![](https://onstuis.org/wp-content/uploads/2023/09/20230812_RallyColourRun_Web.jpg)
![](https://onstuis.org/wp-content/uploads/2023/09/20230812_RallyColourRun_FBCover.jpg)
Ons Tuis Piet Potgieter se Brille & Pille Pretdag vind vanjaar op Saterdag 4 November plaas.
Die tema vir vanjaar se “mass ride” motorfietsrit deur die dorp, saam met bejaardes in rolstoele, is Kersfees in November!
Hierdie fondsinsamelingsprojek, wat vanjaar vir die 18de keer plaasvind, bestaan onder andere uit ‘n ‘color run’, die Brille & Pille Rally deur die dorp en ‘n voortreflike ontbyt.
Die inskrywingsfooi vir die rally beloop R150, wat insluit ontbyt, ‘n lapwapen en inskrywing vir 3 x prystrekkings van R1 000 elk.
Vir die Color Run
- Registrasie vir jonk en oud sal tussen 05:30 en 06:30 plaasvind.
- Tree teen 06:30 by Ons Tuis Piet Potgieter (Rabestraat 59, Mokopane) aan. Color Run skop om 07:00 af.
- Inskrywingsvorms kan by Ons Tuis Piet Potgieter verkry word.
- Laatkommers kan ook op die dag van die pretdraf vanaf 05:30 tot 06:30 registreer.
Vir die ontbyt
- Ingesluit by jou kaartjie van R150, is ontbyt vanaf 08:30 tot 10:30 beskikbaar.
- Nie motorfietsryers is baie welkom.
- Ontbytkaartjies teen R50 kan vooraf by Ons Tuis Piet Potgieter gekoop word.
- Basaar stalletjies.
Toegang is GRATIS.
Kunstenaar
Kunstenaar wat by Ons Tuis Piet Potgieter gaan optree is Eugene Cooper. Daar is geen toegangsfooi.
INSKRYWINGSFOOI 2023:
- Massarit: R150 p/p vir die massarit (sluit in ontbyt, ‘n lapwapen en inskrywing vir 3 x prystrekkings van R1 000 elk)
- Color Run: R60 per volwassene, R20 per pensionaris, R10 per voorskoolkind, R30 per laerskoolkind, R40 per hoërskoolkind.
Onthou om wit te dra!
Alle fondse wat ingesamel word is ten bate van die versorging van verswakte bejaardes.
VIR MEER INLIGTING KONTAK:
Ons Tuis: Piet Potgieter: Tel: (015) 491 6314
Of stuur ‘n e-pos aan die bestuurder, Mariana van Tonder, marianavt@otmt.org.