Geskiedenis

Die eerste ONS TUIS-tehuis het op 1 April 1929 die lig gesien toe mev. Machteld Postmus sy deure in Pretoria geopen het. Min het sy geweet dat die maatskappy — wat sonder winsbejag daarop sou fokus om behuising aan ouer persone te verskaf — sou uitbrei tot ‘n groep aftreeoorde wat nagenoeg 1 100 persone kan versorg en huisves.

Die projek het in 1942 vlerke gekry toe die Hervormde Kerk, met mev. Postmus as die voorsitter van die direksie, die bestuur daarvan oorgeneem het. Met die ondersteuning van die kerk en deur sy lidmate se betrokkenheid en ondersteuning het ONS TUIS van krag tot krag gegaan om ‘n veilige heenkome te skep waar ouer persone hul goue jare kan geniet.

ONS TUIS spog met agt aftreeoorde in drie van Suid-Afrika se provinsies. Behuisingsopsies wissel van selfsorgeenhede (kamers en woonstelkomplekse) tot gespesialiseerde sorg vir persone wat aan Alzheimer se siekte of demensie ly.

Ons bekwame personeel skep ‘n atmosfeer van meelewendheid sodat enige persoon vinnig sal aanpas en maklik sal inskakel. Met dienste soos gebalanseerde etes, wasgoed en puik versorging het die tyd nou waarlik aangebreek om agteroor te sit en die lewe voluit te geniet!

Kontak ons gerus om uit te vind of daar ‘n behuisingsopsie is wat by u behoeftes pas!

Gemeenskapsbetrokkenheid

Ouer persone is ‘n onskatbare bron van kennis en ervaring, asook ‘n onuitputbare bron van stories oor hoogtepunte in hul lewens en ons land se geskiedenis. Daarom erken ons die rol wat hul speel en bied ons aan hul die geleentheid om steeds ‘n bydrae tot die toekoms van Suid-Afrika te maak.

Die meeste van ons inwoners is nog vol energie en daarom is ONS TUIS nou by die gemeenskap betrokke. Ons bak-en-brou, maak produkte en bied markte aan vir fondsinsamelings, gedenk spesiale dae op die kalender op ‘n besonderse wyse en bied werkswinkels en selfverrykkingskursusse vir inwoners aan.

Ons nooi u dus uit om ONS TUIS te nader oor hoe ons op-en-wakker inwoners hul liefde in u projek of gemeenskap kan terugploeg!

Familiebetrokkenheid is natuurlik vir ONS TUIS ‘n prioriteit. Daarom bied ons ook gereeld geleenthede om vriende en familie van inwoners te betrek.

Ons is dankbaar vir ‘n verskeidenheid van kerke (alle kerkverbande) wat ons deur bybelstudies, bidgroepe, liefdadigheidsbesoeke en fondsinsamelingsprojekte ondersteun. Hierdie geestelike en fisiese betrokkenheid lewer ‘n onskatbare bydrae om na die welsyn van ons inwoners om te sien.

ONS TUIS verwelkom ook skole en studente wat by bejaardesorg betrokke wil raak. Hierdie blootstelling leer kinders en jongmense hoe om ouer persone met respek en deernis te hanteer. Hul kom bied graag speletjies vir die “oupas en oumas” aan en kan nie uitgeluister raak aan hulle stories en staaltjies nie.

Tyd is die een ding hier op aarde wat skaars is en ons inwoners het baie liefde, lewenswysheid en aandag om te gee. Kontak ons gerus om uit te vind hoe jy by die ONS TUIS-familie kan inskakel!

Borge

Ons ondervind dat almal se voorsiening vir aftrede nie noodwendig uitwerk soos beplan nie. Daarom is ONS TUIS toenemend afhanklik van donasies, borge, skenkings en erflatings.

