Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier | 05 - 2023
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

Hierdie maand fokus ons op die kamer van respek as deel van die Ons Tuis se dinamiese
huis.

RESPEK is vir seker een van die belangrikste morele waardes van die mens. ‘n Twee-
rigting handeling. As deel van ons grootwordjare het ons gereeld ons ouers hoor sê: “Julle
moet respek hê vir ander,” maar wat beteken dit? Die woordeboek beskryf dit as ‘agting,
eer, bewondering, onderskeiding, hoflikheid, aansien, ordentlikheid’. Verder sien ons dat
respek afkomstig is van die Latynse woord wat verwys na “aandag”, “oorweeg” en “kyk
weer”, ‘n tweede blik.

Respek beteken letterlik: om ʼn tweede keer te kyk. Dit beteken om ons eerste opinie opsy te
skuif en weer ʼn keer, hierdie keer met nuwe oë, na mense te kyk. Dink net hoe ʼn groot
verskil dit sal maak as die groter wordende hoeveelheid mense van die land waarin ons bly,
mekaar met nuwe oë kan sien!

Sonder respek sal die samelewing in chaos gedompel wees, elke mens sal hom/haar – self
die reg toeëien dat hul lewens die belangrikste is, hul opinies al is wat tel en dat oortuigings
van ander nie tel nie.

Respek word aangeleer en beteken nie altyd dat ons op alle terreine met ander moet saamstem nie, maar om nie teen daardie persoon te diskrimineer of aanstoot te gee.

Respek is verder om verdraagsaam te wees met die persone wat nie dieselfde dink, optree
of belangstelling het as jy nie. Respek vir diversiteit van nuwe idees/opinies/lewenswyses is
uiters waardevol in samelewings wat streef na gesonde bestaan.

Hoe kan ek op myself fokus en respek uitleef?

 Respek vir kinders en bejaardes (Luister en waardeer hul mening, gee aandag aan
hul behoeftes en beskerm hul regte)
Respek vir die omgewing (Hou ruimtes skoon, verwyder vullis, herwin, sorg en
beskerm die natuur)
Respek vir sosiale instellings (Respekteer infrastruktuur, paaie, parke, gehoorsaam
wette)

Respek vir verskille (Mense is verskillend, verskillende sienings, oortuigings,
gebruike, gelowe en tradisies. Dis die verskeidenheid wat die samelewing verryk.
Toon respek ten spyte van verskille.

Respek vir reëls (Gedragskodes wat by plekke of op ‘n sekere manier gevolg moet
word.


Byvoorbeeld, wees betyds vir ‘n doktersafspraak, vermy onnodige geraas in ‘n hospitaal, verminder spoed naby skole met kinders. Dit alles lei tot ‘n harmonieuse en gelukkige
samelewing)
 Respek vir nasionale simbole (Dis om die volkslied te sing, respek te toon vir die
landsvlag, te leer van nasionale helde en die geskiedenis, om te bewaar vir die
nageslag)

Wat sê die Bybel vir ons?

Daar is baie verse in die Bybel wat oor eer en respek handel. Dit dui deurlopend daarop dat
respek altyd ’n goeie ding is – én dat dit belangrik is.

As jy respek nóg beter wil verstaan, dink aan wat dit nié is nie. Disrespek is wanneer jy nié
iemand anders se waarde erken nie, die eer weghou wat hulle toekom, of as jy iemand
verneder.

Die Bybel verwys na vier kategorieë wat respek moet ontvang: ouer mense, gesagsfigure,
Jesus Christus en die mensdom in die algemeen.
Levitikus 19:32 Uit eerbied vir jou God moet jy eerbied bewys aan oumense en hulle
met respek behandel. Ek is die Here.
1 Petrus 2:17 Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees
God. Eer die keiser.
Hebreërs 12:9 Verder, ons het ons aardse vaders gehad wat ons getug het, en ons
het vir hulle eerbied gehad. Sal ons, ons nie nog des te meer aan die Hemelse Vader
onderwerp en lewe nie?
Eksodus 20:12 Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat
die Here jou God vir jou gee.
Efesiërs 5:33 Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet, en ‘n vrou moet
aan haar man eerbied betoon.
Romeine 12:10 Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied
teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.

RESPEK impliseer ’n sekere optrede van ons, ’n optrede waar ons gedrag ’n sekere boodskap
oordra. Respek vorm die basis en vertrekpunt van ons optrede.
Hier waar ons by die sesde kamer vir die jaar is, kan mens nie anders om respek vir tyd te hê
nie. Wees dankbaar vir elke nuwe sonopkoms, leef en respekteer mekaar!

