Die bekwame personeel van ONS TUIS Machteld Postmus streef daarna om na die fisiese en emosionele behoeftes van hul inwoners om te sien.
Die rustige atmosfeer skep gewis ‘n omgewing waar ouer persone in harmonie kan ontspan en hul aftrede geniet. Die tehuis bied slegs verblyfopsies aan ouer persone wat selfversorgend is met die volgende residensiële fasiliteite:
- Tien luukse twee- en drieslaapkamer- woonregeenhede
- Drie woonstelle by Huis McIntosh
- Frans Boshoff-woonstelblok
- Johannes Postmus-woonstelblok
MACHTELD POSTMUS SE BEKWAME BESTUURDER
Sr Sonja Stander
Bestuurder
Klik hier om meer oor Sonja uit te vind.
Kontakbesonderhede:
Tel: (012) 346 2418
E-pos: mpbestuur@otmt.org
Mackenziestraat 225, Brooklyn, Pretoria
NPO 005-093
Basiese behoeftes
- Middagetes kan vanaf ‘n privaat maatskappy vanaf Maandae tot Vrydae op eie onkostes bestel word;
- Gratis vervoer word twee keer per week na winkelsentrums aangebied.
- Die fasiliteit word 24 uur per dag beman om die veiligheid van u geliefdes te verseker.
Gesondheid
- Basiese verpleegsorg in die geval van nood of siekte.
- Neem van bloeddruk, naelversorging en basiese hulp met wondversorging.
- Trimgim-oefeninge word een keer per week aangebied.
Ontspanning:
Weeklikse aktiwiteite soos hier gelys word aangebied en inwoners word aangemoedig om vrywillig daaraan deel te neem:
- Kreatiwiteitsoggend een keer per maand.
- Aanlyn eredienste word Sondae in die biblioteek uitgesaai.
- Weeklikse biblioteekdiens.
- Maandelikse verjaardagtees en kuiergeleenthede.
- Gereelde uitstappies na die Botaniese Tuine en teaters in die area.
- Funksies en opvoerings met spesiale geleenthede.
Kom loer virtueel in by enige van ONS TUIS se spog tehuise!
Laai gerus ONS TUIS Machteld Postmus se inligtingsblad met tariewe hier af.
U kan ook onmiddellik aanlyn aansoek doen indien u belangstel.