

Ses maande nadat President Cyril Ramaphosa grendeltyd weens die COVID-19 pandemie aangekondig het, gaan feitlik almal se lewens normaal aan. Vir die mees kwesbaarste groep mense in ons samelewing is dit egter nie só nie: ONS BEJAARDES.
As voorsorgmaatreël vir die verspreiding van die virus word besoeke aan familie en vriende in tehuise beperk of selfs glad nie toegelaat nie. Menslike interaksie is een van die belangrikste boustene vir algemene welstand en geestesgesondheid. Die emosionele impak van gebeure het tot gevolg dat talle bejaardes wat voorheen selfversorgend was, weens afsondering en alleenheid, agteruit gegaan het en versorging benodig.


Die trauma rondom vrees om Covid-19 op te doen en verlies aan persoonlike kontak plaas geweldige druk op personeel van instansies. Afgesien vir basiese dag-tot-dag, persoonlike behoeftes moet daar ook in die emosionele welstand van hul inwoners belê word.
ONS TUIS wil op u hart druk om betrokke te raak en ‘n verskil te maak aan die geestelike moraal van ons bejaardes. Voltooi een van die onderstaande opsies om ‘n grootouer aan te neem. Alle inskrywings sal eers gekeur word voordat kontak met enige inwoner toegelaat word.


Ek wil met ‘n inwoner kontak maak deur middel van geskrewe briewe, e-posse of teksboodskappe.

Ek wil ‘n finansiële bydrae maak. Jou bydrae kan help om meer mense in diens te neem en sosiale kontak vir bejaarde inwoners te bevorder. Ondersteun asseblief ons ouetehuise, dienssentrums of bejaardesorgsentrums finansieël.

Ek wil ‘n Bederfpakkie stuur.