Plaas kommunikasie@otmt.org in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon, lees die aanlyn weergawe hier | 03 - 2024
 
 
'N BOODSKAP VAN ONS BESTURENDE DIREKTEUR
 

In die vorige kilometers van ons wedloop, het daar twyfel na vore getree of ons wel die wedloop gaan voltooi asook die uitdagings van die wedloop wat voorlê. 

As inwoners en werknemers van Ons Tuis besef ons egter dat waar ons die volgende kilometers van ons wedloop gaan aflê daar altyd struikelblokke sal wees. Dis daarom belangrik dat ons gefokus moet bly. FOKUS is dan ons tema vir hierdie deel van ons wedloop. Daar is so baie dinge om ons en in die wêreld wat ons fokus wil steel ontneem.

Sosiale media, die televisie, nuusberigte, fokus op sensasie en meerderheid op die negatiewe. Dink maar aan die gebeure van die afgelope paar jaar. Daar was COVID, die heersende oorloë, korrupsie, beurtkrag, rentekoerstygings, storms, aardverwarming, groeiende lys van negatiwitisme.

Ons is blootgestel aan die negatiewe in ons lewenswedloop wat slegs oorkom kan word deur te fokus op die positiewe en die eindpunt. Ons denke kan die handrem wees op ons suksevolle voltooing van die wedloop dus moet ons fokus wees om die negatiewe denke in positiewe denke te omskep ten einde die eerste plek in ons eie lewenswedloop te behaal. As jy glo en daarop fokus dat jy ‘n wenner in eie reg is, sal jy met gemak hierdie kilometer en die wedloop met groot sukses voltooi.

As dit kom by FOKUS, gaan mens se gedagte onwillekeurig na die gedeelte in die Bybel wat handel oor die dissipels en die storm.

Die dissipels wat weggevaar het op die skuit en in die middel van die see was, omring deur groot golwe en onstuimige winde wat die dissipels bang gelaat het.

Dan kom Jesus teen dagbreek na hulle toe aangeloop op die water. Wanneer Petrus op die water loop en sy fokus wegneem van Jesus, sink hy, waarop Jesus Sy hand uitsteek en hom red.  

Die boodskap in hierdie kilometer is dat ongeag die aardse gebeure rondom ons en in ons lewenswedloop moet ons fokus op die eindstreep wees. Ons moet nie toelaat dat die storms en winde van die lewe ons fokus van die einddoel ontneem nie.

Dit is so maklik om net te dink aan al die uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar en geen hoop of uitkoms te sien nie en sodoende fokus verloor op ons lewenswedloop

As Hy Petrus op die water kan laat loop, dan kan en sal Hy ons ook bewaar en lei in ons besondere omstandighede ongeag die grootheid van die uitdaging. Hou daarom altyd jou fokus op die Here, en vertrou op Hom want sy hand van redding is uitgestrek na elkeen van ons.

Bly gefokus en vertrou op jou vermoëns in jou lewenswedloop.

Mag die Here se hand van bewaring, uitgestrek wees oor elke inwoner en werknemer van Ons Tuis.

Vriendelike Ons Tuis groete

Adv. Jaco Bothma
Besturende direkteur: Ons Tuis

 
 
JOU MAATSKAPPY KAN VANDAG NOG BETROKKE RAAK!

Daar is ʼn voordeel vir enige maatskappy wat ʼn skenking aan ʼn geregistreerde openbare welsynsorganisasie (OWO) soos Ons Tuis maak. Dit vorm deel van sy sosiale verantwoordelikheid, en maatskappye kan ook ʼn belastingvoordeel verkry.

Die maatskappy ontvang ʼn artikel 18A-sertifikaat wat deur Ons Tuis uitgereik word vir belastingdoeleindes.

Oorweeg dit om ʼn skenking aan Ons Tuis by jou maatskappy se begroting vir 2023 in te sluit. Dit sal ʼn verskil in ʼn bejaarde se lewe maak.

Kontak ons by 012 325 1857/8 of info@otmt.org vir meer inligting.

 
 

 
ONS TUIS AKTIWITEITSFOKUS
 
ALGEMEEN

Rocco de Villiers, wel bekende pianis, het ‘n besondere projek aangepak om die senior inwoners van verskeie tehuise regoor die land te vermaak. Onlangs het die inwoners van drie van die Ons Tuis-tehuise die voorreg gehad om Rocco se humor en klavierspel te geniet tydens sy besoeke.

Lees die volledige artikel hier.


En so is Riaan Benade se nuutste musiekvideo, wat by Ons Tuis Emily Hobhouse opgeneem is, bekendgestel!