Indien dit op u hart druk om ons finansiële las op ‘n manier te verlig, sal ons dit hoog op prys stel.

raak betrokke

donasies
 

Ondersteun
ons projekte

Raak betrokke
by ons veldtogte

VAN RENSBURG: TARIEWE
  • Versorging  (met ‘n inkomste van meer as R2,080.00 pm) = R10,830.00 per maand
  • Versorging (met ‘n inkomste van minder as R2,080.00 pm) = R9,250.00 per maand

Opnamefooi = R1,500.00 (eenmalig en nie terugbetaalbaar nie)

Medikasie Verpakking = R150-00 (eenmalig en nie terugbetaalbaar nie)



PIET POTGIETER: TARIEWE
  • Versorging (met ‘n inkomste van meer as R2,080.00 pm) = R11,910.00 per maand
  • Versorging (met ‘n inkomste van minder as R2,080.00 pm) = R8560.00 per maand.
  • Opnamefooi: R1500.00 per persoon (eenmalig en nie terugbetaalbaar nie)
ANDRIES MARIE OOSTHUIZEN: TARIEWE
  •  R10,730.00 plus R1,500 opnamefooi per persoon (eenmalig en nie terugbetaalbaar nie)



ANELIEZE TREURNICH

Anelieze was deur die jare werksaam as omgewingsgesondheidsbeampte by verskeie munisipaliteite.

Haar gunsteling tydverdryf is naaldwerk, kreatiewe handewerk en die versorging van haar baie groot roostuin.

Lewe elke dag met ʼn lied in jou hart.

ILANIE VAN STADEN

Ilanie is ouer as wat sy lyk.

Sy het ʼn graad in film en televisieproduksie, maar het reeds in haar studentejare al begin werk as administratiewe beampte by haar oom se maatskappy. As gevolg van die ondervinding wat sy daar opgedoen het, het sy besluit om in die administratiewe rigting te bly en dit is hoe sy by Machteld Postmus begin het.

Ilanie het film gaan studeer weens haar liefde vir stories en sy sê dit is een van die gunsteling aspekte van haar werk – om al die inwoners se interessante verhale, ervarings en staaltjies te hoor. Sy word daagliks inspireer deur die inwoners wat voluit leef met ʼn positiewe gesindheid, liefdevolle persoonlikhede en barmhartige harte.

In haar vrye tyd spandeer Ilanie graag tyd saam met haar twee hondekinders, haar Skotse Terriërs. Sy hou ook van lees, saam met haar ma of vriendinne in koffiewinkels kuier en is baie lief vir die see.

It’s not happiness that makes us grateful but GRATEFULNESS that makes us HAPPY!

PIET POTGIETER:
TARIEWE
Tariewe word op ‘n glyskaal bereken:
 
Vanaf R8 180 tot R11 780 vir 24-uur versorging.
RIVIERA: TARIEWE
Eenmalige en nie-terugbetaalbare administrasiefooi:R1 500
Eenmalige en nie-terugbetaalbare administrasiefooi per egpaar:R2 000
  
Maandelikse losies per persoon: 
Inkomste minder as R2 000 p.m.R9 340 (dubbelkamer)
 R9 450 (enkelkamer)
  
Inkomste meer as R2001 p.m.R11 280 (dubbelkamer)
 R11 400 (enkelkamer)
  
Enkelbesetting van dubbelkamer (ongeag inkomste)R14 220
  
LET WEL: JAARLIKSE LOSIESVERHOGING IN JULIE 
  
Maandelikse losies sluit die volgende in: 
–        24 uur mediese versorging 
–        Medikasiekontrole 
–        3 Maaltye met teetye tussenin 
–        Wasgoed word weekliks gewas 
–        Kamers word weekliks skoongemaak 
–        Beddens word opgemaak 
–        Arbeidsterapie 
–        Dienste rakende maatskaplike werk 
LET WEL: GEEN DOEKE EN MEDIKASIE WORD INGESLUIT NIE 
  
Daar is ʼn haarsalon op die perseel wat privaat bedryf word. 
ANDRIES MARIE
OOSTHUIZEN (PARYS):
TARIEWE

R10 250 plus R1 500 opnamefooi per persoon (eenmalig en nie terugbetaalbaar nie)

