Die Ons Tuis groep met bejaardesorgfasiliteite in Pretoria, Parys en Mokopane het reeds verskeie maatreëls in plek gestel vir die bekamping van die koronavirus. Die groep het ook ‘n interne veldtog van stapel gestuur om enige betrokkenes by die tehuise aan die basiese prosedure rondom gesondheid en higiëne, soos ‘n skoon omgewing, gereelde handewas – veral tydens etes en toiletroetines – en gesonde kos te herinner.
Ons Tuis is egter bekommerd oor die impak van COVID-19 op die onderskeie tehuise se voorrade en finansies. Verskeie van die tehuise het voor die uitbreking ook ander behoeftes soos byvoorbeeld rekenaars gehad. Tot dusver is gereelde fondsinsamelingsaktiwiteite gehou om hierdie behoeftes te befonds, maar met die huidige tydperk van afsondering kan die tehuise se fondsinsamelingsaksies nie meer voortgaan nie.
Ons Tuis tehuise het ‘n lys met behoeftes saamgestel wat dringend benodig word. Die organisasie is verder bekommerd dat indien daar ‘n geval van COVID-19 by enige van die tehuise sou gebeur, hulle die items gaan benodig vir isolasie afdelings. Goedere vir aflewering aan enige van Ons Tuis se tehuise kan vervoer word met die nodige toestemming van u plaaslike SAPD-tak kan die nodige vorm vir sodanige toestemming hier aflaai.” Persone wat skenkings wil maak kan ook van supermarkte en apteke se afleweringsdienste gebruik te maak om kos en medikasie aan te koop en te laat aflewer by enige van Ons Tuis se tehuise.
Enige organisasie, besigheid of individu wat hul weg oopsien om enige skenkings aan ons tehuise te maak, kan Ons Tuis kontak.
- E-pos: info@otmt.org
- Stuur ‘n boodskap op ons Facebookblad by @ONSTUISotmt
MAAK ‘N SKENKING AAN ‘N SPESIFIEKE TEHUIS:
Parys – Ons Tuis Andries Marie Oosthuizen:
056 811 2185 of e-pos: amotbest@otmt.org.
Mokopane (Potgietersrus) – Ons Tuis Piet Potgieter:
015 491 6314 of e-pos: marianavt@otmt.org.
Pretoria – Ons Tuis Riviera:
012 329 3623/4/5 of e-pos: otbestuur@otmt.org.
Pretoria – Ons Tuis Van Rensburg:
012 386 5730/1201 of e-pos: jennywesson428@gmail.com.
Pretoria – Ons Tuis Louis Trichardt:
012 386 5310 of e-pos: info@otmt.org.
Pretoria – Ons Tuis Emily Hobhouse:
012 323 4891 of e-pos: info@otmt.org.
Pretoria – Ons Tuis Seniorstuis:
012 3293707 of e-pos: stuisbestuur@otmt.org.
Pretoria – Ons Tuis Machteld Postmus:
012 346 2418 of e-pos: mpbestuur@otmt.org.
VOLTOOI DIE VORM OM ‘N SKENKING TE MAAK
ITEMS WAT DRINGEND BY ONS TUIS BENODIG WORD:
- Fotostaatpapier
- Ink vir drukkers
- Nie-bederfbare voedsel
- Enkelbed linne
- Beskermpakke vir verpleegkundiges
- Maskers
- Handskoene
- Infrarooi termometers
- Termometers
- Handontsmetmiddel
- Suurtofbottels, suurstofmasjiene
- Reguleerders
- Nebuliseermasjiene
- Toiletbenodighede bv. seep, tandepaste
- Papierhanddoeke
- 2 x 5L kastrolle
- Koffiebekers
- Vitamiene C
- Griep medikasie
BANKBESONDERHEDE:
ONS TUIS
FNB Pretoria
Takkode: 251-445
Rekeningnommer: 51420057501
Verwysing: Voorletters en van; Covid19 skenking.