Met die oog daarop om twee ouetehuise te bou, het die stadsraad van Pretoria in die vyftiger jare 16 erwe aan die NHSV (Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging) geskenk. Só het ONS TUIS Louis Trichardt en ONS TUIS Van Rensburg in Danville tot stand gekom.
ONS TUIS Van Rensburg wat op die versorging van verswakte bejaardes fokus het sy deure amptelik op 7 November 1959 geopen. Die behoefte vir ‘n spesiale afdeling waar pasiënte met Alzheimer se siekte en dementia versorg kan word, is later geïdentifiseer en ontgun.
Die tehuis met sy 71 kamers maak tans vir 115 verswakte ouer persone voorsiening. Inwoners het 24-uur per dag toegang tot puik versorging deur ‘n vriendelike, multi-professionele span.
VAN RENSBURG SE BEKWAME BESTUURDER
Sr Jenny Wesson
Suster en Bestuurder
Klik hier om meer te lees oor Jenny.
Kontakbesonderhede:
Tel: (012) 386 5730/1201
E-pos: Vrbestuur@otmt.org
Delaneystraat 69, Danville, Pretoria 0183
NPO 011-954
Basiese behoeftes
- Drie gesonde maaltye per dag;
- Gratis wasgoeddiens;
- Skoonmaakdienste;
- Emosionele ondersteuning;
- Deurlopende kontak met kinders en familie;
- Pastorale sorg; en
- Die fasiliteit word 24-uur per dag beman om die veiligheid van u geliefdes te verseker.
Gesondheid
- Geriatriese kliniek (Woensdae) met dienste gelewer deur geneesheer.
- Verswakte afdeling bied 24-uur versorging aan bejaardes en persone met demensie of Alzheimer se siekte;
- Alle aspekte van versorging (medikasie, stort, hulp met aantrek) aan die persone wat dit benodig;
Ontspanning:
Weeklikse aktiwiteite soos hier gelys word aangebied en inwoners word aangemoedig om vrywillig daaraan deel te neem:
- Haarversorging;
- Nael -en voetversorging;
- Vervoerdienste;
- Biblioteekdienste;
- Snoepwinkel;
- Aktiwiteitsprogramme; en
- Kerkdienste vind op Woensdae by die tehuis plaas.
Kom loer virtueel in by enige van ONS TUIS se spog tehuise!
Laai gerus ONS TUIS Van Rensburg se inligtingsblad met tariewe hier af.
U kan ook onmiddellik aanlyn aansoek doen indien u belangstel.