Johan C Venter, deel van die Coleske Group en uitvoerende vervaardiger van die produksie, vertel dat die span vir die maak van die musiekvideo ‘n tehuis met karakter gesoek het. “Dit is soveel makliker om ‘n authenic storie te vertel by ‘n tehuis met ‘n mooi gebou en met hope karakter. Daarom het ons gekies om die video by Ons Tuis te kom skiet.”

Lekker luister!

 

 
PIET POTGIETER (Mokopane/Potgietersrus)

Tom Falldorf, 'n oogarts uit Duitsland, het op 22 April inwoners by Ons Tuis Piet Potgieter se oë gratis getoets en waar nodig, inwoners van 'n bril voorsien. Baie dankie aan Tafelronde 92 wat die reëlings getref het.

Baie dankie aan Hayley Essakow wat as deel van haar gemeenskapswerk by International Leadership Academy by Ons Tuis Piet Potgieter kom kuier het en saam haar medeleerders kolwyntjies aan inwoners uitgedeel het.

Tannie Marie Human, inwoner by Ons Tuis Piet Potgieter, het op 14 April haar 99ste verjaardag saam met haar familie gevier. Baie geluk!

 
ONS TUIS MACHTELD POSTMUS

Ons Tuis Machteld Postmus, ‘n aftreeoord vir senior burgers in Brooklyn, Pretoria, is sedert sy stigting in 1949 ‘n ware tuiste vir talle senior burgers.

Onder die skatte wat eens deur die inwoners gekoester is, was ‘n kosbare fotoalbum, ‘n visuele uitbeelding van die liefde, lag, geluk en herinneringe wat deur die dekades heen by Ons Tuis Machteld Postmus deur die gange weergalm het.

Hierdie gekoesterde album het egter oor die jare verdwyn en ‘n leemte in baie harte agtergelaat. Die inwonerskomitee by Ons Tuis Machteld Postmus het besluit om ‘n nuwe fotoalbum saam te stel en weer Machteld Postmus se kosbare herinneringe vas te vang.

Lees die volledige artikel hier.

 
ANDRIES-MARIÉ OOSTHUIZEN (Parys)

Mnr. APJ van Schalkwyk het op 14 April sy 90ste verjaarsdag gevier. Hy het die dag in Marloth Park saam met sy kinders van Amerika deurgebring.

Tannie Bonnie Becker het op 3 April 88 jaar oud geword. Sy is vanjaar al 10 jaar 'n inwoner by Ons Tuis AMOT. Haar dogter, Rykie, het 'n heerlike koek gebring vir teetyd saam met haar gangmaats.

 
ONS TUIS RIVIERA

Ons Tuis Riviera het op 4 April sy 95ste bestaansjaar gevier.

Ds Frikkie van Wyk, voorsitter van die Ons Tuis-direksie,  sê: “Ons voel bevoorreg en uiters trots om hierdie mylpaal van 95 jaar te bereik. Dit is ‘n bewys van ons toewyding aan die versorging van ons bejaardes en ons sien met groot opgewondenheid uit na die volgende fase van ons reis.”

Lees die volledige artikel hier.

 
ARTIKELS
 
Maatskaplike werk: ‘Jy raak betrokke in ander se diepste, seerste oomblikke’

“Dit is iets wat ek oor die jare heen moes leer – om nie jou uitdagings saam met jou huis toe te neem nie,” vertel Anneliese Bothma, Ons Tuis se maatskaplike werker. “As maatskaplike werker raak jy betrokke in ander se diepste en seerste oomblikke. Soms dra jy maar daardie seer saam met jou, en dra die las saam met die ander persoon.”

Kliek hier om meer te lees.

 
FANTASTIESE VOEDING!

Is jy op soek na organiese bemesting, ryk aan voedingstowwe?  Protek het die antwoord!
 
Jy mag dalk dink dat jou tuingrond vrugbaar is, maar na alle waarskynlikheid benodig dit ekstra voedingstowwe om jou plante te laat floreer. Voeding is noodsaaklik om die algemene groei te verbeter, die opbrengs van blomme en vrugte te verbeter en jou plante te versterk.  En gesonde, sterk plante kan makliker plae weerstaan!
 
Protek Guanosol is in ‘n gerieflike pilvorm beskikbaar en is baie eenvoudig om te gebruik!  Plaas 1 tot 3 pille per pot, plant, struik of boom, 10 cm weg van die stam en sien hoe jou plante floreer! Voedingstowwe word stadig vrygestel en kan tot 3 maande voeding aan jou plante gee.
 
