE (Pretoria)

Die inwoners is heerlik oor die Kerstyd bederf met musiek en geskenke. ʼn Spesiale dankie aan Brenthia Shaw wat elke jaar die kersversierings hanteer.

Emily Hobhouse het tans die volgende beskikbare huureenheid:

  • 1 x groot kamer sonder badkamer

Kontak gerus vir Anelieze by ehbestuur@otmt.org indien jy belangstel.

 

 
MACHTELD POSTMUS (Pretoria)

Inwoners het ʼn heerlike Kersfunksie gehou en is dankbaar vir die R3 000-skenking van die Hervormde Kerk. Op Kersdag is inwoners wat nie die dag by familie kon spandeer nie, spesiaal met ʼn driegangmaaltyd bederf.

 

 
VAN RENSBURG (Danville)

Tydens Desember het SA First Responder Chaplaincy vir Ons Tuis Van Rensburg 'n Kersdiens gehou. Langdienstoekennings is ook tydens die jaareindfunksie uitgedeel.

Ons Tuis Van Rensburg het eenhede beskikbaar. Kontak gerus vir Jenny by vrbestuur@otmt.org indien jy sou belangstel.

Verblyf sluit etes, wasgoed, verpleging, terapie en skoonmaak in.


 
LOUIS TRICHARDT (Danville)

Inwoners is oor die Kerstyd deur Montana Hervormde Kerk Fijnbos en St Mary's School met musiek, eetgoed, geskenke en voetmasserings bederf.

Ons Tuis Louis Trichardt het heelwat enkel- en dubbelkamers beskikbaar. Kontak gerus vir Vicky by ltbestuur@otmt.org indien jy sou belangstel.

Verblyf sluit twee etes, weeklikse wasgoed en skoonmaak in. Ons help ook met vervoer na en van hospitale en klinieke.

Ons Tuis Van Rensburg het eenhede beskikbaar. Kontak gerus vir Jenny by vrbestuur@otmt.org indien jy sou belangstel.

Verblyf sluit etes, wasgoed, verpleging, terapie en skoonmaak in.


 
RIVIERA EN SENIORSTUIS DIENSSENTRUM (Pretoria)

Ons Tuis Riviera was voorwaar geseënd oor Kerstyd. Donateurs het gesorg dat elke bejaarde 'n geskenk vir Kersfees kry en die tehuis is ook met potgrond, plante en wol bederf. Dankie aan Irene-atletiekklub, Ansa van der Linde, die Jong Lote by die Gereformeerde Kerk Meintjieskop, Quasim-Naam van Com-Africa, verskeie anonieme donateurs, Helpende Hand, Huis Hersfblaar en die Ouma-en-Oupa projek, asook Stodals en Ruby’s haberdashery.

Daar is tans eenhede by Ons Tuis Riviera en Seniorstuis beskikbaar:

  • Volversorging en roetineversorging
  • Enkel- en dubbelkamers op grondvloer en eerste vloer
  • Beddens in Alzheimersiekte-afdeling per maand

Kontak vir Hennie by otbestuur@otmt.org of Stbestuur@otmt.org met enige navrae.

 

 
ARTIKELS EN MEDIA
 
ARTIKELS

Twee inwoners van Emily Hobhouse het onlangs weer liefde gevind en die knoop deurgehak. Lees gerus die artikel hieroor wat in Desember op Maroela Media verskyn het.   

 
PAYFAST

Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is Ons Tuis toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings. Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op die prys stel. U kan donasies maak deur Payfast.