Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier | 02 - 2024
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

Ons staan gereed by die wegspringplek, vir die eerste kilometer van die wedloop in ‘n maand wat gevul is met liefde en die openbaring van liefde tussen inwoners asook ons as werknemers teenoor die inwoners. Elkeen voorbereid en toegerus om ons eie persoonlike wedloop aan te durf, wat ons suksesvol wil voltooi as oorwinnaars.

Die begin van ons wedloop is nie bloot ‘n enkele gebeurtenis, ‘n donderende epifanie, dramatiese openbaring, besluit of ‘n toewyding nie, maar ‘n gemotiveerde ontwaking, ‘n besef van ‘n geestelike honger binne jou en ‘n geleidelike transformasie wat mens se lewe, geloof en perspektiewe hervorm.

Die dag waarop ‘n persoon daardie diepgaande ervaring wat die koers van sy/haar bestaan verander het aanneem, word verlig met nuwe hoop, doel en geloof. Laat dit ‘n oomblik wees van ontwaking, ‘n roering binne jou siel wat jou genooi het om hierdie diepgaande wedloop soos ‘n pelgrimstog met ontdekking, oortuiging en oorgawe te begin.

Ons worstel dikwels in die hedendaagse wêreld met vrae van twyfel, skeptisme, en onsekerheid, en stoei met die implikasies van om aan ’n lewe van geloof te verbind. Tog, te midde van die onrus van ons innerlike twyfel, kom daar altyd ‘n diepgewortelde oortuiging na vore; wat die dieptes van mens se siel aanraak en ons weet dit is God, wie se teenwoordigheid elke aspek van ons lewens en ons wedloop deurdring.

Ons worstel dikwels in die hedendaagse wêreld met vrae van twyfel, skeptisme, en onsekerheid, en stoei met die implikasies van om aan ’n lewe van geloof te verbind.

Tog, te midde van die onrus van ons innerlike twyfel, kom daar altyd ‘n diepgewortelde oortuiging na vore; wat die dieptes van mens se siel aanraak en ons weet dit is God, wie se teenwoordigheid elke aspek van ons lewens en ons wedloop deurdring.

Terwyl ons terugkyk en onthou waar die begin van hierdie odyssee plaasgevind het, word ons opnuut herinner aan die woorde van Hebreërs 12:1-2 : “Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God”.

Waar ons gereed is en die maand aantree vir ons wedloop vir die jaar, weet ons, en is ons reeds vervul met verwagting vir die avonture wat voorlê, wetende dat ons hierdie wedloop nie alleen hardloop nie, maar met die versekering van God se teenwoordigheid wat ons elke tree van die pad gaan lei.

Die inwoners en werknemers van Ons Tuis is gereed, fiks en vol verwagting en wag vir die afsetter om die skoot af te vuur sodat die wedloop kan begin.

Vriendelike Ons Tuis groete

Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

 
 
JOU MAATSKAPPY KAN VANDAG NOG BETROKKE RAAK!

Daar is ʼn voordeel vir enige maatskappy wat ʼn skenking aan ʼn geregistreerde openbare welsynsorganisasie (OWO) soos Ons Tuis maak. Dit vorm deel van sy sosiale verantwoordelikheid, en maatskappye kan ook ʼn belastingvoordeel verkry.

Die maatskappy ontvang ʼn artikel 18A-sertifikaat wat deur Ons Tuis uitgereik word vir belastingdoeleindes.

Oorweeg dit om ʼn skenking aan Ons Tuis by jou maatskappy se begroting vir 2023 in te sluit. Dit sal ʼn verskil in ʼn bejaarde se lewe maak.

Kontak ons by 012 325 1857/8 of info@otmt.org vir meer inligting.

 
ONS TUIS AKTIWITEITSFOKUS
 
Woeker & Werk Tuinekompetisie

Die wenner van die eerste Woeker & Werk Tuinekompetisie van die Ons Tuis groep, is tydens ‘n feesgeleentheid op Vrydag 9 Februarie 2024 aangekondig.

Ons Tuis: Machteld Posthumus in Brooklyn, Pretoria het met die louere weggestap en het ‘n trofee, R5 000 kontant vanaf AL 3 Boerdery en ‘n geskenkpak van Protek met hul pragtige tuin verdien.

Die tuinekompetisie is beoordeel deur niemand anders nie as die tuinghoeroe, JJ van Rensburg.

2de: Emily Hobhouse
3de: Amot

 
PIET POTGIETER (Mokopane/Potgietersrus)

Die kaartjies was uitverkoop vir die suksesvolle vertoning deur Je-ani Swiegelaar vandag by Ons Tuis Piet Potgieter in Mokopane. Groot dank aan die gemeenskap van Mokopane wat Ons Tuis ondersteun het!

Inwoners by Ons Tuis Piet Potgieter is hierdie maand bederf met Minky Smit, skrywer, motiveringspreker en pastoor, en haar span se besoek.

Valentynsdag by Ons Tuis Piet Potgieter. Dankie aan Mari Kruger en haar leerders van Learning Link vir die besoek met blomme en sjokolade.

