Print Friendly, PDF & Email
ONS TUIS
ANDRIES MARIE OOSTHUIZEN

Die behoefte aan ‘n ouetehuis op die Vrystaatse platteland is deur ds. Andries Oosthuizen en sy vrou Marie na hul aftrede op Parys geïdentifiseer.

Die tehuis, onder beskerming en bestuur van die Monument te huise van die Nederduits Hervormde Sustersvereniging, is in 1985 met 45 bejaardes in gebruik geneem.

ONS TUIS Andries Marie Oosthuizen het later uitbrei en beskik tans oor:

  • ‘n Versorgingsafdeling met 18 kamers vir 25 verswakte bejaardes;
  • 27 Kamers vir bejaardes wat nog selfstandig funksioneer met gedeelde geriewe;
  • Tuinwoonstelle vir bejaardes wat nog selfversorgend is.
ONTMOET ONS TUIS

ANDRIES MARIE OOSTHUIZEN SE BEKWAME BESTUURDER

Matrone Teresa Broodryk

Bestuurder
Kort CV: Opleiding, gesinslewe, passie quote.

Kontakbesonderhede:
Tel: (056) 811 2185
E-pos: amotbestuur@otmt.org
h/v Grensstraat en 2de Laan, Parys 9586
NPO 011-914

Basiese behoeftes

  • Ondersteuningsdienste aan alle inwoners.
  • Een tot drie gebalanseerde maaltye per dag.
  • Wasserydienste een keer per week.
  • Skoonmaakdienste een keer per week.
  • Bekendstellingsprogram aan nuwe inwoners.
  • Aankoop van inkontinensieware.
  • Vervoer na en vanaf die dorp.
  • Bedwasse indien nodig.
  • Die fasiliteit word 24-uur per dag beman om die veiligheid van u geliefdes te verseker.

Gesondheid

  • Die tehuis bied 24-uur versorging.
  • Besoeke deur privaat geneesheer.
  • Besoeke deur die fisioterapeut en biokinetikus.
  • Kliniekdienste vir die neem van bloeddruk en voetversorging.
  • Dienste van ‘n maatskaplike werker en arbeidsterapeut.
  • Hantering van medikasie.

Ontspanning:

Weeklikse aktiwiteite word aangebied en inwoners word aangemoedig om vrywillig daaraan deel te neem:

  • Biblioteekdienste;
  • Snoepwinkel;
  • Haarsalon;
  • Jukskei;
  • Inkleurgroep;
  • Oefengroep;
  • Speletjies tafel; en
  • Snoeker tafel.
GALLERY

Kom loer virtueel in by enige van ONS TUIS se spog tehuise!

Laai gerus ONS TUIS Andries Marie Oosthuizen se inligtingsblad met tariewe hier af.

U kan ook onmiddellik aanlyn aansoek doen indien u belangstel.