Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier | 07 - 2023
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

Augustus-maand, kenmerklik die maand van winde. En so kom die spreukwoordelike gedagte van “winde-van-verandering” by my op in die agste kamer van Ons Tuis.

VERANDERING, ons lewens verander daagliks. Elke dag het sy eie geluk en uitdagings. Mens het soms nie beheer of keuses as dit by veranderinge kom nie. Sekere veranderinge is moeilik of uitdagend, terwyl ander maklik en eenvoudig is. Beide maak ons egter sterker en is deel van die vorming van ons lewens en gevestig in ons DNA. Mense om ons verander, ons omgewing verander, ons land, ons, wetenskap-en - tegnologiese, onderrig, die wêreld in sy geheel. En so kan ons aangaan. Uit die volksmond is die gesegde: “As dinge nie verander nie, dan bly dit so”, wat nie ‘n getuigskrif is van die vinnige veranderde wereld waarbinne ons lewe nie. Die mens ervaar verandering reeds van die vroegste tye van bestaan. In die tuin van Eden het Adam en Eva die eerste mense geword wat verandering ervaar het, nadat hulle oortree het en God se opdrag geignoreer het. Hulle het die voordele van die tuin verloor. Verandering dui op die handeling of oorgang van een aanvanklike toestand na ‘n ander. ‘n Proses wanneer iets verander en “anders word”; verwysend na ‘n individu/voorwerp/handeling of situasie. Dit verwys na die verandering in huwelikstatus, ons word ouers, grootouers, kinders trou en verlaat die huis, die aankoop van ‘n nuwe motor of nuwe woonplek, nuwe beroep, verandering van dorp/stad, van vriende, van wisselkoers, klimaatsverandering, sosiale veranderinge, en verandering wat kom as ons die mense wat ons lief het aan die dood moet afstaan.

Ons as mens hou oor die algemeen nie van verandering nie, ons verkies dat dinge moet bly soos dit is omrede dit gerieflik is en ons gemaklik daarmee is; maar tog is verandering deel van ons daaglikse lewe op alle vlakke en is dit belangrik dat ons verandering positief moet ervaar en hanteer.

Hoe kan ons met VERANDERING as mens deel?

Bly positief ongeag die verandering. Aanvaar dat dit moeilik gaan wees om verandering te aanvaar/hanteer.

Emosies gaan deur verskillende fases van angs, woede, hartseer, blydskap, opwinding, dis normaal.

Pas jou omstandighede aan by jou persoonlikheidskarakter.Elke mens se persoonlikheid verskil, daarom reageer ons verskillende, een sal opgewonde wees om te verhuis terwyl dit vir die ander traumaties gaan wees.

Oorkom die vrees faktor. As jy ‘n vrees het vir verandering, samel genoegsame inligting rondom dit wat gaan verander in, hierdeur voorkom jy onnodige afleidings en aannames, wat die vrees net vergroot.

Skep ‘n ondersteuningsnetwerk. Praat met iemand na aan jou, wees eerlik, dis al manier hoe daardie persoon jou kan ondersteun of van raad kan voorsien. Verandering is ‘n integrale deel van elke individu en organisasie se bestaan, ons leef in ‘n tyd gekenmerk deur versnelde verandering. Maar die mens beskik oor die natuurlike vermoeë om saam met tyd te verander en aan te pas en die brein en denkpatrone het ‘n groot invloed op ons reaksies wat ons dan uitoefen.

Wanneer ’n persoon die Bybel bestudeer en toepas, is daar geestelike groei.

Hierdie groei word weerspieël in die veranderinge wat ‘n persoon in die lewe maak in ooreenstemming met wat geleer is en sodoende word ‘n Christelike persoonlikheid aangekweek ( Efesiërs. 4:22-24 ).

Die Bybel is ‘n bron van wysheid, aanmoediging en inspirasie vir miljoene mense regoor die wêreld. Dit is vol stories en leringe wat demonstreer hoe God in mense se lewens werk en hulle deur verandering en oorgang lei. “Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; ou dinge het verbygegaan; kyk, alles het nuut geword.” – 2 Korintiërs 5:17

Met die kragtige woorde sluit ek af met die feit dat verandering onvermydelik is.

Met God se hulp kan ons die veranderinge in ons lewens navigeer. God is altyd daar, deur die berge en die dale van die lewe en Hy lei en beskerm ons met liefde en genade, ons moet net glo en vertrou. Moet nooit veranderinge vrees nie, maar omhels dit met die doelwit om ‘n verskil te maak in jou eie en andere se lewens.

Vriendelike groete,
Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

 
 
JOU MAATSKAPPY KAN VANDAG NOG BETROKKE RAAK!

