Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier | 08 - 2023
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

In ons hedendaagse bestaan is die mens aanhoudend besig met vooruitgang.

Rekenaartegnologie is verstommend, ruimtereise na Mars, motors en wapens wat lyk soos iets uit 2050 se films, gevorderde en verbeterde mediese uitvindsels wat lewens aansienlik verbeter en in sommige gevalle selfs verleng.

Dit bring my by die volgende kamer van Ons Tuis huis, naamlik goeie gesondheid. En meer spesifiek gesondheid soos wat die jare aanstap, ons streef almal daarna om met grasie, respek en betekenis te verouder.

Gesondheid is die vlak van funksionele of metaboliese doeltreffendheid van ‘n lewende organisme. By mense is dit die individu se vermoë om aan te pas en jouself te versorg wanneer daar voor fisieke, geestelike of maatskaplike uitdagings te staan gekom word.

Wanneer ons jonk is, is dit moeilik om te glo ons kan siek word, en is ons geneig om die onderwerp van gesondheidsrisiko’s te vermy. Covid-19 en die inperking het egter gewys dat dit vir ons moeilik is om dinge te hanteer wanneer ons denk-roetine ontwrig word.

Die liggaam ondergaan talle veranderinge wanneer mens ouer word. Take wat inspanning vereis kan uitdagend wees. Behendigtheid neem af, spiere verloor krag en uithouvermoë is minder - alles deel van natuurlike veroudering.

Wanneer ‘n ouer persoon val of siek word, reageer die liggaam anders as by jonger persoon en die herstel duur langer. Dit is nie ongewoon dat ouer persone meer as een chroniese siekte toestand het nie

Daar is baie klem deesdae op sinvolle aktiewe veroudering, mobiliteit en onafhanklikheid. Mense wat reeds van ʼn vroeë ouderdom ʼn gesonde leefstyl handhaaf is geneig om die vrugte daarvan te pluk soos hulle ouer word.

Deur egter na jou gesondheid om te sien en ʼn gesonde leefstyl te handhaaf kan jy baie van die veranderinge vertraag en jouself minder vatbaar maak vir sekere chroniese siektetoestande wat algemeen by ouer mense voorkom, soos artritis en osteoporose.

Daar is ‘n verskeidenheid maniere om jou gesondheid te verbeter selfs al begin jy eers op jou oudag daarmee.


Wenke om gesond te verouder:

  1. Eet gesond: Dieët is belangrik. Soos mens ouer word verander jou metabolisme en spysvertering. Gesonde kossoorte, wat vitamiene en minerale bevat is baie belangrik.
  2. Oefeninge: ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees. Oefening help om meer krag en mobiliteit te behou.
  3. Mediese ondersoek: Dit is belangrik om voorkomend op te tree en gereeld vir mediese ondersoeke te gaan. Sodoende kan gesondheidsprobleme vroegtydig geidentifiseer en onmiddellik behandel word.
  4. Geestesgesondheid: Ouer volwassenes loop die risiko om geestes- en neurologiese afwykings te ontwikkel. Bejaardes kan om verskeie redes depressief raak, insluitend weens die verlies aan ʼn lewensmaat of fisieke siektes. Ander toestande sluit in angsversteuring en demensie. Leefstyl veranderinge kan hier help.
  5. Slaap: Ouer persone is ook meer geneig om slaapprobleme te ontwikkel. Sorg dat daar genoeg gerus en geslaap word.
  6. Hou die brein fiks: Die brein moet soos ‘n spier geoefen word en daagliks gestimuleer word. Lees, speletjies, blokraaisels of ‘n nuwe stokperdjie is goeie brein-oefeninge.

Ter afsluiting is daar legio voordele wat goeie gesondheid vir alle persone inhou:

  1. voortgesette onathanklikheid;
  2. verhoogde lewenskwaliteit;
  3. beter fisiese en geestelike gesondheid
  4. gewigbeheer;
  5. beter postuur en balans;
  6. meer beweeglike gewrigte
  7. sterker bene en spiere;
  8. beter hart- en longfunksie;
  9. laer risiko van hartsiektes, diabetes, sommige kankers en hoë bloeddruk;
  10. verbeterde spysvertering
  11. meer energie
  12. beter slaap;
  13.  minder angs en depressie

“Vriendelike woorde is soos ‘n heuningkoek: soet vir die siel en ‘n genesing vir die gebeente.” – Spreuke 16:24.

Hier by Ons Tuis wil ons ons inwoners en werknemers aanmoedig om na hul gesondheid om te sien.

Goeie gesondheid word vir almal toegewens!

Vriendelike groete,
Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

 
 
JOU MAATSKAPPY KAN VANDAG NOG BETROKKE RAAK!

Daar is ʼn voordeel vir enige maatskappy wat ʼn skenking aan ʼn geregistreerde openbare welsynsorganisasie (OWO) soos Ons Tuis maak. Dit vorm deel van sy sosiale verantwoordelikheid, en maatskappye kan ook ʼn belastingvoordeel verkry.

Die maatskappy ontvang ʼn artikel 18A-sertifikaat wat deur Ons Tuis uitgereik word vir belastingdoeleindes.

Oorweeg dit om ʼn skenking aan Ons Tuis by jou maatskappy se begroting vir 2023 in te sluit. Dit sal ʼn verskil in ʼn bejaarde se lewe maak.

Kontak ons by 012 325 1857/8 of info@otmt.org vir meer inligting.

