Om die fokus op die erns van bejaardesorg te plaas en Wêreld Kinderdag (20 November) te vier, het Ons Tuis, in samewerking met Lig in Duisternis Uitgewers  hierdie interaktiewe luisterstorie boekrak geloods.

Ons Lig Luisterstories is ons geskenk aan die Afrikaanssprekende jeug hierdie feesseisoen! Vier stories word deur Ons Tuis-inwoners voorgelees en op ‘n kreatiewe manier aangebied.

HOE LAAI EK MY GRATIS LUISTERSTORIES AF?

  1. Laai die boekrak hier of op Lig in Duisternis Uitgewers se webwerf af op u slimfoon of rekenaar.
  2. Kliek op enige van die vier stories wat aangebied word en luister saam:
    • Die Wit Rokkie;
    • Bekkie begeer alweer;
    • Millie se ontdekking; en
    • Skedonkie en die Honkiedôrie Hus gelees uit Honkiedôrie Hus en ander lekkerlees stories.
  3. Bestel vir jou kinders of kleinkinders hierdie boekie in harde kopie — sodat hul lekker kan saam blaai of lees — deur Lig in Duisternis Uitgewers se webwerf te besoek.

Ons Tuis het ‘n behoefte aan goeie gehalte luisterstories in Afrikaans geidentifiseer. Ons betuig graag ons dank aan Lig in Duisternis Uitgewers wat ons hand in hierdie meelewende projek gevat het deur hierdie boeke aan ons beskikbaar te stel.

HOEKOM SKOP DIE PROJEK NOU AF?

  • November is bewusmakingsmaand vir ouer persone se behoeftes. By Ons Tuis glo en belê ons in aktiewe veroudering om te verseker dat u ouer jare u goue jare is!
    Hierdie versameling boeke is ‘n wonderlike geskenkidee vir Kersfees wat om die draai is!
  • 21 November was Wêreld Kinderdag: Tientalle kinders is nie meer geseënd om ‘n ouma of ‘n oupa te hê nie. Hierdie is ‘n manier om weer die belangrikheid van ouer persone in ‘n kind se lewe aan te wakker en ‘n potensiële liefde vir bejaardesorg te kweek.
  • Hierdie projek bied Afrikaanse stories aan Afrikaanse kinders wat in ver lande woon.

Sit terug en luister lekker saam!