Die Seniorstuis Dienssentrum (STDS) is waar die selfsorg-inwoners van ONS TUIS Riviera saamkom om hul goue jare saam te geniet.
Die perseel bestaan uit wooneenhede, ‘n saal, eetkamer, goed toegeruste kombuis, kliniek, biblioteek, asook kantore vir die personeel. Daar is ook ‘n ingerigte lapa waar sosiale byeenkomste kan plaasvind.
Selfsorgverblyfopsies op woonreg- en huurbasis:
- Huis Annie Schilz (18 eenslaapkamer selfsorgeenhede en 36 enkelwoonstelle)
- Uit en Tuis; en
- Evelyn Vermooten.
SENIORSTUIS DIENSSENTRUM SE BEKWAME BESTUURDER
Annelie Nel
Klik hier om meer te lees oor Annelie.
Kontakbesonderhede:
Tel: (012) 329 3707
E-pos: stbestuur@otmt.org
Ingang Parkerstraat, Riviera, Pretoria
NPO 055-811
Basiese behoeftes
- Emosionele ondersteuning.
- Eredienste;
- Die Dienssentrum voorsien geen etes nie, maar middagetes kan daagliks vanaf Ons Tuis Riviera teen R35 per bord bestel word.
Gesondheid
- Kliniekdienste
Ontspanning:
Weeklikse aktiwiteite word aangebied en inwoners word aangemoedig om vrywillig daaraan deel te neem:
- Aktiwiteitsprogramme;
- Kreatiewe vryetydsbesteding;
- Ingerigte lapa;
- Sosiale byeenkomste;
- Privaat haarsalon;
- Biblioteekdienste; en
- Pastorale sorg.
Kom loer virtueel in by enige van ONS TUIS se spogtehuise!
Laai gerus ONS TUIS Seniorstuis Dienssentrum (STDS) se inligtingsblad met tariewe hier af.
U kan ook onmiddellik aanlyn aansoek doen indien u belangstel.