EMILY HOBHOUSE: TARIEWE
Verblyfkostes per maand  
Kamer – Klein (Emily)  R 4 190,00
(2 etes per dag, 1 x weekliks skoonmaak, 1 x weekliks wasgoed)  
Kamer – Klein met toilet (Emily)  R 4 340,00
(2 etes per dag, 1 x weekliks skoonmaak, 1 x weekliks wasgoed)   
Kamer – Groot (Emily)  R 4 790,00
(2 etes per dag, 1 x weekliks skoonmaak, 1 x weekliks wasgoed)   
Egpaar – Groot kamer (Emily)Man R 4 790,00
 Vrou R 2 610,00
 Totaal R 7 400,00
(2 etes per dag, 1 x weekliks skoonmaak, 1 x weekliks wasgoed)   
   
Kamer – Klein (Groot Emily)  R 4 190,00
Kamer – Groot (Groot Emily)  R 5 010,00
Egpaar – Groot (Groot Emily – sonder badkamer)  
(Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)Man R 5 010,00
 Vrou R 2 610,00
 Totaal R 7 620,00
   
Kamer – Groot (Groot Emily – met badkamer)  R 5 530,00
Egpaar – Groot (Groot Emily – met badkamer)  
(Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)Man R 5 530,00
 Vrou R 2 610,00
 Totaal R 8 140,00
   
Groot Emily (Luukse Kamers – met badkamer)  R 5 550,00
(Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)  
Groot Emily (Luukse Kamers – Egpaar met badkamer)  
(Ingesluit 2 etes per dag, 1 kamer skoonmaak, wasgoed 1 X per week)Man R 5 550,00
 Vrou R 2 610,00
 Totaal R 8 160,00
   
   
Enkel woonstel (Bo)  R 3 730,00
(Etes uitgesluit, krag ingesluit, moet self voorsiening maak vir skoonmaak en wasgoed)  
Woonstel – Egpaar (Bo)  R 4 280,00
(Etes uitgesluit, krag ingesluit, moet self voorsiening maak vir skoonmaak en wasgoed)  
Enkel woonstel (Onder)  R 3 590,00
(Etes uitgesluit, krag ingesluit, moet self voorsiening maak vir skoonmaak en wasgoed)  
   
Opnamefooi (nie terugbetaalbaar)  R 1 500,00
Opnamefooi Egpaar (nie terugbetaalbaar) (R1000 per persoon)  R 2 000,00
Kamer paniekknoppie (terugbetaalbaar)  R    200,00
Houtsleutelhouertjie met inligting  R         5,00
Kosbakkies (2 x Stelle)  R      60,00
Sleutels  R    100,00
Afdak  R    100,00
   
PRYSE GELDIG TOT 30 Junie 2023
SENIORSTUIS DIENSSENTRUM:
TARIEWE

(Annie Schilz/Uit en Tuis / Evelyn Vermooten)

EVELY VERMOOTEN

W/s nommer Buitestoep area Huur  
Y1 – huur w/s 36 R5 170 Sluit krag in
Y2 – huur w/s 38 Klein stoepie R5 450 Sluit krag in
Y3 – huur w/s 45 R6 400 Sluit krag in
Y4 – huur w/s 21 Deel stoepie met Y3 R3 160 Sluit krag in
Y5 – huur w/s 25 R3 700 Sluit krag in
Y6 – huur w/s 25 R3 700 Sluit krag in
Y7 – koop w/s 41 Oop stoep sonder dak R2 200 Betaal heffing
Y8 – koop w/s 38 Oop stoep sonder dak R2 350 Betaal heffing

 

UIT EN TUIS

W/s nommer Buitestoep area

Huur

 