Protek Guanoflo is ‘n vloeibare misstof en bied vinnige resultate.   Verdun 1 lit Guanoflo in 40 liter water en behandel plante elke 2 weke vir die beste resultate.  Dit kan direk in die grond of as ‘n blaarvoeding toegedien word en sal nie jou plante brand nie.  En dit so maklik om Guanoflo met die gerieflike Protek MixNozle toe te dien! Dit is ‘n veeldoelige mengsproeikop wat Protek Guanoflo tot ‘n 1:10-oplossing verdun.  Meng eenvoudig een liter Guanoflo met vier liter water in ‘n emmer, koppel die Mixnozle aan jou tuinslang, plaas die suigbuis in die emmer en draai die spuit oop. Die Mixnozle verdun die oplossing verder tot die vereiste 1:40 verhouding.
 
Beide Guanosol en Guanoflo word van suiwer seevoel-ghwano vervaardig en is organies gesertifiseerd.  Dit beskik oor makro- sowel as mikro-element wat noodsaaklik is vir algemene gesonde groei en wortel-, blaar- , blom- en vrugvorming.  Dit is ‘n grondkondisioneerder wat die natuurlike balans van die grond verbeter en is geskik vir groentetuine, vrugtebome en grasperke asook binnens- en buitenshuise plante en blomme.
 
Wet 36 van 1947
Guanoflo: B3415, 13.8 g/kg N, 17 g/kg P, 2.1 g/kg K, 40.38 mg/kg Ca, 2521 mg/kg Mg, 1990 mg/kg Na, 16 mg/kg Mn, 606 mg/kg Fe, 11 mg/kg Cu, 91 mg/kg Zn, 6 mg/kg B, Group 2 fertiliser, registration holder: Farmworx (Pty) Ltd, company registration number:  2012/092415/07, PO Box 645, Heidelberg, 1439, telephone number: (011) 812 9800
Guanosol: B3416, 77 g/kg N, 51 g/kg P, 36 g/kg K, 22 mg/kg Mn, 15 mg/kg Cu, 8.43 mg/kg Ca, 0,61 mg/kg Mg, 1110 g/kg Na, 516 mg/kg Zn, 16 mg/kg B, Group 2 fertiliser, registration holder:  FarmWorx (Pty) Ltd, company registration number: 2012/092415/07, P O Box 645, Heidelberg, 1438, telephone number:  011 812 9800
Versprei deur: Protek, ’n divisie van PE BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438. Tel (011) 812 9800 of 0861 PROTEK (0861) 77 68 35, www.proteksa.co.za.

 
ONS SPENS

Ons Spens is ‘n opwindende nuwe inisiatief wat deur Ons Tuis, in samewerking met ILoveCookies, geloods word. Ons bied ‘n wyse vir jou om van ons heerlike beskuit en koekies te geniet, terwyl ons terselfdertyd fondse insamel om Ons Tuis-tehuise op te knap vir ons kosbare inwoners.

Ons is trots om ‘n verskeidenheid smaakvolle beskuit- en koekiesoorte aan te bied, soos karringmelkbeskuit, beskuit met dadels en sade, heuning en amandel, en nog baie meer. Ons beskuit word met liefde en sorg gebak volgens tradisionele resepte wat heerlikheid en nostalgiese smake beloof.

En dit is nie al nie! Ons het ook ‘n wye verskeidenheid koekies beskikbaar om jou soettand te bevredig. Kies uit ons heerlike klapperkoekies, melktertjiekoekies, gemmerkoekies, Choc Chip-koekies, Crunchie-koekies en soetkoekies.

Klik hier om te bestel.

 
BORG ‘N BADSAKKIE

Ons Tuis streef daarna om 'n versorgende omgewing te skep waar ons ouer inwoners hul goue jare met waardigheid en gemak kan geniet. Een van die belangrikste aspekte van hul welsyn is om persoonlike higiëne te handhaaf.

Om te verseker dat elke inwoner die sorg ontvang wat hulle verdien, begin Ons Tuis met 'n spesiale projek. Ons sal graag elkeen van die 120 verswakte inwoners van sy/haar eie badsakkie met die nodige toiletware wil voorsien.

Ons vra u vriendelik om te oorweeg om 'n paar van hierdie badsakkies vir ons inwoners te borg. Elke sakkie kan noodsaaklike items soos ‘n koekie seep, 'n waslap, tandepasta, tandeborsel, deodorant en handroom insluit. Deur selfs net een van hierdie badsakkies te borg, kan jy 'n onmiddellike en betekenisvolle impak maak op die lewens van ons bejaardes.

Indien jy ‘n verskil wil maak, kontak vir Bets Fourie by 012 329 3623.

 
PAYFAST

Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is Ons Tuis toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings. Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op die prys stel. U kan donasies maak deur Payfast.