Met die oog daarop om twee ouetehuise te bou het die stadsraad van Pretoria in die vyftigerjare 16 erwe aan die NHSV (Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging) geskenk. Só het ONS TUIS Louis Trichardt en ONS TUIS Van Rensburg in Danville tot stand gekom.
ONS TUIS Louis Trichardt met sy 71 kamers met gedeelde geriewe bied behuising aan 75 gesonde, selfversorgende bejaardes. Omdat Louis Trichardt-tehuis ʼn selfsorgfasiliteit is en nie mediese personeel het nie, mag daar geen persoon opgeneem word in die tehuis wat nie selfversorgend is nie. Verblyf sluit egter twee gebalanseerde etes per dag plus toegang tot ondersteuningsdienste in.
Louis Trichardt SE BEKWAME BESTUURDER
Sr Jenny Wesson
Suster en bestuurder
Klik hier om meer oor Jenny uit te vind.
Kontakbesonderhede:
Tel: (012) 386 5310
E-pos: ltbestuur@otmt.org
Danweg 127, Danville, Pretoria
NPO 011-934
Basiese behoeftes
- Twee gesonde maaltye per dag;
- Gratis wasgoeddiens;
- Skoonmaakdienste;
- Emosionele ondersteuning;
- Ontspanningsarea;
- Aangewysde parkeerplek (R100 per maand); en
- Die fasiliteit word 24 uur per dag beman om die veiligheid van u geliefdes te verseker.
Gesondheid
- Indien u geliefde so verswak dat hul nie meer na hulself kan omsien nie, kan hul na ONS TUIS Van Rensburg (op dieselfde perseel) oorgeplaas word.
Ontspanning:
Weeklikse aktiwiteite soos hier gelys word aangebied en inwoners word aangemoedig om vrywillig daaraan deel te neem:
- Sosiale program en uitstappies
- Aktiwiteitsprogramme
- Ontspanningslokaal met bordspeletjies, legkaarte en dies meer
- Nael -en voetversorging
- Vervoerdienste
- Biblioteekdienste
Kom loer virtueel in by enige van ONS TUIS se spogtehuise!
Laai gerus ONS TUIS Louis Trichardt se inligtingsblad met tariewe hier af.
U kan ook onmiddellik aanlyn aansoek doen indien u belangstel.