Z1 – huur w/s 35 Stoep met dak R5 050 Sluit krag in
Z2 – huur kamer 22 Klein deel stoepie R3 400 Sluit krag in
Z3 – huur kamer 22 Klein deel stoepie R3 400 Sluit krag in
Z4 – huur kamer 22 Klein deel stoepie R3 400 Sluit krag in
Z5 – huur kamer 22 Klein deel stoepie R3 400 Sluit krag in
Z6 – huur w/s 40 R6 100 Sluit krag in
Z7 – huur w/s 45 Oop stoep sonder dak R6 500 Sluit krag in
Z10 – huur w/s 49 Oop stoep sonder dak R6 700 Sluit krag in
Z11 – koop w/s 69 Voor en agter stoep onder dak R2 400 Betaal heffing
Z12 – koop w/s 61 Agter stoep onder dak R2 400 Betaal heffing
Z13 – koop w/s 49 Agter stoep onder dak R2 400 Betaal heffing

 

ANNIE SCHILZ

Woonstel tipe

Krag

Huur/heffing

Enkel woonstel 27 Kragmeting R1,53/eenheid R3 840 (36 eenhede)
Eenslaapkamer 41 Kragmeting R1,53/eenheid R1 920 (heffing)
(18 oopeenhede)
  • Huurwoonstelle betaal R100 sleuteldeposito (nie terugbetaalbaar)
  • Koopwoonstelle betaal R10 000 deposito (nie terugbetaalbaar)
MACHTELD POSTMUS-
KOMPLEKS: TARIEWE

(Huis MacIntosh/Frans Boshoff/Johannes Postmus/Machteld Postmus)

Huurwoonstelle

  • Eenmanwoonstel:  vanaf R4 050 – elektrisiteit +/- R400
  • Een slaapkamer: vanaf R5 800 – elektrisiteit +/- R400

Woonregwoonstelle

  • Maandelikse heffing volgens woonstel se grootte plus elektrisiteit
    • Machteld Postmus woonreg – 3 slaapkamer: R4 220 (heffing). Elektrisiteit +/- R600
    • Machteld Postmus woonreg – 2 slaapkamer: R3 420 (heffing). Elektrisiteit +/- R600
  • Frans Boshoff woonstelblok (1 slk): +/- R3 110 per maand (elektrisiteit uitgesluit)
  • Frans Boshoff woonstelblok (2 slk): +/- R3 650 per maand (elektrisiteit uitgesluit)

Behuising

  • Een slaapkamer – Riekie Boshoff: R3 260 tot R3 300 (elektrisiteit ingesluit)
  • Een slaapkamer – Huis McIntosh: R4 930 tot R6 780 (elektrisiteit ingesluit)
LOUIS TRICHARDT: TARIEWE

Louis Trichardt bied bekostigbare behuising met twee etes aan:

Behuising 
Enkel persoon per maandR4 660
Opnamefooi – eenmalig, nie terugbetaalbaarR1 500
  
Egpaar per maandR6 990
Opnamefooi (eenmalig, nie terugbetaalbaar)R2 000
TARIEWE

Kontak asb. mev. Natasha van Tonder kontak by (012) 3293623 vir meer inligting

MARIANA VAN TONDER

Mariana se opleiding as maatskaplike werker geskied aan die Universiteit van Pretoria (Tuks). Sy voltooi ook later haar haar meestersgraad in bestuur en bemarking van welsynsorganisasies hier.

Sy vertel dat daar destyds ‘n groot behoefte in Mokopane vir die versorging van bejaardes wat in die gemeenskap woon was. As maatskaplike werkerster van die plaaslike ouetehuis was sy dus deel van die span wat navorsing hieroor gedoen het. In 1986 word ‘n dienssentrum om die behoefte aan te spreek opgerig. Mariana bestuur dit vir 26 jaar. Dit is ook onder haar vaandel waartydens die Kierieklapper Kunstefees as fondsinsamelingsprojek tot stand kom.

Gedurende hierdie tyd tree sy ook op as dosent vir maatskaplike werk honneursstudente by Unisa se satelliet-kampus in Polokwane. Sy fasiliteer, assesseer en modereer vir verskeie kolleges. In 2004 word sy deur Ons Tuis: Piet Potgieter genader en sy aanvaar die bestuurderspos.

