Die Ons Tuis groep ondersteun graag jaarliks die Tooi Turkoois vir Bejaardes projek. Suid-Afrikaners word aangemoedig om turkoois te dra en hulle strate en dorpe in turkoois te tooi ter ondersteuning van die projek.
Met die projek word fondse ingesamel wat vir bejaardes in Suid-Afrika aangewend word. Tooi Turkoois word tussen 15 Mei en 15 Junie aangebied.
Ondersteuners kan ‘n tehuis, dienssentrum vir bejaardes, die bejaardes van ‘n spesifieke omgewing of groep – soos ‘n kerkgemeente – identifiseer vir wie hulle fondse insamel.