Kom geniet die
sorgelose dae
waarvoor u so lank
gewag het by
ons tuis !
ons tuis
ONS TUIS bied bekostigbare, gehalte verblyf en vir persone bo die ouderdom van 55 aan. Ons besef dié skuif is vir geen party maklik nie, daarom wil ons u hand vat om te verseker u goue jare lewer pragtige herinneringe en stories om oor te vertel op.
Ons erken die behoefte aan veilige, geborge akkommodasie vir ouer persone en daarom bied ons ‘n verskeidenheid verblyfopsies: van selfsorgeenhede tot tehuise met gespesialiseerde sorg en dienste vir onder andere Alzheimers en demensie-pasiënte. Elk van ons agt tehuise, in drie van SA se provinsies, spog met uitnemende residensiële fasiliteite.
ONS TUIS se meelewende kultuur heet graag almal welkom. Vrywillige programme en aktiwiteite om aktiewe veroudering te bevorder, bind ons as ‘n familie saam en maak dit verseker maklik om vinnig in te skakel en aan te pas.
Kom geniet die sorgelose dae waarvoor u so lank gewag het by ONS TUIS!
WAARDES:
ONS TUIS waarborg top gehalte bejaardesorg wat in u unieke behoeftes sal voorsien. Ons onderskryf die waardes van gelykheid, integriteit, menswaardigheid, verdraagsaamheid, respek, toewyding, en deursigtigheid.
VISIE:
Ons visie is om hierdie waardes uit te leef, terwyl ons bekostigbare behuising met gespesialiseerde dienste vir bejaardes bied. Ons streef om plaaslik en nasionaal vir die welsyn van bejaardes erken te word.
ONS TUIS bied ‘n verskeidenheid dienste en verblyfopsies
vir persone bo 55-jaar aan:
Dienssentrum
Gespesialiseerde sorg



Familie Betrokkenheid om kinders en familielede van inwoners by hul versorging te betrek. Ons fokus is om die brug tussen ONS TUIS en u familie te bou en te onderhou.
Hulp Vir Die Verswaktes om ouer persone wat fisies of psigies verswak het met deernis te versorg.


Bystand En Sorg om bystand en sorg te bied aan ouer persone met gestremdhede en spesiale behoeftes.
Meelewende kultuur ons het vrywillige programme en aktiwiteite in plek om aktiewe veroudering te bevorder en te verseker dat u vinnig en maklik by die ONS TUIS-familie sal inskakel.


Warm Tuistes om koue fasiliteite te omskep in warm tuiste vir ouer persone waar hulle kan sê “ONS is TUIS”!
tariewe en uitnemende, gespesialiseerde dienste en versorging wat ons bied.
Of deel u besonderhede sodat ons vriendelike personeel u kan skakel