Daar is ʼn voordeel vir enige maatskappy wat ʼn skenking aan ʼn geregistreerde openbare welsynsorganisasie (OWO) soos Ons Tuis maak. Dit vorm deel van sy sosiale verantwoordelikheid, en maatskappye kan ook ʼn belastingvoordeel verkry.

Die maatskappy ontvang ʼn artikel 18A-sertifikaat wat deur Ons Tuis uitgereik word vir belastingdoeleindes.

Oorweeg dit om ʼn skenking aan Ons Tuis by jou maatskappy se begroting vir 2023 in te sluit. Dit sal ʼn verskil in ʼn bejaarde se lewe maak.

Kontak ons by 012 325 1857/8 of info@otmt.org vir meer inligting.

 
ONS TUIS AKTIWITEITSFOKUS
 
PIET POTGIETER (Mokopane/Potgietersrus)

Die Nasionale Departement van die Finansiële afddeling was op 25 Julie tydens 'n besoek/inspeksie by Ons Tuis Piet Potgieter.

 

Lapua, die Argentynse Dogo wat by Ons Tuis-tehuise gaan kuier as deel van terapie, was Woensdag weer 'n bietjie by Ons Tuis Piet Potgieter.

Lapua het 'n ongelooflike liefde vir ouer mense en kinders.

Inwoners by Ons Tuis Piet Potgieter en hulle kinders het Saterdag 19 Augustus groot pret gehad! Inwoners se kinders is hartlik uitgenooi na ‘n dag op die plaas wat spesiaal gehou is vir die kinders om by hul ouers te kom kuier.

“Dit is belangrik om familiebande te behou en te versterk sodat ‘n bejaarde voel hy/sy is nog geliefd en hul lewe is betekenisvol.” So sê Mariana van Tonder, bestuurder by Ons Tuis: Piet Potgieter.

Skryf die datum in jou dagboek neer! Ons Tuis: Piet Potgieter bied weer Brille & Pille aan op 4 November.

 

 

Kontak Mariana van Tonder by marianavt@otmt.org met enige navrae oor Ons Tuis Piet Potgieter.

 

 
ANDRIES-MARIÉ OOSTHUIZEN (Parys)

Ons Tuis: AMOT het op 10 Augustus 'n fenomenale vrou se verjaarsdag gevier. Tannie Poppie Killian het 70 geword. Heerlike skaapboud, groente en sjokoladepoeding, asook hoenderpastei en patatgereg is bedien.

 
ONS TUIS VAN RENSBURG EN LOUIS TRICHARDT (Danville)

Tannie Madiboiki Matseke vier hier haar 93ste verjaardag saam met inwoners, personeel en familie.

Die hoof-eetsaal by Ons Tuis: Van Rensburg is op 23 Augustus in 'n skoonheidsalon omskep en die dames is omtrent bederf toe studente van The Beauty Hub Academy kom kuier het.

Kontak gerus vir matrone Jenny Wesson by vrbestuur@otmt.org vir meer inligting oor Ons Tuis: Louis Trichardt.

 

 
ONS TUIS RIVIERA EN DIENSSENTRUM

Die dames by Ons Tuis: Annie Schilz het onlangs altesaam 100 teddiebere gebrei om te skenk vir Helpende Hand, wat die beertjies weer gee aan kinders wat trauma beleef het.

 

Riviera-inwoners se stapklub het in Augustus na 'n nabye voëlpark gestap om voëls te gaan kyk.

By Ons Tuis is aktiewe veroudering baie belangrik. Hierdie aktiwiteit bevorder nie net fisiese gesondheid nie, maar skep ook 'n sin van gemeenskap en betrokkenheid.

 

 
BORG ‘N BADSAKKIE

Ons Tuis streef daarna om 'n versorgende omgewing te skep waar ons ouer inwoners hul goue jare met waardigheid en gemak kan geniet. Een van die belangrikste aspekte van hul welsyn is om persoonlike higiëne te handhaaf.

Om te verseker dat elke inwoner die sorg ontvang wat hulle verdien, begin Ons Tuis met 'n spesiale projek. Ons sal graag elkeen van die 120 verswakte inwoners van sy/haar eie badsakkie met die nodige toiletware wil voorsien.

Ons vra u vriendelik om te oorweeg om 'n paar van hierdie badsakkies vir ons inwoners te borg. Elke sakkie kan noodsaaklike items soos ‘n koekie seep, 'n waslap, tandepasta, tandeborsel, deodorant en handroom insluit. Deur selfs net een van hierdie badsakkies te borg, kan jy 'n onmiddellike en betekenisvolle impak maak op die lewens van ons bejaardes.

Indien jy ‘n verskil wil maak, kontak vir Bets Fourie by 012 329 3623.

 
PAYFAST

Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is Ons Tuis toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings. Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op die prys stel. U kan donasies maak deur Payfast.