Mariana is ‘n weduwee, maar geseënd met drie kinders en vier kleinkinders. Staptogte, lees en borduurwerk is haar stokperdjies. Sy is ook veral lief vir reis en verken graag Suid-Afrika en ander lande.

Wees stil en weet ek is God!

ILSE MALAN

Ilse matrikuleer in 1989 as die oudste van sewe kinders onder uiterse moeilike omstandighede. Sy begin dadelik werk om haar ouers finansieël te help. In 1993 trou sy met ‘n wonderlike man en hul word geseën met twee kinders. Ilse is opgewonde om in 2021 ouma te word!

Haar liefdestaal is om te gee en te help waar sy kan. Ilse het van altyd af ‘n sagte plek vir bejaardes gehad en is dankbaar dat die Here bejaardesorg in 2015 oor haar pad gestuur het.

In haar aftyd spandeer sy graag tyd aan haar familie, netbal en verf. Sy is ook mal oor die buitelewe!

 

En God het mag om ALLE genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle ALTYD in ALLE opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

HENNIE VAN DER WALT

Hennie begin sy verpleegopleiding in 1986  by korrektiewe dienste en kwalifiseer as verpleegkundige deur SG Lourens Kollege in 1995. Hy voltooi verder ‘n diploma in kritieke sorg en werk daarna as eenheidsbestuurder by verskeie kritieke sorgeenhede in die Wes-Kaap en Gauteng.

In 2017 moes hy homself weens ‘n ligte beroerte uit kritieke sorg onttrek. Dit neem hom drie jaar om homself te rehabiliteer en sonder ‘n loopraam of kierie te loop. In 2020 doen die geleentheid hom op om sy tweede passie te volg: bejaardesorg. Hy is sedert Oktober 2020 ‘n permanente werknemer van Ons Tuis.

In sy spaartyd hengel Hennie graag en hy is baie lief vir diere — sy honde is sy alles. Hennie is getroud, maar het nie kinders nie.

As jy na die reënboog soek moet jy bereid wees om met die reën saam te leef.

SONJA STANDER

Sonja doen haar opleiding by die JG Strijdom Hospitaal vanaf 1983 tot 1986. Sy voltooi ook ‘n risikobestuursdiploma in 2002.

Haar passie is om diensbaar te wees en uiteraard bejaardesorg. Deur ‘n verskil in ‘n ander persoon se lewe te kan maak en vir hul liefde te gee is volgens haar ‘n voorsmakie van die hemel. Bejaardes het soveel kosbare lewenslesse waaruit ‘n mens daagliks kan leer. Hul laat jou besef dat oudword ‘n seën is, hou jou nedering en in voeling met die lewe.

Sonja se stokperdjies is lees, borduur en binneshuise versiering. Sy het twee dogters en al ‘n ouma!

When you love what you have, you have everything you want. Too blessed to be stressed.

SR JENNY WESSON

Sr. Jenny voltooi haar verpleegkunde graad aan die Universiteit van Kwazulu-Natal, asook ‘n meestersgraad in besigheid deur Wits Besigheidskool.

Haar verpleegkunde loopbaan skop op ‘n diamantmyn aan die Weskus af, maar kry gou momentum toe sy na Johannesburg verhuis. Haar indrukwekkende CV spog met jare se ondervinding in chroniese siektes, insluitende demensie.

Jenny se passie is om met demensie en Alzheimer se siekte pasiënte te werk. Sy verstaan die impak en omvang wat hierdie siektes op ‘n persoon, ‘n gesin en gemeenskap het en is daarom geroep vir die werk. Dit is haar gawe om hierdie persone met deernis en waardigheid te versorg en te verseker dat hul die lewe nog soveel as moontlik kan geniet.

Haar gunsteling tydsverdryf is om saam met haar man, John, te gaan voëlskyk, en om saam met haar gesin te wees. Sy het twee stiefdogters en twee wonderlike kleinkinders.


Mag God u altyd bewaar en lei!