 
WOEKER WERK-TUINEKOMPETISIE

Die lente is hier! As deel van Lente-vieringe hou Ons Tuis ‘n opwindende tuinkompetisie tussen die verskeie tehuise.

Elkeen van ons tehuise sal deur die loop van September opknappingswerk doen en sy tuin op sy beste laat lyk. ‘n Onafhanklike beoordelaar sal die wenner dan aan die einde van September aankondig.

Wie dink jy gaan wen?

 
BORSKANKER-BEWUSTHEIDSMAAND

By Ons Tuis het ons in Oktober Borskanker-bewustheidsmaand gevier.

Borskanker kan beide mans of vroue affekteer, alhoewel dit baie minder by mans as by vroue voorkom.

 
ONS TUIS SKENK GESKIEDKUNDIGE UITSTALKAS

Ons Tuis het op 12 Oktober 2023 ‘n uitstalkas, wat vanuit 1929 dateer, aan die SP Engelbrecht Museum, die museum van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, oorhandig.

Klik hier vir die volledige mediaverklaring.

 
ONS TUIS AKTIWITEITSFOKUS
 
PIET POTGIETER (Mokopane/Potgietersrus)

Brille & Pille wat op 4 November vir die 18de keer by Ons Tuis Piet Potgieter plaasgevind het, was weereens 'n reuse sukses!

Mariana van Tonder, bestuurder by Ons Tuis Piet Potgieter, sê die motorfietsryers en plaaslike gemeenskap se ondersteuning was werklik besonders.

Ons Tuis Piet Potgieter het 'n donasie van R20 000 van Totalguard ontvang. Groot dank aan die manne op die foto, BJ Smit, Herman Jonker, PC vd Merwe, eienaar van Totalguard en Dirkie Nel.

Veiligheid en sekuriteit vir ons inwoners in die feestyd. Kaptein Piet Botha van die Polisie Ondersteuningsdienste in Mokopane het Ons Tuis Piet Potgieter se inwoners toegespreek.

Baie dankie aan NHSV Waterberg-gemeente vir die skenk van 'n braaier en gazebo aan Ons Tuis Piet Potgieter.

Ons Tuis Piet Potgieter ondersteun die Springbokke so kort voor die finaal!
 

 
 
 
ANDRIES-MARIÉ OOSTHUIZEN (Parys)

Annelien Marais Fisioterapie vier sy 20ste bestaansjaar en bederf AMOT se versorgingsafdeling met die lekkerste kolwyntjies.

 

 
Ons Tuis Machteld Postmus

Ons Tuis Machteld Postmus het Saterdag 14 Oktober heerlik verjaarsdag gehou saam met ons inwoner, Tannie Annemarie Kruger en haar familie. Sy en haar tweelingsuster is so geseënd om hulle 90ste verjaardag saam te kon vier.

 
Ons Tuis Emily Hobhouse

Die oggendmark wat op Saterdag 4 November 2023 by Ons Tuis Emily Hobhouse plaasgevind het, was 'n groot sukses. Die inwoners het dit ook terdeë geniet!

Die jaarlikse Lentebraai by Ons Tuis Emily Hobhouse was 'n feestelike geleentheid!

Uys Foxcroft en Louis Buys is op Saterdag 14 Oktober 2023 by Ons Tuis Emily Hobhouse in die huwelik bevestig.

Pastoor Piet Nel van Emily Hobhouse het op 22 Oktober sy 88ste verjaardag gevier.
 

 
ONS TUIS RIVIERA EN DIENSSENTRUM

Lentedag by Ons Tuis Riviera was vol blomme, ballonne, sang en lekker kos. MJ Saunders het die inwoners vermaak met sy pragtige stem en almal het hul gate uit geniet.

100 jaar, 100 kersies vir tannie Sophié - Tannie Sophié Gass het Maandag 100 jaar oud geword. Haar jarelange gemeente, NH Pierneef, het vir haar 'n spesiale geleentheid saam met Ons Tuis Riviera gehou. Haar suster, Tineke (93), was ook teenwoordig.

Lees die volledige artikel hier.

Inwoners by Ons Tuis Riviera geniet 'n speletjiesdag aangebied deur eerstejaar-arbeidterapiestudente!

Seniors Tuis Dienssentrum se Kersfunksie was 'n reuse sukses! Die sanger Piet Smit het ons in vervoering gehad met sy sang.

 
BORG ‘N BADSAKKIE

Ons Tuis streef daarna om 'n versorgende omgewing te skep waar ons ouer inwoners hul goue jare met waardigheid en gemak kan geniet. Een van die belangrikste aspekte van hul welsyn is om persoonlike higiëne te handhaaf.

Om te verseker dat elke inwoner die sorg ontvang wat hulle verdien, begin Ons Tuis met 'n spesiale projek. Ons sal graag elkeen van die 120 verswakte inwoners van sy/haar eie badsakkie met die nodige toiletware wil voorsien.

Ons vra u vriendelik om te oorweeg om 'n paar van hierdie badsakkies vir ons inwoners te borg. Elke sakkie kan noodsaaklike items soos ‘n koekie seep, 'n waslap, tandepasta, tandeborsel, deodorant en handroom insluit. Deur selfs net een van hierdie badsakkies te borg, kan jy 'n onmiddellike en betekenisvolle impak maak op die lewens van ons bejaardes.

Indien jy ‘n verskil wil maak, kontak vir Bets Fourie by 012 329 3623.

 
PAYFAST

Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is Ons Tuis toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings. Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op die prys stel. U kan donasies maak deur Payfast.