Die inwoners van ONS TUIS RIVIERIA word deur ‘n multi-professionele span versorg.
Dit is die strewe van die bestuur en personeel van hierdie tehuis om ‘n warm tuiste te skep vir bejaardes wat selfversorgend is, sowel as dié wat gespesialiseerde sorg (soos Alzheimer- of dementia-pasiënte) benodig.
ONS TUIS Riviera met sy omvangryke geskiedenis, wat uit 1929 dateer, bied ‘n verskeidenheid verblyfopsies aan ouer persone:
‘n Versorgingsfasiliteit vir 264 verswakte ouer persone, met spesialisering in die versorging van persone met Alzheimer se siekte of dementia.
Professionele personeel is 24 uur per dag vir die versorging van al bogenoemde inwoners beskikbaar. Versorging om aan u unieke behoeftes te voldoen word deur gekwalifiseerde verpleegkundiges, assistent-verpleegsters en opgeleide geriatriese helpers behartig.
RIVIERIA SE BEKWAME BESTUURDER

Hennie van der Walt
Klik hier om meer oor Hennie uit te vind.
Kontakbesonderhede:
Tel: (012) 329 3623
E-pos: otmw@otmt.org
Soutpansbergweg 105 Parker St, Riviera, Pretoria, 0084
NPO 005-094
Basiese behoeftes
- Gratis wasgoeddiens.
- Drie gesonde maaltye per dag, ook teetye.
- Emosionele ondersteuning.
- Eredienste;
- Die fasiliteit word 24 uur per dag beman om die veiligheid van u geliefdes te verseker.
- Privaat haarsalon en naelversorgingsdienste


Gesondheid
- Kliniekdienste
- Verswakte afdeling bied 24-uur versorging aan bejaardes en persone met demensie of Alzheimer se siekte.
- Voetversorging
Ontspanning:
Weeklikse aktiwiteite word aangebied en inwoners word aangemoedig om vrywillig daaraan deel te neem:
- Aktiwiteitsprogramme;
- Kreatiewe vryetydsbesteding;
- Ingerigte lapa;
- Sosiale byeenkomste;
- Privaat haar- en naelsalon;
- Biblioteekdienste; en
- Pastorale sorg.

Kom loer virtueel in by enige van ONS TUIS se spog tehuise!
Laai gerus ONS TUIS Riviera se inligtingsblad met tariewe hier af.
U kan ook onmiddellik aanlyn aansoek doen indien u belangstel.