Ons Tuis Riviera, versorgingsoord in Pretoria, vier vanjaar hul legendariese 95ste bestaansjaar .
Die eerste Ons Tuis-tehuis het op 1 April 1929 die lig gesien toe mev. Machteld Postmus sy deure in Pretoria geopen het. Min het sy geweet dat die maatskappy — sonder winsbejag, steeds 95 jaar later steeds daarop sou fokus om behuising aan ouer persone te verskaf en verder sou uitbrei tot ‘n groep aftreeoorde wat nagenoeg 1 100 persone kan versorg en huisves. Die huidige oudste inwoner van Ons Tuis : Riviera was op die betrokke datum 8 jaar oud gewees.
Die projek het in 1942 vlerke gekry toe die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, met mev. Postmus as die voorsitter van die Direksie, die bestuur daarvan oorgeneem het. Met die ondersteuning van die Nederduitsch Hervormde kerk en deur sy lidmate se betrokkenheid en ondersteuning het Ons Tuis van krag tot krag gegaan om ‘n veilige heenkome te skep waar ouer persone hul goue jare kan geniet en aktief kan verouder.
Matrone Hennie van der Walt, Bestuurder van Ons Tuis Riviera, sê dit is vir hom ‘n groot voorreg en eer om tydens hierdie groot mylpaal by Ons Tuis betrokke te wees. “Dit is wonderlik om te weet dat ons deel is van ‘n plek wat vir soveel van ons bejaardes ‘n veilige heenkome bied.”
Ds Frikkie van Wyk, Voorsitter van die Ons Tuis Direksie, het bygevoeg: “Ons voel bevoorreg en uiters trots om hierdie mylpaal van 95 jaar te bereik. Dit is ‘n bewys van ons toewyding aan die versorging van ons bejaardes en ons sien met groot opgewondenheid uit na die volgende fase van ons reis.”
Ons Tuis spog vandag met agt aftreeoorde in drie van Suid-Afrika se provinsies. Behuisingsopsies wissel van reg van okkupasie, selfsorgeenhede en losies(kamers en woonstelkomplekse), tot gespesialiseerde mediese sorg vir persone wat aan Alzheimer, demensie of ander verwante mediese toestande ly.
Ons Tuis word as legendariese afreeoorde in die histories geskiedenis van Suid Afrika geag wat die hoeksteen gevorm het van die konsep van aftreeoorde.