Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier | 10 - 2023
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

Gedurende Kersfees besef ons opnuut dat die Here, Sy eniggebore Seun, vir ons onvoorwaardelik geskenk het. In Johannes 3:16 vind ons die onbeskryflike en oorweldigende liefde van God: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê”.

Dis die Grootste Kersgeskenk wat ons as mens kon ontvang en wat ons vir ewig het. Mag die Kersfees seisoen getuig van eerbare geloof, hoop en liefde. In hierdie tyd is ons soms bekommerd, onseker en voel ons soms alleen, selfs al beweeg ons in skares van vakansiegangers en is ons soms dobberend met ‘n hulpkreet of soekend.

Die ewige geskenk in die vorm van reddingsboeie is die woorde van Johannes 3:16 wat ons luidkeels kan verkondig ongeag ons omstandighede. Kom ons reik uit na mekaar as mede-inwoners, werknemers, familie en hartsmense in die kersseisoen met gebed, deernis, en ‘n oop hand.

Die jaar 2023, in die geskiedenis van Ons Tuis, was gekenmerk deur uitdagings wat omskep is in geleenthede, soms trane en leedwese wat omskep is in glimlagte engoeie herinneringe.


‘n Spesiale woord van dank en waardering aan elke inwoner en werknemer vir ‘n jaar wat ons saam kon vaar, soms op stille waters en ander kere deur rowwe golwe.

Ongeag ons omstandighede kan ons getuig van God se teenwoordigheid in 2023. My wense is die versekering dat julle reeds plek het op God se reddingsboot. Mag u feesgety gevul wees met liefde, samesyn en blydskap. en mag u reddingsboot met die Here as Stuurman gevul wees met geskenke van omgee, vreugde, hoop, liefde, goeie gesondheid, genade en geluk.

Mag God die Kersfees en in die nuwe jaar vir elke storm ‘n reënboog gee, vir elke traan en pyn ‘n glimlag vir elke bekommernis ’n positiewe uikoms en ‘n antwoord op elke gebed. Kom ons jubel en maak God se naam groot saam met die engele en sing: “Ere aan

God in die hoogste hemele…” ‘n Geseende Kersfees en ‘n Voorspoedige nuwe jaar, 2024, word u en u geliefdes toegewens.

Kersgroete

Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

 
 
JOU MAATSKAPPY KAN VANDAG NOG BETROKKE RAAK!

Daar is ʼn voordeel vir enige maatskappy wat ʼn skenking aan ʼn geregistreerde openbare welsynsorganisasie (OWO) soos Ons Tuis maak. Dit vorm deel van sy sosiale verantwoordelikheid, en maatskappye kan ook ʼn belastingvoordeel verkry.

Die maatskappy ontvang ʼn artikel 18A-sertifikaat wat deur Ons Tuis uitgereik word vir belastingdoeleindes.

Oorweeg dit om ʼn skenking aan Ons Tuis by jou maatskappy se begroting vir 2023 in te sluit. Dit sal ʼn verskil in ʼn bejaarde se lewe maak.

Kontak ons by 012 325 1857/8 of info@otmt.org vir meer inligting.

 
ONS TUIS AKTIWITEITSFOKUS
 
PIET POTGIETER (Mokopane/Potgietersrus)

Die jaarlikse Kersliggiefees, wat ten bate van Ons Tuis Piet Potgieter aangebied word, is nog tot 24 Desember 2023 aan die gang.

Besoekers is welkom om elke aand vanaf 17:00 - 20:30 na die liggies te kom kyk. Sien jou daar!

Toegang: R10.

Inwoners by Ons Tuis Piet Potgieter geniet 'n heerlike Kersete.

Die gewilde Franna Benade het heerlik saam met inwoners gekuier na sy optrede by die Kersliggiefees by Ons Tuis Piet Potgieter.

 

Inwoners het 'n heerlike oggendtee saam met die span van die Ouma en Oupa Kersprojek by Ons Tuis Piet Potgieter geniet. Baie dankie aan Anja Emslie en haar span!

Die koor by Ons Tuis Piet Potgieter het ook tydens hierdie geleentheid opgetree.

 
ANDRIES-MARIÉ OOSTHUIZEN (Parys)

Daar is niks wat mense so laat saamstaan soos 'n krisis nie!

Ons Tuis AMOT was in Desember sonder krag weens 'n kragkabel wat beskadig was. Die Hervormde Kerk, onder leiding van die bekwame hande van Gerda Myburgh, het gesorg vir hierdie welkome kos aan woonstel-inwoners wat nie self kon kook nie.

Ons hartlike dank word oorgedra aan al die vrywilligers. Pieter Killian het gehelp om die belangrikste areas se krag uit te sorteer. Jan Kamffer het gereeld rondtes gedoen om seker te maak almal het water en ligte, en dat selfone gelaai kon word. Susan Schoeman en haar span asook die kombuisspan het gesorg dat almal versorg en gevoed word.

Inwoners by Ons Tuis AMOT geniet 'n heerlike Kersete!

 
Ons Tuis Emily Hobhouse

Die Ouma en Oupa Kersprojek het ook 'n bietjie by Emily Hobhouse gekuier en ons inwoners bederf as deel van hulle jaarlikse uitreik. Spesiale dankie aan Marelize, Mariska en Spar Silverlakes!

 
ONS TUIS RIVIERA EN DIENSSENTRUM

Die Ouma-Oupa Kersprojek het ons Riviera-inwoners kom bederf met pragtige Kersgeskenke. PSG het die bejaardes bederf met heerlike ystee, kolwyntjies en vrugtekoek.

Ons Tuis Van Rensburg het Vrydag die Kerstyd en die einde van 2023 gevier. Baie dankie aan die huisbestuur en die gemeentes wat ons inwoners bederf het!

 
VAKANTE POSTE

Join our team at Ons Tuis! We're looking for a qualified ADMINISTRATION OFFICER for our frail care facility. Read more here

Join us at Ons Tuis! We're seeking a skilled and experienced MANAGER for our frail care facility, ONS TUIS RIVIERA.Read more here

 
BORG ‘N BADSAKKIE

Ons Tuis streef daarna om 'n versorgende omgewing te skep waar ons ouer inwoners hul goue jare met waardigheid en gemak kan geniet. Een van die belangrikste aspekte van hul welsyn is om persoonlike higiëne te handhaaf.

Om te verseker dat elke inwoner die sorg ontvang wat hulle verdien, begin Ons Tuis met 'n spesiale projek. Ons sal graag elkeen van die 120 verswakte inwoners van sy/haar eie badsakkie met die nodige toiletware wil voorsien.

Ons vra u vriendelik om te oorweeg om 'n paar van hierdie badsakkies vir ons inwoners te borg. Elke sakkie kan noodsaaklike items soos ‘n koekie seep, 'n waslap, tandepasta, tandeborsel, deodorant en handroom insluit. Deur selfs net een van hierdie badsakkies te borg, kan jy 'n onmiddellike en betekenisvolle impak maak op die lewens van ons bejaardes.

Indien jy ‘n verskil wil maak, kontak vir Bets Fourie by 012 329 3623.

 
PAYFAST

Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is Ons Tuis toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings. Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op die prys stel. U kan donasies maak deur Payfast.