Piet Potgieter met sy heerlike Bosveld-klimaat bied aan u die geleentheid om as
deel van ‘n intieme en gesellige gemeenskap (van 210 seniors) af te tree.
Die oord bied selfsorgverblyfeenhede, sowel as gespesialiseerde sorg vir ouer persone aan:
- 56 eenhede te huur;
- 51 eenhede te koop; en
- Gespesialiseerde 24-uur allesomvattende sorg vir 78 verswakte of gestremde
inwoners of persone wat aan demensie of Alzheimer se siekte ly.
Professionele personeel is 24 uur per dag vir die versorging van al bogenoemde inwoners beskikbaar. Ons beskik ook oor ʼn voltydse maatskaplike werker. Versorging om aan u unieke behoeftes te voldoen word deur gekwalifiseerde verpleegkundiges, assistentverpleegsters en opgeleide geriatriese helpers behartig.
ONS TUIS Piet Potgieter se diens fokus op lewensgehalte. Ons almal deel ʼn passie vir ouer persone en is dus meer as bereid om daardie “ekstra myl” vir elke inwoner te loop.
PIET POTGIETER SE BEKWAME BESTUURDER

Mev Mariana van Tonder
Maatskaplike werker en bestuurder.
Klik hier om meer te lees oor Mariana.
Kontakbesonderhede:
Tel: (015) 491 6314
E-pos: marianavt@otmt.org
Hoogestraat 60, Mokopane, 0600
NPO 011-952
Basiese behoeftes
- Drie gesonde maaltye per dag. Die kombuis beskik oor ʼn gekwalifiseerde sjef wat daagliks meer as 400 gebalanseerde maaltye en lekkernye voorberei;
- Gratis wasgoeddiens;
- Verswakte afdeling bied 24-uur versorging aan bejaardes en persone wat aan demensie of Alzheimer se siekte ly;
- Alle aspekte van versorging (medikasie, stort, hulp met aantrek) aan die persone wat dit benodig;
- Die fasiliteit word 24 uur per dag beman om die veiligheid van u geliefdes te verseker.


Gesondheid
- Die versorging word deur gekwalifiseerde
verpleegkundiges, assistentverpleegsters en
opgeleide geriatriese helpers behartig. - Die gratis dienste van ʼn arbeidsterapeut is ses
ure per week aan inwoners beskikbaar.
Ontspanning:
Weeklikse aktiwiteite soos hier gelys word aangebied en inwoners word aangemoedig om vrywillig daaraan deel te neem:
- Maandae : Diereterapie / Koor / Lyndans
- Dinsdae : Pilates / Volwasse inkleur
- Woensdae : Verskeie Bybelstudiegroepe / Bingo / Biblioteek / Neem van bloeddruk
- Donderdae : Erediens / Boekvoorlesing
- Vrydae : Kunsklas / Brei-en-naaldwerkgroep


Verskeie aktiwiteite vind ook op ʼn maandelikse basis plaas:
- Voetversorging;
- Fliekmiddae;
- Besoeke deur kunstenaars vir vermaak;
- Spesiale etes soos braaivleis en potjiekos.
Kom loer virtueel in by enige van ONS TUIS se spogtehuise!
Laai gerus ONS TUIS Piet Potgieter se inligtingsblad met tariewe hier af.
U kan ook onmiddellik aanlyn aansoek doen indien u belangstel.