Vriendelike groete,
Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

 
 
JOU MAATSKAPPY KAN VANDAG NOG BETROKKE RAAK!

Daar is ʼn voordeel vir enige maatskappy wat ʼn skenking aan ʼn geregistreerde openbare welsynsorganisasie (OWO) soos Ons Tuis maak. Dit vorm deel van sy sosiale verantwoordelikheid, en maatskappye kan ook ʼn belastingvoordeel verkry.

Die maatskappy ontvang ʼn artikel 18A-sertifikaat wat deur Ons Tuis uitgereik word vir belastingdoeleindes.

Oorweeg dit om ʼn skenking aan Ons Tuis by jou maatskappy se begroting vir 2023 in te sluit. Dit sal ʼn verskil in ʼn bejaarde se lewe maak.

Kontak ons by 012 325 1857/8 of info@otmt.org vir meer inligting.

 
ONS TUIS AKTIWITEITSFOKUS
 

Ons het in Junie Vadersdag gevier en op hierdie dag opreg weer waardeer wat die pa’s vir ons beteken! Die Tooi Turkoois-veldtog het ook op 15 Junie afgesluit.

Ontmoet ook vir Lapua, die hond wat nou gereeld by Ons Tuis-tehuise gaan kuier as deel van terapie.

Lapua was op die ouderdom van twee jaar vir gedragsopleiding en het 'n ongelooflike liefde vir ouer mense en kinders.

Sy tipe ras (Argentynse Dogo) is eintlik geteël om bosvarke in Argentinië te jag, maar Lapua het 'n baie rustige persoonlikheid en temperament. Sover geniet hy dit vreeslik baie om by Ons Tuis te kom kuier.

 
PIET POTGIETER (Mokopane/Potgietersrus)

Inwoners by Ons Tuis Piet Potgieter het 'n heerlike potjiekos-ete gehou. Dit was 'n heerlike gesellige saamkuier vir al die inwoners.

June Pretorius, wat op 18 Junie 1929 gebore is, het grootgeword as die enigste kind in die Oos Vrystaat en matrikuleer by Kestell Hoërskool.

Na skool werk sy in Pretoria en trou in 1950. In haar huwelik van 54 jaar het sy vyf kinders grootgemaak en geboer saam met Oupa AC op die Springbokvlakte. Sy doen ook baie besonderse naaldwerk.

Sy is die Pretoriusmatriarg as ouma van 14 kleinkinders en Oumagrootjie van 19 agterkleinkinders. Na 'n lelike val in Januarie vanjaar word sy inwoner van Ons Tuis in Mokopane. Met groot dankbaarheid het sy op Sondag 18 Junie haar 94ste verjaarsdag gevier!

Martins in Mokopane was Vrydag 30 Junie 21 jaar oud! Carin en Andre het saam met inwoners van Ons Tuis Piet Potgieter met 'n heerlike koek feesgevier.

Pierre van der Westhuizen sal op 18 Julie om 10:00 by Ons Tuis Piet Potgieter kuier. Kom geniet 'n wonderlike oggend van liefdesliedere en inspirerende musiek.

Vir enige navrae, kontak Mariana van Tonder by 082 804 6854.

 

Kontak Mariana van Tonder by marianavt@otmt.org met enige navrae oor Ons Tuis Piet Potgieter.

 

 
ANDRIES-MARIÉ OOSTHUIZEN (Parys)

Ons Tuis AMOT se naaldwerkstalletjie Saterdag 3 Junie by die NHK Parys se basaar. Hier is tannie Elize Dietrichsen en Mariaan Oelofse saam met matrone Teresa Broodryk.

"Jy moet mooi na jouself kyk. Maak moeite, elke dag, al voel jy pê! Glimlag vir die wêreld en die wêreld glimlag vir jou."

Dit is tannie Sybil Ackerman, wat op 12 Junie haar 84ste verjaardag gevier het, se raad aan jonger mense. Tannie Sybil is al vir vier jaar 'n inwoner by Ons Tuis Andries Marie Oosthuizen.

Hier is sy in die sitkamer terwyl Helpende Hand Parys ons ouer persone tydens die Tooi Turkoois-veldtog kom bederf het met 'n kuier, samesang en' n lekker eetdingetjie.

Die pa's by Ons Tuis AMOT word bederf met 'n heerlike vrugte- en neutemandjie. Sondag se ete is ook iets waarna hulle uitsien. Die pad na 'n man se hart loop mos deur sy maag!

Spesiale dank aan die NHK Drie Riviere vir hulle aktiewe deelname aan #TooiTurkoois2023!

