Print Friendly, PDF & Email
ONS TUIS
LOUIS TRICHARDT

Met die oog daarop om twee ouetehuise te bou, het die stadsraad van Pretoria in die vyftiger jare 16 erwe aan die NHSV (Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging) geskenk. Só het ONS TUIS Louis Trichardt en ONS TUIS Van Rensburg in Danville tot stand gekom.

ONS TUIS Louis Trichardt met sy 71 kamers met gedeelde geriewe bied behuising vir 75 gesonde, selfversorgende bejaardes. Omrede Louis Trichardt-tehuis ʼn selfsorg fasiliteit is en nie mediese personeel het nie, mag daar geen persoon opgeneem word in die tehuis wat nie selfversorgend is nie. Verblyf sluit egter drie gebalanseerde etes per dag plus toegang tot ondersteuningsdienste in.

ONTMOET ONS TUIS

Louis Trichardt SE BEKWAME BESTUURDER

Sr Jenny Wesson

Suster en Bestuurder
Klik hier om meer te lees oor Jenny.

Kontakbesonderhede:
Tel: (012) 386 5310
E-pos: ltbestuur@otmt.org
Danweg 127, Danville, Pretoria
NPO 011-934

Basiese behoeftes

  • Drie gesonde maaltye per dag;
  • Gratis wasgoeddiens;
  • Skoonmaakdienste;
  • Emosionele ondersteuning;
  • Ontspanningsarea;
  • Aangewysde parkeerplek (R100.00 per maand); en
  • Die fasiliteit word 24-uur per dag beman om die veiligheid van u geliefdes te verseker.

Gesondheid

  • Indien u geliefde so verswak dat hul nie meer na hulself kan omsien nie, kan hul na ONS TUIS Van Rensburg (op dieselfe perseel) oorgeplaas word.

Ontspanning:

Weeklikse aktiwiteite soos hier gelys word aangebied en inwoners word aangemoedig om vrywillig daaraan deel te neem:

  • Sosiale program en uitstappies.
  • Aktiwiteitsprogramme.
  • Ontspanningslokaal met bordspeletjies, legkaarte en dies meer.
  • Nael -en voetversorging.
  • Vervoerdienste.
  • Biblioteekdienste.
GALLERY

Kom loer virtueel in by enige van ONS TUIS se spog tehuise!

Laai gerus ONS TUIS Louis Trichardt se inligtingsblad met tariewe hier af.

U kan ook onmiddellik aanlyn aansoek doen indien u belangstel.