LOOPBANE
[mkd_section_title title=”Ons Tuis: Piet Potgieter Ouetehuis | Vakature: Geregistreerde Verpleegkundige” title_color=”” title_text_transform=”” title_text_align=”center” margin_bottom=”” title_size=”” type_out=”no”]

Die Bestuur van Ons Tuis nooi hiermee toepaslik gekwalifiseerde en ervare persone uit om aansoek vir die vakante pos vir ‘n geregistreerde verpleegster by ONS TUIS: Piet Potgieter in Mokopane te doen — ‘n selfsorg aftree-oord met ‘n versorgingsafdeling vir verswakte persone.

Vaardighede benodig

Geskikte kandidate moet oor die volgende vaardighede beskik:

  • Sterk leierseienskappe;
  • Puik algemene en interpersoonlike kommunikasievaardighede;
  • Uitmuntend in menseverhoudinge;
  • Georganiseerd met goeie oordeelsvermoë;
  • Effektief wees in tydsbestuur;
  • Uitstekende administrasie; en
  • Tweetalig in Afrikaans en Engels (skryf en praat).

Verantwoordelikhede

Die geskikte kandidaat sal verwantwoordelik wees vir:

  • Die doeltreffende, effektiewe en verantwoordelike bestuur van die versorgingsafdeling vir verswakte persone;
  • Die bevordering en effektiewe implementering van gesonde veroudering; en
  • Die dag-tot-dag bestuur van die versorgingseenheid, wat insluit:
    • Algemene administrasie.
    • Doeltreffende verslagdoening aan die bestuurder van die afdeling. 

Ondervinding

Die geskikte kandidaat moet die volgende ervaring hê:

  • Implementering, instandhouding en verbetering van sisteme en prosedures wat versorging betref.
  • Rekenaarvaardig (MS Excel, MS Word, Power Point).

Kwalifikasie

Die geskikte kandidaat moet oor die volgende kwalifikasie beskik:

  • Graad 12 sertifikaat;
  • ‘n Gepaste, erkende akademiese kwalifikasie en geregistreerd wees by die toepaslike raad; en
  • ‘n Geldige bestuurderslisensie.

Vergoedingspakket

‘n Markverwante vergoedingspakket sal op grond van die geskikte kandidaat se ervaring en vlak van kwalifikasie onderhandel word.

Sluitingsdatum: 3 Julie 2021

Indien u geen terugvoer binne twee weke ontvang nie, was u aansoek waarskynlik onsuksesvol.

Die maatskappy behou die reg voor om die posisie volgens ons eie diskresie te vul of die pos terug te trek.

Kandidate, wat aan die vereistes soos uiteengesit in hierdie advertensie voldoen, is welkom om hul CV te stuur aan marianavt@otmt.org, Vir aandag: Mev. Mariana van Tonder.

[mkd_section_title title=”Loopbaan Aansoek” title_color=”” title_text_transform=”” title_text_align=”” margin_bottom=”” title_size=”” type_out=”no”][mkd_section_subtitle color=”” text_align=”center” text=”Voltooi asseblief die vorm so volledig moontlik. Sekere velde is verpligtend en indien nie voltooi nie sal u nie die vorm kan stuur.” width=””]