Die NHK Drie Riviere het op 26 Junie 14 mandjies vol kruideniers- en toiletware aan Ons Tuis AMOT oorhandig as deel van die Tooi Turkoois-vieringe wat van 15 Mei tot 15 Junie geduur het.

By Ons Tuis AMOT het ons in Junie heerlike verjaarsdagvieringe gehad met drie van ons inwoners wat verjaar het.

Tannie Anna Prinsloo, inwoner by Ons Tuis AMOT, het op 14 Junie haar 86ste verjaardag gevier. Haar geheim vir oudword is "genade van die Here".

Tannie Marie Coetzer, inwoner van Ons Tuis AMOT, het ook op 14 Junie haar 84ste verjaardag gevier. Die liefde en die goedheid van die Here is tannie Marie se geheim vir die ouderdom.

Ons het ook Donderdag 15 Junie tannie Anna Calitz se 83ste verjaardag gevier. "Jy moet net moedhou. Moedhou en krag van Bo vra," is tannie Anna se raad aan jongmense.

Kontak gerus vir Teresa Broodryk by amotbestuur@otmt.org of amotadmin@otmt.org vir enige navrae.

 
EMILY HOBHOUSE (Pretoria)

Stoffel Bezuidenhout het sy 83ste verjaardag gevier.

 

Kontak gerus vir Anelieze Treurnich by ehbestuur@otmt.org vir enige navrae. 

 
MACHTELD POSTMUS (Pretoria)

Inwoners van Ons Tuis Machteld Postmus het op 14 Junie hulle handgemaakte kombersies, serpe en mussies oorhandig aan drie organisasies waar dit dalk 'n klein verskilletjie in 'n kind se lewe kan maak. Die inwoners is baie trots op hulle skeppings en hoop die kinders sal die liefde wat daarin gegaan het kan ervaar wanneer hulle dit dra.

Die organisasies is:
Otto Viljoen van DPS Huise Herformde Kerk, Adel en Maryke van Sonitus Skool en Andries Pretorius van TOIBO Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys.

Die dames by Machteld het ook op 14 Junie 'n heerlike kreatiwiteitsklassie gehad en pragtige sneesdoekhouers gemaak.

Kontak gerus vir Ilanie van Staden by mpbestuur@otmt.org met enige navrae oor Ons Tuis Machteld Postmus.

 
ONS TUIS VAN RENSBURG EN LOUIS TRICHARDT (Danville)

Almal by Ons Tuis Louis Trichardt het gister Vadersdag gevier. Die Erasmia en Rietvallei-gemeentes het dié vieringe geborg.

Inwoners by Ons Tuis Louis Trichardt en Van Rensburg het ook 'n heerlike Vadersdag-braai geniet.

Baie dankie aan George Jones vir ons nuwe kisvrieskas. Ons Tuis Van Rensburg is verheug oor al die baie vriesspasie!

 

Kontak gerus vir matrone Jenny Wesson by vrbestuur@otmt.org vir meer inligting oor Ons Tuis Louis Trichardt.

 

 
ONS TUIS RIVIERA EN DIENSSENTRUM

Die haarsalon by Ons Tuis Riviera lyk pragtig ná 'n paar manne op 24 Junie hulle tyd opgeoffer het en ingespring het om dié area op te gradeer.

Dankie aan regter Bryan Andrews, Sarel Kotzé, Wenan en Moses. Ons waardeer julle!

 
BORG ‘N BADSAKKIE

Ons Tuis streef daarna om 'n versorgende omgewing te skep waar ons ouer inwoners hul goue jare met waardigheid en gemak kan geniet. Een van die belangrikste aspekte van hul welsyn is om persoonlike higiëne te handhaaf.

Om te verseker dat elke inwoner die sorg ontvang wat hulle verdien, begin Ons Tuis met 'n spesiale projek. Ons sal graag elkeen van die 120 verswakte inwoners van sy/haar eie badsakkie met die nodige toiletware wil voorsien.

Ons vra u vriendelik om te oorweeg om 'n paar van hierdie badsakkies vir ons inwoners te borg. Elke sakkie kan noodsaaklike items soos ‘n koekie seep, 'n waslap, tandepasta, tandeborsel, deodorant en handroom insluit. Deur selfs net een van hierdie badsakkies te borg, kan jy 'n onmiddellike en betekenisvolle impak maak op die lewens van ons bejaardes.

Indien jy ‘n verskil wil maak, kontak vir Bets Fourie by 012 329 3623.

 
PAYFAST

Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is Ons Tuis toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings. Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op die prys stel. U kan donasies maak deur Payfast.