Die winter van 2020 was besonder erg vir bejaardes, wat ook nog onder streng inperkingsmaatreëls ingehok was.

Met die eerste sonstrale van lente het die inwoners van Ons Tuis spontaan die deure oopgegooi, handskoene aangetrek en in die grond begin rondvroetel.

Ons wil hulle graag aanmoedig om die energie van die son en konstruktiewe besig bly, te omhels.

Aangesien ons fondse na die inperking baie beperk is, wil ons graag ‘n beroep doen op enige individue, kwekerye en verskaffers van plantprodukte om ‘n skenking aan ons tehuise te oorweeg en die lente na hulle toe te bring.

Ons sal erkenning gee aan enige bydrae deur ons kommunikasie platforms soos Facebook en die nuusbrief.

MAAK N SKENKING