Print Friendly, PDF & Email
ONS TUIS
EMILY HOBHOUSE

Ons Tuis Emily Hobhouse is in 1983 as ‘n tehuis in gebruik geneem en bied selfsorg-verblyfopsies aan selfstandige bejaardes.

Emily Hobhouse behuisingkompleks bestaan uit ‘n hoofgebou met ses verdiepings en behuisingseenhede vir 173 inwoners wat insluit:

  • Kamers;
  • 16 Woonstelle; en
  • 13 Woonreg eenhede.

 

ONS TUIS Emily Hobhouse bied die perfekte oplossing vir ouer persone wat hul oue jare hul goue jare wil maak en die lewe saam met mense van hul eie portuur wil geniet.

ONTMOET ONS TUIS

EMILY HOBHOUSE SE BEKWAME BESTUURDER

Sr Sonja Stander

Suster en Bestuurder
Klik hier om meer te lees oor Sonja.

Kontakbesonderhede:
Tel: (012) 323 4891 / 2
E-pos: ehbestuur@otmt.org
Malherbesraat 55, Capital Park, Pretoria
NPO 011-690

Basiese behoeftes

  • Twee etes (ontbyt en middagete) word by die verblyf van woonstel- en kamer-fasiliteite ingesluit.
  • Bussie winkels toe en voertuie vir dokters, klinieke en hospitale.
  • Gratis vervoer na die winkels: Jakaranda Sentrum en Gezina stad op Dinsdae, Hyperama op Vrydae (vanaf 9:00 tot 11:00).
  • Die fasiliteit word 24-uur per dag beman om die veiligheid van u geliefdes te verseker.
Ontspanning: Weeklikse aktiwiteite soos hier gelys word aangebied en inwoners word aangemoedig om vrywillig daaraan deel te neem:
  • Maandae: Arbeidsterapie en Mosaiek klasse (9:00-11:00), Samesang in die eetsaal (16:00).
  • Dinsdae: Fliekdag (vanaf 14:00), Volkspele en volksdanse elke eerste Dinsdag van die maand (14:30–16:00).
  • Woensdae: Haarsalon (06:30-12:00), Oefeninge (14:30-16:00).
  • Donderdae: Biblioteek (9:00-10:00).
  • Vrydae: Haarsalon (06:30-12:00).
  • Sondae: Kerkdienste in die eetsaal en vervoer na Hervormde- en NG Kerk.
  • Maandae-Saterdae: Snoepwinkel (14:00-16:00).
‘n Verskeie aktiwiteite vind ook op ʼn weeklikse of maandelikse basis plaas soos:
  • Bybelstudiegroepe.
  • ‘Pool’ en veerpyltjie speel in die Kraaines.
  • Rummikub en kaartspeletjies.
  • Legkaartbou.
  • Wegneem middagetes vanuit die Dienssentrum kombuis teen ‘n laer tarief.
  • Sosiale en ontspanningsprogramme word aangebied.
  • Uitstappies per bus na plekke wat geskik is vir alle inwoners.
  • Uitstappies na teaters.
  • Funksies soos sop en sjerrie, winter-etes, lentebraai en Oujaarsbraai.
GALLERY

Kom loer virtueel in by enige van ONS TUIS se spog tehuise!

Laai gerus ONS TUIS Emily Hobhouse se inligtingsblad met tariewe hier af.

U kan ook onmiddellik aanlyn aansoek doen indien u belangstel.