Baie dankie aan Esmarelda en Hantie van Stimuzone wat rekenaarklasse vir die inwoners by Ons Tuis Piet Potgieter aanbied.

 
ONS TUIS MACHTELD POSTMUS

Valentynsete by Ons Tuis Machteld Postmus.

 
ANDRIES-MARIÉ OOSTHUIZEN (Parys)

Twee weke was meer as genoeg tyd vir Amanda Homan (77) en Ronald Matthews (82) van Ons Tuis: Andries Marie Oosthuizen (AMOT) om nie net verlief te raak nie, maar om ook die knoop deur te hak.

“Hoeveel tyd het jy nog oor voor die deur toemaak,” vra Ronald. “Maak die beste daarvan as jy iemand kry wat jy liefhet.” Lees hulle verhaal hier.

Valentynsdag by Ons Tuis AMOT. Annemarie Botha ontvang die Valentyns-wisseltrofee vir die mooiste roos. Dit word oorhandig deur 2023 se wenner, Tin Froneman.

Die ander wenners is mnr. en mev. Killian vir die mooiste paartjie, mev. Thompson met 'n tweede plek en en mev. Pretorius die derde plek. Estelle Rossouw het ook Ons Tuis AMOT se geliefdes kom bederf het met sang en boekvoorlesing.

UIM-lede het in Februarie kom help met spesiale stemregistrasies by Ons Tuis AMOT. Hulle het ook ons seniors met 'n heerlike eetdingetjie bederf.

Ability Assist, in samewerking met die arbeidsterapeut Minette van Eeden, bied 'n demonstrasie van verskeie hulpmiddele aan wat aktiewe veroudering makliker maak.

Lindsay en Collin oorhandig 'n geskenk (opblaasbare wasbak) aan sr. Belia van Ons Tuis AMOT se versorgingseenheid.

PJ Le Grange, inwoner van Ons Tuis AMOT, het op 8 Februarie sy 84ste verjaarsdag gevier.

Oom Ben Visagie het op 6 Maart 80 jaar oud geword. Oom Ben woon saam met sy vrou in 'n woonregwoonstel by Ons Tuis AMOT. Baie geluk!

Mev. Winnie Roos, inwoner by Ons Tuis AMOT, het op 11 Maart 96 jaar oud geword. Hier is sy saam met haar twee dogters, Carin (regs) en Elsabe (links) wat hierdie vreugdevolle dag saam met haar kom vier het. Baie geluk!

 
ONS TUIS VAN RENSBURG

Valentynsdag by Ons Tuis Van Rensburg.

'n Groot dankie aan die Witfontein Gemeente wat Ons Tuis Van Rensburg se eetsaal kom versier het en Valentyns-bederfies vir ons inwoners gebring het. Dankie ook vir Helene Oosthuizen wat haar soan gelei het om hierdie funksie 'n reuse sukses te maak.

 
ONS TUIS EMILY HOBHOUSE

Oom Dawid Muller (97) van Ons Tuis Emily Hobhouse vier nie net alleen sy 97ste verjaardag hierdie jaar nie, maar hy en sy vrou, Tannie Milly Muller (89), vier ook hulle 71ste huweliksherdenking.

 
ONS TUIS RIVIERA EN DIENSSENTRUM

Hierdie Valentynsdag vier Tannie Tossie Gouws van Ons Tuis Riviera, Pretoria, haar merkwaardige 103de verjaardag. In 2021 het Tannie Gouws op haar honderdste verjaardag ‘n spesiale gelukwensing vanaf President Cyril Ramaphosa ontvang, ‘n dierbare herinnering wat steeds in ‘n houtraam teen haar kamermuur by Ons Tuis pronk.

Klik hier vir haar volledige verhaal.

Die Silwer Express Kursus het afgeskop by die Ons Tuis Dienssentrum. Daar het 42 begeesterde inwoners van die Ons Tuis Monumentegroep heerlik saam gesels oor 'n sinvolle lewe.

Lees meer hier.

 
ARTIKELS
 
Maatskaplike werk: ‘Jy raak betrokke in ander se diepste, seerste oomblikke’

“Dit is iets wat ek oor die jare heen moes leer – om nie jou uitdagings saam met jou huis toe te neem nie,” vertel Anneliese Bothma, Ons Tuis se maatskaplike werker. “As maatskaplike werker raak jy betrokke in ander se diepste en seerste oomblikke. Soms dra jy maar daardie seer saam met jou, en dra die las saam met die ander persoon.”

Kliek hier om meer te lees.

 
FANTASTIESE VOEDING!

Is jy op soek na organiese bemesting, ryk aan voedingstowwe?  Protek het die antwoord!
 
Jy mag dalk dink dat jou tuingrond vrugbaar is, maar na alle waarskynlikheid benodig dit ekstra voedingstowwe om jou plante te laat floreer. Voeding is noodsaaklik om die algemene groei te verbeter, die opbrengs van blomme en vrugte te verbeter en jou plante te versterk.  En gesonde, sterk plante kan makliker plae weerstaan!
 
