Ons Tuis Andries-Marie Oosthuizen Tehuis se Kersete was ‘n fees en iets waarna elke inwoner jaarliks uitsien. Die personeel het die ete self voorberei en selfs die kantoor na die kombuis geskuif en die rekenaars vir die stoof verruil.
Matt Stern het die gehoor bekoor met ‘n verskeidenheid liedere vir elke smaak. Met die afsluiting was elkeen se siel en liggaam gevoed en die tevrede glimlagte op ons inwoners se gesigte was die kersie op die koek!