Riglyne vir voltooiing van aansoekvorm
- Voltooi elke vraag so volledig moontlik.
- Heg ‘n afskrif van die aansoeker se ID-dokument aan, asook voor en agterkant van mediesefondskaart.
- Die aansoek moet verkieslik vergesel word van ‘n predikant se getuigskrif.
- Voltooi Bylaag A (verklaring van inkomste, bates en laste) en Bylaag A1. Dokumente moet beëdig word deur ‘n Kommissaris van Ede.
- Heg drie maande se bankstate van aansoeker aan.
- Die geneeskundige verslag (Bylaag B) moet deur ‘n geneesheer voltooi word in Afrikaans of Engels.
- Inligting van kinders/naasbestaandes moet hul posadres, fisiese adres, e-posadres, selfoonnommer sowel as ‘n alternatiewe kontaknommer asseblief insluit.
- Voltooi en onderteken Bylaag C.
- Nadat aansoek volledig voltooi is, skakel en reël ‘n onderhoud met betrokke bestuurder.
- Met opname moet die opskortende voorwaarde van die Ooreenkoms en Borgakte voltooi wees.