Protek Guanosol is in ‘n gerieflike pilvorm beskikbaar en is baie eenvoudig om te gebruik!  Plaas 1 tot 3 pille per pot, plant, struik of boom, 10 cm weg van die stam en sien hoe jou plante floreer! Voedingstowwe word stadig vrygestel en kan tot 3 maande voeding aan jou plante gee.
 
Protek Guanoflo is ‘n vloeibare misstof en bied vinnige resultate.   Verdun 1 lit Guanoflo in 40 liter water en behandel plante elke 2 weke vir die beste resultate.  Dit kan direk in die grond of as ‘n blaarvoeding toegedien word en sal nie jou plante brand nie.  En dit so maklik om Guanoflo met die gerieflike Protek MixNozle toe te dien! Dit is ‘n veeldoelige mengsproeikop wat Protek Guanoflo tot ‘n 1:10-oplossing verdun.  Meng eenvoudig een liter Guanoflo met vier liter water in ‘n emmer, koppel die Mixnozle aan jou tuinslang, plaas die suigbuis in die emmer en draai die spuit oop. Die Mixnozle verdun die oplossing verder tot die vereiste 1:40 verhouding.
 
Beide Guanosol en Guanoflo word van suiwer seevoel-ghwano vervaardig en is organies gesertifiseerd.  Dit beskik oor makro- sowel as mikro-element wat noodsaaklik is vir algemene gesonde groei en wortel-, blaar- , blom- en vrugvorming.  Dit is ‘n grondkondisioneerder wat die natuurlike balans van die grond verbeter en is geskik vir groentetuine, vrugtebome en grasperke asook binnens- en buitenshuise plante en blomme.
 
Wet 36 van 1947
Guanoflo: B3415, 13.8 g/kg N, 17 g/kg P, 2.1 g/kg K, 40.38 mg/kg Ca, 2521 mg/kg Mg, 1990 mg/kg Na, 16 mg/kg Mn, 606 mg/kg Fe, 11 mg/kg Cu, 91 mg/kg Zn, 6 mg/kg B, Group 2 fertiliser, registration holder: Farmworx (Pty) Ltd, company registration number:  2012/092415/07, PO Box 645, Heidelberg, 1439, telephone number: (011) 812 9800
Guanosol: B3416, 77 g/kg N, 51 g/kg P, 36 g/kg K, 22 mg/kg Mn, 15 mg/kg Cu, 8.43 mg/kg Ca, 0,61 mg/kg Mg, 1110 g/kg Na, 516 mg/kg Zn, 16 mg/kg B, Group 2 fertiliser, registration holder:  FarmWorx (Pty) Ltd, company registration number: 2012/092415/07, P O Box 645, Heidelberg, 1438, telephone number:  011 812 9800
Versprei deur: Protek, ’n divisie van PE BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438. Tel (011) 812 9800 of 0861 PROTEK (0861) 77 68 35, www.proteksa.co.za.

 
ONS SPENS

Ons Spens is ‘n opwindende nuwe inisiatief wat deur Ons Tuis, in samewerking met ILoveCookies, geloods word. Ons bied ‘n wyse vir jou om van ons heerlike beskuit en koekies te geniet, terwyl ons terselfdertyd fondse insamel om Ons Tuis-tehuise op te knap vir ons kosbare inwoners.

Ons is trots om ‘n verskeidenheid smaakvolle beskuit- en koekiesoorte aan te bied, soos karringmelkbeskuit, beskuit met dadels en sade, heuning en amandel, en nog baie meer. Ons beskuit word met liefde en sorg gebak volgens tradisionele resepte wat heerlikheid en nostalgiese smake beloof.

En dit is nie al nie! Ons het ook ‘n wye verskeidenheid koekies beskikbaar om jou soettand te bevredig. Kies uit ons heerlike klapperkoekies, melktertjiekoekies, gemmerkoekies, Choc Chip-koekies, Crunchie-koekies en soetkoekies.

Klik hier om te bestel.

 
BORG ‘N BADSAKKIE

Ons Tuis streef daarna om 'n versorgende omgewing te skep waar ons ouer inwoners hul goue jare met waardigheid en gemak kan geniet. Een van die belangrikste aspekte van hul welsyn is om persoonlike higiëne te handhaaf.

Om te verseker dat elke inwoner die sorg ontvang wat hulle verdien, begin Ons Tuis met 'n spesiale projek. Ons sal graag elkeen van die 120 verswakte inwoners van sy/haar eie badsakkie met die nodige toiletware wil voorsien.

Ons vra u vriendelik om te oorweeg om 'n paar van hierdie badsakkies vir ons inwoners te borg. Elke sakkie kan noodsaaklike items soos ‘n koekie seep, 'n waslap, tandepasta, tandeborsel, deodorant en handroom insluit. Deur selfs net een van hierdie badsakkies te borg, kan jy 'n onmiddellike en betekenisvolle impak maak op die lewens van ons bejaardes.

Indien jy ‘n verskil wil maak, kontak vir Bets Fourie by 012 329 3623.

 
PAYFAST

Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is Ons Tuis toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings. Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op die prys stel. U kan donasies maak deur Payfast.